Diensvergaderingrooster
LET WEL: ’n Maand of twee nadat die gemeente die “Godvrugtige gehoorsaamheid”-streekbyeenkoms bygewoon het, moet 15 tot 20 minute op die Diensvergaderingprogram opsygesit word (miskien ’n deel vir plaaslike behoeftes) om gedagtes van die byeenkoms te hersien wat die verkondigers in die veldbediening nuttig gevind het. Die spesiale Diensvergaderingdeel sal ons die geleentheid bied om te verduidelik hoe ons toepas wat ons by die byeenkoms geleer het en hoe dit help om ons bediening doeltreffender te maak.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2005, bl. 2.
Week wat begin met 12 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek die venster “Besoek asseblief so gou as moontlik”. Wys hoe die S-43-vorm lyk, as dit beskikbaar is. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Desember en die Ontwaak! van 22 Desember aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Lewer ná elke demonstrasie kommentaar oor hoe maklik dit is om ’n teks in die aanbieding in te sluit.
15 min: “’n Skool wat ons help om praktiese toepassing te maak.” Toespraak deur die skoolopsiener. Sluit kommentare in uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2005.
20 min: “Onderrigting wat tot die lewe lei.”a Reël vooraf dat een of twee kommentaar lewer oor hoe hulle by goddelike onderrigting baat gevind het.
Lied 101 en slotgebed.
Week wat begin met 19 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld spesiale velddiensreëlings vir 25 Desember en 1 Januarie. Herinner almal daaraan om die Ontwaak! vir Januarie 2006 na volgende week se Diensvergadering te bring.
15 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur aanpasbaar te wees.”b Sluit ’n kort demonstrasie in van hoe ’n verkondiger sy aanbieding kan aanpas op grond van wat die huisbewoner sê.
20 min: Handhaaf God se standaarde wat kleredrag en persoonsversorging betref. Toespraak en gehoorbespreking deur ’n ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Augustus 2002, bladsye 17-19. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe ons voorbeeldige voorkoms die geleentheid kan skep om ’n getuienis te gee.
Lied 56 en slotgebed.
Week wat begin met 26 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Hersien die artikel “Wat sê ’n mens vir ’n antwoordmasjien?” Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember in te gee. As julle gemeente se vergaderingtye vir die nuwe jaar gaan verander, moet die nuwe tye aangekondig word. Meld die lektuuraanbod vir Januarie, en noem waar voorgestelde aanbiedings gevind kan word.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Nuwe kenmerke van die Ontwaak! Toespraak en gehoorbespreking. Meld die veranderinge aan die Ontwaak! wat in Ons Koninkryksbediening vir Maart 2005, bladsy 1, paragrawe 5-6, aangekondig is. Lewer kommentaar oor “Aan ons lesers” in die Ontwaak! vir Januarie 2006, bladsye 3-4. Noem voorbeelde van hoe die tydskrif die lesers regstreeks na die Bybel rig. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die nuwe kenmerk op bladsy 31. Ons sal aanhou om tydens die eerste besoek Die Wagtoring en Ontwaak! as ’n stel aan te bied. Ons sal natuurlik net een eksemplaar van elke nommer van die Ontwaak! laat by diegene op ons tydskrifroete en by ander wat gereeld die tydskrifte neem. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Januarie en die Ontwaak! vir Januarie aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Ons Koninkryksbediening vir Januarie sal ’n tweede aanbieding vir die Ontwaak! vir Januarie insluit wat die aandag op een van die sekondêre artikels vestig. Albei aanbiedings kan gedurende die maand gebruik word.
Lied 222 en slotgebed.
Week wat begin met 2 Januarie
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Gebruik ons Bybellektuur wyslik.”c Sluit kommentaar in oor Ons Koninkryksbediening vir September 2002, bladsy 1.
25 min: “Kan jou kind ’n volwasse besluit neem?”d Moet deur ’n ouer man behartig word. Reël dat elke paragraaf gelees word deur ’n broer wat ’n bekwame leser is. Bespreek al die teksverwysings. Vergelyk, nadat paragraaf 2 bespreek is, die situasies van die twee jongmense wat in paragrawe 16-17 van Die Wagtoring van 15 Junie 1991 gemeld word, en lewer kommentaar oor die venster op bladsy 17. Sluit af deur ouers aan te spoor om hierdie hele artikel in Die Wagtoring te hersien en dan onmiddellik besprekings en oefensessies met hulle kinders te hou oor die Bybelbevel in verband met bloed, sodat hulle toegerus sal wees om met oortuiging oor hulle opvattings te praat. Gesinshoofde moet sorg dat elke gedoopte kind ’n DPA-kaart en elke ongedoopte kind ’n Identity Card by hom het. Wanneer iemand in die hospitaal opgeneem word en bloedoortappings ’n geskil is, moet die ouer manne met die plaaslike Hospitaalskakelkomitee in verbinding tree om te help. Let wel: Elke gemeente moet reël om hierdie inligting te bespreek wanneer die meeste van die ouers en kinders teenwoordig sal wees, al beteken dit dat hierdie deel tot later in Januarie 2006 uitgestel moet word.
Lied 48 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.