Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/05 bl. 3-6
  • Voorgestelde aanbiedings vir brosjures

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorgestelde aanbiedings vir brosjures
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan
  • Die regering wat die Paradys gaan bring
  • Jy kan vir ewig op die aarde lewe!
  • Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
  • ’n Boek vir alle mense
  • Wanneer ’n geliefde sterf
  • Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
  • Wenke vir die aanbieding van Gee God werklik vir ons om?
  • **********
  • **********
  • Wenke vir die aanbieding van Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind?
  • **********
  • **********
  • Brosjures vir mense van nie-Christelike gelowe
  • “Kyk, Ek maak alles nuut”
  • Lasting Peace and Happiness—How to Find Them
  • Our Problems—Who Will Help Us Solve Them?
  • The Guidance of God—Our Way to Paradise
  • Why Should We Worship God in Love and Truth?
  • Will There Ever Be a World Without War?
Ons Koninkryksbediening—2005
km 6/05 bl. 3-6

Bêre

Voorgestelde aanbiedings vir brosjures

’n Verskeidenheid wenke word in hierdie byvoegsel gegee om jou te help om aanbiedings vir die brosjures voor te berei. Dit kan by plaaslike omstandighede aangepas word. Ander aanbiedings kan ook gebruik word. Aanbiedings vir brosjures wat nie in hierdie byvoegsel bespreek word nie, kan voorberei word deur die volgende wenke as voorbeeld te gebruik.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bl. 8.

Al die wenke op hierdie bladsy bevat (1) ’n gedagteprikkelende vraag om ’n gesprek mee te begin, (2) ’n verwysing waar onderwerpe vir gesprekke in die brosjure gevind kan word en (3) ’n gepaste teks wat tydens die gesprek gelees kan word. Jy kan die res van die aanbieding in jou eie woorde stel na gelang van die persoon se reaksie.

Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan

“Die meeste van ons ken die gebed wat begin met ‘Ons Vader in die hemele, laat u naam geheilig word’ (Matt. 6:9). Maar het jy geweet dat ons redding daarvan afhang dat ons hierdie naam ken?”—bl. 18, par. 5; Rom. 10:13.

Die regering wat die Paradys gaan bring

“Baie mense smag na ’n oplossing vir die probleme waarmee ons vandag te kampe het. Dink jy dat daar ooit ’n regering sal wees wat hierdie uitdagings die hoof kan bied?”—bl. 3, par. 1; Matt. 6:9, 10.

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!

“Baie mense dink dat hulle hemel toe moet gaan om die ewige lewe te geniet, maar wat dink jy daarvan om vir ewig op die aarde te lewe?”—Prent op voorblad; Op. 21:4.

Moet jy aan die Drie-eenheid glo?

“Mense het uiteenlopende beskouings van God se ware natuur. Dink jy dat dit saak maak wat ons glo?”—bl. 3, par. 3, 7-8; Joh. 17:3.

’n Boek vir alle mense

“Dink jy dat die Bybel praktiese raad vir ons dag bevat?”—bl. 22, opskrif; bl. 23, par. 3 van venster; Spr. 25:11.

Wanneer ’n geliefde sterf

“Ons bied vandag hierdie brosjure aan wat al vir miljoene mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het, vertroosting en hoop gebied het. Het jy al ooit gewonder watter hoop daar vir die dooies is?”—bl. 26, par. 3; Joh. 5:28, 29.

“Het jy al ooit gewonder hoe jy iemand kan vertroos wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het?”—bl. 20, par 1; Spr. 17:17.

Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?

“Wanneer geliefdes sterf, is dit natuurlik om te wonder waar hulle is en of ons hulle ooit weer sal sien. Het jy al hieroor gewonder?”—Vrae op agterblad; Job 14:14, 15.

Wenke vir die aanbieding van Gee God werklik vir ons om?

