Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/06 bl. 7
  • Vra jy verwysings?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vra jy verwysings?
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening — Help diegene met die “regte gesindheid” om dissipels te word
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Vyf maniere om ’n Bybelstudie te vind
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 4/06 bl. 7

Vra jy verwysings?

As jy tans ’n Bybelstudie hou, kan jy gerus vir die student vra of enige van sy vriende, familielede of kennisse dit ook sal geniet om uit te vind wat die Bybel leer. Dikwels word ’n hele paar name gegee. Indien die student instem, kan jy sy naam aan daardie persone noem wanneer jy hulle besoek om ’n Bybelstudie aan te bied. Jy kan sê: “[Naam van student] geniet dit om die Bybel te bestudeer en het gedink dat jy dalk ook by ons gratis Bybelstudieprogram sal wil baat vind.” Demonstreer dan kortliks hoe die studie met behulp van die Leer Bybel-boek gehou word.

As jy ’n student het wat goeie vordering maak, kan jy hom aanmoedig om die studiereëling aan vriende en familie wat dalk sal belangstel, te verduidelik. Hy kan hulle nooi om sy studie by te woon. Of as dit nie geleë is nie, kan hy reël dat jy hulle besoek om die studiereëling te demonstreer. Sodoende sal jy die student aanmoedig om vir ander te begin vertel wat hy uit die Bybel geleer het.

Diegene by wie jy gereeld herbesoeke doen, kan jou dalk ook van verwysings voorsien, al het hulle self nog nie ’n gereelde Bybelstudie aanvaar nie. Wanneer jy hulle ’n eksemplaar van die Leer Bybel-boek aanbied, kan jy eenvoudig vra: “Weet jy van enigiemand anders wat ook daarvan sal hou om ’n eksemplaar van hierdie boek te hê?”

Met die oog op die dringendheid van die tye, wil ons mense op elke moontlike manier help om die goeie nuus te hoor en te aanvaar. Vra jy verwysings?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel