Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/06 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 Februarie
  • Week wat begin met 20 Februarie
  • Week wat begin met 27 Februarie
  • Week wat begin met 6 Maart
Ons Koninkryksbediening—2006
km 2/06 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 13 Februarie

Lied 121

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Februarie en die Ontwaak! van Februarie aangebied kan word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe daar in ’n openbare plek getuig word.

10 min: Hou jy tred met Jehovah se organisasie? ’n Toespraak wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, bladsye 7-10.

25 min: “Vestig die aandag op ‘die lig van die wêreld’.”a Moet deur die diensopsiener behartig word. Meld wie as hulppioniers gaan dien. Gee ’n oorsig van die bykomende velddiensvergaderinge wat gereël is. Lewer kommentaar oor die voorgestelde hulppionierroosters op bladsy 5 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 2005.

Lied 224 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Februarie

Lied 89

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.

15 min: “Skep geleenthede om te getuig.”b Nooi ’n verkondiger met moeilike omstandighede om kommentaar te lewer oor hoe hy of sy geleenthede kon skep om te getuig.

20 min: “’n Hulp wat maklik gevind kan word.”c Moet deur ’n ouer man behartig word. Lewer kortliks kommentaar oor die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir November 1998 en November 2000.

Lied 1 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Februarie

Lied 20

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Maart of die Ontwaak! van Maart aangebied kan word.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Hoe om jou kinders te beskerm deur middel van goddelike wysheid.” Toespraak deur ’n ouer man, verkieslik ’n gesinshoof, wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Januarie 2005, bladsye 23-6. Pas die inligting plaaslik toe, en bedank ouers vir hulle onvermoeide pogings om die riglyne in die Bybel en ons Bybelpublikasies oor die opleiding van hulle kinders te volg.

Lied 148 en slotgebed.

Week wat begin met 6 Maart

Lied 51

10 min: Plaaslike aankondigings. Omdat traktate maklik is om saam te dra en aantreklik is, kan dit ons help om gesprekke te begin in die huis-tot-huisbediening en wanneer ons in openbare plekke of informeel getuig. Demonstreer hoe ’n gesprek begin kan word deur een van die talle traktate te gebruik wat by die lektuurtoonbank beskikbaar is. Vestig die aandag op een van die tekste wat in die traktaat aangehaal word.

15 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur voorbereid te wees.”d Sluit ’n kort demonstrasie in van twee verkondigers wat voorberei om die Leer by die Groot Onderwyser-boek aan te bied. Hulle kies ’n aanbieding uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005 en bespreek hoe hulle dit in hulle eie woorde kan stel en dit vir die plaaslike gebied kan aanpas. Die demonstrasie eindig net voordat hulle die aanbieding saam oefen.

20 min: “Gebruik visuele hulpmiddele om te onderrig.”e Wanneer jy elke video bespreek wat in die artikel genoem word, moet jy die omhulsel vir die gehoor wys en ’n kort uittreksel lees wat die inhoud beskryf. Vra die gehoor om ondervindinge te vertel van hoe hulle al video’s in hulle bediening gebruik het.—Sien die 1997 Yearbook, bl. 54, en die 1995 Yearbook, bl. 50-1.

Lied 68 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel