Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/06 bl. 7
  • Teokratiese nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese nuus
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 4/06 bl. 7

Teokratiese nuus

◼ Namibië: Die gemeentes in Gobabis en Narraville (Walvisbaai) was verheug toe David Splane, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, hulle Koninkryksale gedurende die laaste naweek in Januarie toegewy het. Broer Splane het ook ’n groot gehoor in Windhoek toegespreek.

◼ Suid-Afrika: Die Thaba Nchu-Noord-gemeente het die toewyding van hulle Koninkryksaal geniet.

◼ Ons is bly om julle mee te deel dat die ontoegekendegebied-kampanje vir 2005 die beste nog vir ons veld was. Jehovah het die pogings geseën van die 15 810 verkondigers in 639 gemeentes in Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland wat aan die kampanje deelgeneem het. Hulle het 7 383 boeke, 81 671 brosjures en 104 239 tydskrifte by belangstellendes gelaat. Hulle het 19 093 herbesoeke gedoen en 1 897 Bybelstudies gehou. Dit was veral aanmoedigend om te sien dat altesaam 147 054 uur gerapporteer is, ’n toename van 36% in vergelyking met die vorige hoogtepunt in 2004. Mag Jehovah aanhou om ons pogings te seën om gehoor te gee aan die oproep om gedurende die ontoegekendegebied-kampanje vir 2006 sy Koninkryk met groter ywer te verkondig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel