Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 24 April 2006. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 6 Maart tot 24 April 2006. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Waarom moet ons vir elke verandering van gedagte pouseer wanneer ons onderrig, maar wat kan verhinder dat ons dit doen? [be-AF bl. 98 par. 2-3]
2. Waarom is dit belangrik om te pouseer wanneer ons vir ander getuig? [be-AF bl. 99 par. 5–bl. 100 par. 4]
3. Waarom is beklemtoning belangrik wanneer ons ’n toespraak hou, en hoe kan ons die regte beklemtoning aanleer? [be-AF bl. 101 par. 1-5, venster]
4. Hoe kan ons seker maak dat die hoofgedagtes van ons materiaal beklemtoon word wanneer ons in die openbaar lees? [be-AF bl. 105 par. 1-6]
5. Waarom is gepaste stemsterkte belangrik wanneer ons onderrig, en hoe kan ons vasstel hoeveel stemsterkte nodig is? [be-AF bl. 107-8]
TOESPRAAK NR. 1
6. Hoe is die situasie van hedendaagse Christene soortgelyk aan dié van Ester en Mordegai, en hoe kan ons hulle voorbeeld volg? [si-AF bl. 94 par. 17]
7. Wat het Salomo beskryf toe hy gesê het: “Alles was nietigheid en ’n gejaag na wind”? (Pred. 2:11). [w04-AF 10/15 bl. 4 par. 3-4]
8. Hoe kan ons liefde vir God aankweek? (Mark. 12:30). [w04-AF 3/1 bl. 19-21]
9. Watter teenstellings is daar tussen geestelike waardes en materialisme? [w04-AF 10/15 bl. 5-7]
10. Wat kan ons help om by byeenkomste te luister sonder dat ons aandag afgelei word? [be-AF bl. 16]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Waarom is Haman se gesig bedek? (Est. 7:8).
12. Watter soort geesskepsel het Elifas se denke beïnvloed? (Job 4:15, 16). [w05-AF 9/15 bl. 26 par. 2]
13. Toon Job se woorde in Job 7:9, 10 en Job 10:21 dat hy nie in ’n opstanding geglo het nie?
14. Wat het Job moontlik bedoel toe hy gesê het “ek ontkom met die vlies van my tande”? (Job 19:20).
15. Wat het Job bedoel toe hy gesê het: “Ek [sal] my onkreukbaarheid nie prysgee nie”, en wat kan ons hieruit leer? (Job 27:5).