Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 14 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 November en die Ontwaak! van 22 November aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Demonstreer in elke aanbieding ’n ander manier waarop die gesprekdemper “Ek stel nie in godsdiens belang nie” oorkom kan word.—Sien die Redenering-boek, bl. 17.
15 min: Bydraes wat God se hart verbly. Toespraak deur ’n ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 1 November 2005, bladsye 26-30.
20 min: “Maak Jehovah se heerlikheid bekend.”a Nooi die gehoor, wanneer paragraaf 4 bespreek word, om kort ondervindinge te vertel wat toon hoe goeie gedrag die weg kan baan om ’n getuienis te gee.
Lied 24 en slotgebed.
Week wat begin met 21 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Prys almal wat aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem het. Doen verslag oor wat bereik is en vertel enige opbouende ondervindinge.
20 min: Maak Jehovah jou God. Toespraak deur ’n ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 1 April 2005, bladsye 25-8. Gee ’n praktiese toepassing van die lesse wat ons kan leer uit die voorbeelde van Abraham, Dawid en Elia.
15 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur oplettend te wees.”b Sluit ’n demonstrasie in waarin ’n verkondiger iets opmerk wat toon waarin die huisbewoner belangstel en sy kommentare dan dienooreenkomstig aanpas.
Lied 67 en slotgebed.
Week wat begin met 28 November
12 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir November in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Desember en die Ontwaak! van 8 Desember aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Meld ook die bydraereëling.
15 min: “Hoe kan ons help?” ’n Toespraak. Gee ’n paar voorbeelde van hoe Jehovah se knegte hulp verleen het aan medegelowiges wat in groot nood verkeer het. (Sien die Ontwaak! van 8 Augustus 2003, bl. 10-15; 22 November 2002, bl. 19-24, en 22 Oktober 2001, bl. 23-7. Ander verwysings kan ook gebruik word.) Bespreek dan die sleutelgedagtes in die artikel op bladsy 3 van Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon dat as iemand ’n bydrae vir humanitêre hulp en noodleniging wil maak, hulle dit verkieslik moet doen deur die geld vir die wêreldwye werk by te dra.
18 min: Bied die goeie nuus in Desember aan. Toespraak en gehoorbespreking. Hersien kortliks in ’n inleidende toespraak van vyf minute die volgende punte uit “Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik” in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bladsy 8: (1) Ons aanbieding sal gewoonlik doeltreffender wees as ons dit in ons eie woorde stel. (2) Ons moet goeie oordeel aan die dag lê en ons aanbiedings aanpas by wat in ons omgewing aanvaarbaar is. (3) Ons moet die agtergrond en denkwyse van die mense in ons gebied in ag neem. (4) Ons moet die hoofstuk wat ons wil gebruik, sorgvuldig lees en na gedagtes soek wat belangstelling kan wek. (5) Ons hoef nie net die benaderings in die voorgestelde aanbiedings te gebruik nie. Bespreek dan hoe ons hierdie punte kan toepas wanneer ons die lektuuraanbod vir Desember doen. Jy kan die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005 gebruik of ander aanbiedings wat plaaslik doeltreffend is. Demonstreer een of twee aanbiedings.
Lied 123 en slotgebed.
Week wat begin met 5 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Wat ons bediening bereik.”c Sluit kommentare oor Die Wagtoring van 15 Februarie 2004, bladsy 32, in wanneer paragraaf 5 bespreek word.
Lied 26 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.