Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/05 bl. 7
  • Wat sê ’n mens vir ’n antwoordmasjien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê ’n mens vir ’n antwoordmasjien?
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 12/05 bl. 7

Wat sê ’n mens vir ’n antwoordmasjien?

Die telefoon is ’n doeltreffende middel om vir mense te getuig wat nie tuis gevind kan word nie of wat in onbereikbare gebiede woon. Maar al hoe meer mense beantwoord nie die telefoon nie—’n antwoordmasjien doen dit vir hulle. Wat kan jy doen wanneer dit gebeur? Moenie die telefoon neersit nie. Skryf eerder voor die tyd ’n goed voorbereide boodskap neer en hou dit byderhand sodat jy dit oor die telefoon kan lees. Oefen om dit in ’n vriendelike geselstrant te doen. Wat kan jy sê?

Jy kan die huisbewoner hartlik na die volgende Openbare Vergadering by die Koninkryksaal nooi. Jy kan sê: “My naam is _____. Ek het jou vroeër probeer kontak, maar het jou ongelukkig nie tuis gevind nie. As jy graag na ’n Bybelbespreking van die onderwerp [titel van openbare toespraak] wil luister, kan jy gerus na die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies kom. Die publiek word genooi. Geen kollektes word ooit opgeneem nie.” Meld dan duidelik die dag en tyd van die vergadering en gee die straatadres van die Koninkryksaal of verduidelik hoe om daar uit te kom.

Wees op die uitkyk na enige nuwelinge wat die vergaderinge bywoon, stel jou aan hulle voor en laat hulle welkom voel. Moenie vergeet om ’n gratis tuisbybelstudie aan te bied nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel