Besoek asseblief so gou as moontlik
Wie moet ons so gou as moontlik besoek? Diegene wat lektuur aanvra of vra dat tydskrifte gereeld by hulle afgelewer moet word of dat ’n Getuie hulle tuis moet besoek. Waar kom hierdie versoeke vandaan? Van mense wat per brief of telefoon of deur middel van ons amptelike Internetwebwerf met die takkantoor in aanraking kom. Wanneer sulke belangstelling getoon word, stel die takkantoor die plaaslike gemeente daarvan in kennis deur middel van die S-43-vorm, ’n strokie met die opskrif “Volg asseblief op”. Wanneer die ouer manne ’n S-43-vorm ontvang, moet hulle dit dadelik vir ’n verkondiger gee wat die belangstelling pligsgetrou sal opvolg. As die verkondiger dit moeilik vind om die persoon tuis te vind, kan hy hom probeer bel of ’n briefie op ’n onopsigtelike plek laat. As jy gevra word om so ’n besoek te doen, moet jy asseblief alles in jou vermoë doen om so gou as moontlik met die belangstellende persoon in aanraking te kom.