Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik? Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Gee God werklik vir ons om?, Wanneer ’n geliefde sterf en Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?
◼ Gemeentelike sekretarisse moet sorg dat hulle genoeg van die volgende vorms het: “Aansoek om gewone pionierdiens” (S-205) en “Aansoek om hulppionierdiens” (S-205b). Dit kan op die lektuuraanvraagvorm (S-14) aangevra word. Hou ten minste ’n jaar se voorraad. Maak seker dat aansoekvorms vir gewone pionierdiens volledig ingevul is voordat julle dit na die takkantoor stuur.
◼ Die sekretaris moet sorg dat die Streekboukomitee op hoogte gehou word van die status van alle gedoopte verkondigers wat Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorms (S-82) ingestuur het. Wanneer ’n vrywillige werker se status verander, soos wanneer hy verhuis of as ’n bedieningskneg of ouer man aangestel word, moet ’n nuwe vorm so gou moontlik ingevul en ingestuur word. As ’n vrywillige werker se posadres of telefoonnommer verander of as hy nie meer ’n goeie naam in die gemeente het nie, moet die ouer manne die Streekboukomitee onmiddellik per brief in kennis stel. Afskrifte van die ingevulde S-82-vorms in die gemeentelêer moet aan die kringopsiener beskikbaar gestel word sodat hy dit kan nagaan wanneer hy die gemeente besoek.
◼ Voordat daar met ’n Koninkryksaalbouprojek—hetsy die bou van ’n nuwe saal of opknapwerk—begin word, moet die ouer manne met hulle bepaalde Streekboukomitee in verbinding tree. Streekkomitees het inligting wat gemeentes kan help om verstandige besluite te neem oor die koop van grond en materiaal asook ander sake. Dit is raadsaam om voorstelle van die streekkomitee te oorweeg voordat eiendom en selfs items soos stoele, muurbedekking, matte en verwarmings- en lugversorgingtoestelle aangeskaf word.
◼ Dit is belangrik dat die takkantoor se rekord van adresse en telefoonnommers van alle presiderende opsieners en sekretarisse op datum gehou word. As daar te eniger tyd ’n verandering is, moet die Gemeentelike Dienskomitee so gou moontlik ’n “Verandering van presiderende opsiener/sekretaris se adres”-vorm (S-29) invul, teken en na die takkantoor stuur. Dit sluit enige veranderinge in telefoongebiedskodes in.
◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2005 begin aanvra. Die bundels sal in Duits, Engels en Portugees beskikbaar wees. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.
◼ Sagtebandbybels in Engels en Portugees is van Maart se lektuuraanvraag af beskikbaar. Behalwe die standaardgrootte-hardebanduitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling is ’n standaardgrootte-sagtebanduitgawe ook nou beskikbaar. Hoewel hierdie sagtebandbybel hoofsaaklik vir verspreiding in die veld voorsien word, sal verkondigers dit dalk ook wil gebruik. Wanneer die sagtebandbybel in julle gemeente beskikbaar gestel word, moet die hardebandbybel nie meer vir die publiek aangebied word nie. Maar die hardebandbybel sal nog steeds aan verkondigers beskikbaar gestel word. Gemeentes moet net ’n paar eksemplare van die hardebandbybel in voorraad hou, aangesien die gebruik daarvan beperk sal word tot verkondigers en diegene wat vergaderinge gereeld bywoon. Let asseblief daarop dat julle moet aanhou om hardebandbybels te gebruik totdat die gemeente se voorraad genoeg verminder het voordat julle sagtebandbybels in Engels en Portugees begin bestel. Daarna kan sagtebandbybels van die takkantoor aangevra word. (Sien asseblief die brief van 15 September 2005 aan alle gemeentes vir verdere inligting.)
◼ Aandag lektuurkoördineerders: Om enige standaardgrootte-sagtebandbybel te bestel, moet die itemnommer 5116 en simbool bi12 gebruik word. (Let daarop dat die Bybel in plaaslike tale net in sagteband beskikbaar is.) Om die standaardgrootte-hardebandbybel in Engels en Portugees te bestel, moet die itemnommer 5112 en simbool Hbi12 gebruik word.
◼ Die takkantoor maak nie lektuurbestellings op vir individuele verkondigers nie. Verkondigers moet hulle lektuur deur die gemeente bestel. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuurbestelling aan die takkantoor gestuur word sodat almal wat daarin belangstel om persoonlike lektuuritems te bekom, die broer wat die lektuur behartig, in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is. Die gemeente moet dit net bestel wanneer ’n verkondiger dit aanvra. Die lektuuraanvraagvorm (S-14) moet elke maand stiptelik ingestuur word.
◼ Nuwe Braille-publikasies beskikbaar:
Georganiseer om Jehovah se wil te doen—Graad twee-Engels
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
The Good News According to Matthew—Amerikaanse Gebaretaal
Wat leer die Bybel werklik?—Amerikaanse Gebaretaal
Wanneer ’n geliefde sterf—Amerikaanse Gebaretaal
Aanbid die enigste ware God—Amerikaanse Gebaretaal
Album vir Nuwe Wêreld-vertaling van die Griekse Geskrifte (leeg) vir Amerikaanse Gebaretaal
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Wat leer die Bybel werklik?—Amerikaanse Gebaretaal