Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/05 bl. 2-7
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 Oktober
  • Week wat begin met 17 Oktober
  • Week wat begin met 24 Oktober
  • Week wat begin met 31 Oktober
  • Week wat begin met 7 November
Ons Koninkryksbediening—2005
km 10/05 bl. 2-7

Diensvergaderingrooster

Let wel: In Ons Koninkryksbediening sal daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomsmaande verskyn. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Godvrugtige gehoorsaamheid”-streekbyeenkoms kan bywoon. Waar gepas kan julle 15 minute van die laaste Diensvergadering voor die streekbyeenkoms gebruik om raad wat plaaslik van toepassing is, uit die byvoegsel vir hierdie maand te herhaal. ’n Maand of twee ná julle byeenkoms kan 15 tot 20 minute op ’n Diensvergaderingprogram opsygesit word (miskien ’n deel vir plaaslike behoeftes) om byeenkomshoogtepunte te hersien wat die verkondigers in die veldbediening nuttig gevind het. Die spesiale Diensvergaderingdeel sal ons die geleentheid bied om te verduidelik hoe ons toepas wat ons by die byeenkoms geleer het en hoe dit gehelp het om ons bediening doeltreffender te maak.

Week wat begin met 10 Oktober

Lied 17

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek reëlings vir ontoegekende gebied vir die naweek van 29 en 30 Oktober 2005. Spoor almal aan om hierdie laaste poging te ondersteun. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 12 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Oktober en die Ontwaak! van 22 Oktober aangebied kan word. Ná elke demonstrasie kan praktiese aspekte van die aanbieding beklemtoon word. Vestig ook die aandag op sekondêre artikels wat dalk by mense in die plaaslike gebied byval sal vind.

15 min: Het jy goeie leesgewoontes? Gehoorbespreking gebaseer op gekose gedeeltes in die Bedieningskool-boek, bladsye 21-6. Wat kan in ons leesprogram ingesluit word? (bl. 21, venster). Waarom is dit belangrik dat ons die publikasies lees wat voorsien word? (bl. 23, par. 2). Wat is die sleutel tot ’n goeie leesprogram? (bl. 26, par. 2-3). Hoe maak jy tyd om Die Wagtoring en Ontwaak! te lees? Hoe het jy daarby baat gevind?

20 min: “Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek.”a Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor situasies waarin dit ’n uitdaging kan wees om die nodige vrymoedigheid bymekaar te skraap om ’n getuienis te gee. Wat het hulle gehelp om dit te doen?

Lied 78 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Oktober

Lied 36

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Gebruik deel 3 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 2005 om een of twee gedagtes te hersien oor hoe om die Skrif doeltreffend te gebruik wanneer Bybelstudies gehou word.

15 min: “Gebruik jy strooibiljette?” Toespraak en gehoorbespreking. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor die goeie resultate wat behaal is met die gebruik van strooibiljette. Sluit ’n kort demonstrasie in waar ’n verkondiger ’n strooibiljet gebruik om ’n belangstellende na ’n vergadering toe te nooi.

20 min: “Toon persoonlike belangstelling—Deur goedhartig te wees.”b Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe ons goedhartigheid teenoor ander kan bewys wanneer ons aan die veldbediening deelneem. Ander maniere waarop ons persoonlike belangstelling kan toon in diegene vir wie ons getuig, sal in toekomstige nommers van Ons Koninkryksbediening bespreek word.

Lied 2 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Oktober

Lied 68

15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik een van die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005 of ’n ander benadering wat vir julle gebied gepas is om die lektuuraanbod vir November te demonstreer.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bl. 8, par. 5.

30 min: “Prys Jehovah in die groot gemeente.”c Moet deur die gemeentelike sekretaris behartig word. Meld na watter streekbyeenkoms die gemeente aangewys is. Bespreek die genommerde paragrawe soos met die Wagtoring-studie gedoen word. Reël vooraf dat iemand die paragrawe lees. Hersien die venster “Streekbyeenkomsherinneringe”.

Lied 153 en slotgebed.

Week wat begin met 31 Oktober

Lied 209

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Oktober in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 12 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 November en die Ontwaak! van 8 November aangebied kan word. In een van die aanbiedings kan die grondslag vir die volgende besoek gelê word deur die aandag te vestig op die venster “In ons volgende nommer”.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1998, bl. 12, par. 7-8.

15 min: Gebruik ’n tydskrifroete om belangstelling te kweek. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Ons Koninkryksbediening vir Mei 2005, bladsy 8. Hoe kan ons ’n tydskrifroete begin? (par. 1). Hoe kan ons ’n aantal besprekings met net een teks voorberei? (par. 3). Waarom moet ons meer doen as om net die teks te lees? (par. 4). Hoe kan ’n besoek op ’n tydskrifroete ’n Bybelstudie word? (par. 5). Sluit ’n demonstrasie in van hoe ’n verkondiger ’n bespreking met iemand op sy tydskrifroete kan hê deur net een teks te gebruik.

20 min: Jongmense wat vasbeslote maar eerbiedig is. Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 15 September 2002, bladsye 23-4, onder die tussenhofie “Weier op eerbiedige wyse”. Reël vooraf dat een of twee jongmense kommentaar lewer oor die uitdagings waarvoor hulle by die skool te staan gekom het en wat hulle gehelp het om dit suksesvol die hoof te bied.

Lied 222 en slotgebed.

Week wat begin met 7 November

Lied 39

5 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: Konsentreer beter tydens vergaderinge. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 15 September 2002, bladsye 12-14, paragrawe 11-14. Hersien die wenke wat gegee word, en nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor wat hulle gehelp het om die meeste voordeel uit gemeentelike vergaderinge te trek.

20 min: “Ontwikkel jou vermoë om met ander te redeneer.”d Nooi spesifieke verkondigers om te vertel wat hulle gedoen het om met mense van verskillende agtergronde in die plaaslike gebied te redeneer.

Lied 50 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel