Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/06 bl. 4
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 5/06 bl. 4

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Wagtoring 15 Mei

“Sal jy dit geniet om onder die toestande te lewe wat in hierdie geïnspireerde vers beskryf word? [Lees 2 Petrus 3:13. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif verduidelik wat die nuwe hemele en die nuwe aarde is. Dit beskryf ook hoe die lewe sal wees wanneer God sy voorneme met die aarde vervul.”

Ontwaak! Mei

“Party mense glo dat jy aggressief moet wees as jy in vandag se wêreld sukses wil behaal. Maar let op wat Jesus gesê het. [Lees Matteus 5:5, 9.] Stem jy hiermee saam? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif beklemtoon drie voordele van vredeliewendheid.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 28 begin.

Wagtoring 1 Junie

“In die meeste kulture was daar ’n tyd toe bejaardes met respek behandel is, soos hierdie wet uit die ou tyd toon. [Lees Levitikus 19:32.] Dink jy dat sulke respek vandag nog algemeen is? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif toon hoeveel God vir bejaardes omgee en hoe ons dit ook kan doen.”

Ontwaak! Junie

“Terrorisme is niks nuuts nie, maar vandag het dit ’n wêreldwye verskynsel geword wat byna elkeen se lewe raak. Waarom dink jy is dit die geval? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie nommer van die Ontwaak! wys wat die Bybel sê oor die einde van terrorisme en hoe God ware vrede op aarde tot stand sal bring.” Lees Miga 4:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel