Aankondigings
◼ Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige boek wat voor 1991 uitgegee is en wat die gemeente in voorraad het. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan die brosjure Hou aan waak! of die boek Die mensdom se soeke na God aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah.
◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir 2007 op Maandag 2 April ná sononder gehou sal word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en ander fasiliteite moet kry. Die ouer manne moet ’n ooreenkoms met die bestuur tref wat verseker dat geen ander bedrywighede in die gebou steurings sal veroorsaak nie, sodat die Gedenkmaalviering op ’n vreedsame en ordelike manier kan geskied.
◼ Omdat die Gedenkmaal so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne een van die bekwamer ouer manne kies om die toespraak te hou en nie net beurte maak of dieselfde broer elke jaar gebruik nie. As daar ’n bekwame ouer man van die gesalfdes is wat die toespraak kan hou, moet julle hom gebruik.