Nadat jy melding gemaak het van ’n tragiese nuusgebeurtenis, kan jy sê:

“Het jy al ooit gewonder waarom God toelaat dat mense ly as hy werklik vir ons omgee? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie brosjure gee ’n bevredigende antwoord op dié vraag en toon wat God in die nabye toekoms sal doen. [Wys die prente op bladsy 27, en lees Psalm 145:16 in paragraaf 22.] Hoe sal God al die lyding wat die mensdom verduur het, uitwis? Ek wil graag hierdie vraag tydens my volgende besoek bespreek.” Bied die brosjure aan en tref reëlings om terug te gaan.

Tydens die herbesoek kan jy sê:

“Toe ek verlede keer hier was, het ons hierdie teks gelees. [Lees Psalm 145:16 of haal dit aan.] Toe het ek die vraag gevra: Hoe sal God al die lyding wat die mensdom verduur het, uitwis?” Vra hom om sy brosjure te gaan haal. Maak dan op bladsye 27-8 oop en bespreek paragrawe 23-5. Bied ’n Bybelstudie aan of tref reëlings om paragrawe 26-7 tydens die volgende besoek te bespreek.

**********

’n Tienderjarige verkondiger kan sê:

“Baie mense van my ouderdom is bekommerd oor hoe die wêreld oor 10 of 15 jaar sal wees. Hoe dink u sal die lewe dan wees? [Wag vir ’n antwoord.] Die probleme wat ons vandag sien, toon dat ons in die laaste dae lewe. [Lees 2 Timoteus 3:1-3.] Hierdie brosjure beantwoord die volgende vrae. [Lees die vrae op die voorblad en bied die brosjure aan.] Wanneer ek weer kom, wil ek graag ’n aanmoedigende gedagte bespreek oor ’n tyd wanneer mense nie meer siek of oud sal word nie, as u dan ’n paar minute het.” Tref reëlings om terug te gaan.

Wanneer jy teruggaan, kan jy sê:

“Toe ons verlede keer gesels het, het ek genoem dat ek ’n gedagte wil bespreek oor ’n tyd wanneer mense nie meer siek of oud sal word nie. Dié gedagte vind ons hier.” Vra hom om sy brosjure te gaan haal. Lees en bespreek dan paragrawe 6-7 op bladsye 23-4. Tref reëlings om paragrawe 8-9 tydens die volgende besoek te bespreek.

**********

’n Volwassene wat saam met ’n kind werk, kan hulle twee voorstel en sê:

“________ wil graag vir jou ’n teks lees as hy mag. [Kind lees Psalm 37:29 en lewer kortliks kommentaar.] Hierdie brosjure bespreek hoe God sy voorneme met die mensdom en die aarde sal verwesenlik. [Wys prente op bladsye 24-7.] Wanneer ons weer kom, wil ek graag vir jou die Bybel se wonderlike belofte van ’n opstanding wys.” Bied die brosjure aan en tref reëlings om terug te gaan.

Tydens die herbesoek kan die volwassene sê:

“Tydens my vorige besoek het ons Psalm 37:29 gelees, en ek het genoem dat ek jou wil wys wat die Bybel oor ’n opstanding sê. Kyk wat sê dit hier.” Vra hom om sy brosjure te gaan haal. Bespreek dan paragrawe 12-14 op bladsye 24-5. Bied ’n Bybelstudie aan of tref reëlings om paragrawe 15-16 tydens die volgende besoek te bespreek.

Wenke vir die aanbieding van Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind?

Nadat jy die huisbewoner gegroet het, kan jy sê:

“Probleme en teleurstellings is ’n onvermydelike deel van die hedendaagse lewe. Dink jy dat die lewe veronderstel is om so te wees? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie brosjure toon dat God se oorspronklike voorneme met die mensdom en die aarde nog verwesenlik sal word. [Bespreek die prent op bladsye 20-1. Lees dan paragraaf 9 en vestig die aandag op Jesaja 14:24 en 46:11.] Wanneer ek weer kom, wil ek graag vir jou wys waar die Bybel praat van God se voorneme om die Paradys op aarde te herstel.” Bied die brosjure aan en tref reëlings om terug te gaan.

Wanneer jy teruggaan, kan jy sê:

“Ek het verlede keer genoem dat dit God se voorneme is dat mense vir ewig op ’n paradysaarde lewe. [Wys weer die prent op bladsye 20-1.] Let op dat Jesus, Petrus en Dawid van die Paradys gepraat het.” Vra hom om sy brosjure te gaan haal. Blaai dan na bladsye 21-2 en bespreek paragrawe 10-13. Bied ’n Bybelstudie aan of tref reëlings om tydens die volgende besoek een van die onderhofies op bladsye 29-30 te bespreek.

**********

’n Tienderjarige verkondiger kan sê:

“Baie mense van my ouderdom is onseker oor die toekoms. Dink u dat die lewe vir die volgende geslag beter sal wees? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel praat van ’n rooskleurige toekoms vir die hele mensdom. [Maak oop by die prent op bladsy 31 van die brosjure en lees die byskrif. Lees dan 2 Petrus 3:13.] Hierdie brosjure gee inligting oor die seëninge wat God vir die mensdom in die vooruitsig stel. [Vestig die aandag op die vetgedrukte onderhofies op bladsye 29-30, en bied die brosjure aan.] Ek wil u graag weer besoek en gesels oor God se belofte om ’n einde aan alle oorloë te maak.” Tref reëlings om terug te gaan.

Wanneer jy teruggaan, kan jy sê:

“Die vorige keer toe ek hier was, het ek kortliks melding gemaak van God se voorneme om die aarde tot ’n paradys te herstel. [Verwys weer na die prent op bladsy 31.] Ek wil graag hoor wat u dink van God se belofte om ’n einde aan alle oorloë te maak.” Vra hom om sy brosjure te gaan haal. Lees en bespreek dan paragrawe 3-6 op bladsy 29. Tref reëlings om paragrawe 7-8 tydens die volgende besoek te bespreek.

**********

’n Volwassene wat saam met ’n kind werk, kan hulle twee voorstel en sê:

“________ wil graag vir jou ’n prent wys en ’n vers uit die Bybel lees, as hy mag. [Kind wys die prent en lees die byskrif op bladsy 31 en lees dan Openbaring 21:4.] Hierdie brosjure verduidelik wat God sal doen omtrent die probleme waarmee ons vandag te kampe het. [Vestig kortliks die aandag op die vetgedrukte onderhofies op bladsye 29-30, en bied die brosjure aan.] Wanneer ons weer kom, wil ek jou graag wys wat die Bybel sê oor die einde van alle gesondheidsprobleme.”

Tydens die herbesoek kan die volwassene sê:

“Toe ons verlede keer gesels het, het ek genoem dat ek jou wil wys wat die Bybel sê oor die einde van alle gesondheidsprobleme. Kyk wat sê dit hier.” Vra hom om sy brosjure te gaan haal. Bespreek dan paragrawe 9-14 op bladsy 29. Bied ’n Bybelstudie aan of tref reëlings om paragrawe 15-17 tydens die volgende besoek te bespreek.

Brosjures vir mense van nie-Christelike gelowe

“Kyk, Ek maak alles nuut”

Vir ’n ouer persoon wat ’n Boeddhis is, kan jy sê:

“Jy is moontlik net so bekommerd soos ek oor al die verdorwe idees wat vandag bestaan en die uitwerking wat dit op ons kinders het. Waarom is daar so ’n toename in onsedelikheid onder jongmense? [Wag vir ’n antwoord.] Het jy geweet dat dit voorspel is in ’n boek waaraan daar begin skryf is lank voordat die Moslem-, Christelike en Hindoegeloof bestaan het? [Lees 2 Timoteus 3:1-3.] Let op dat hierdie toestande heers hoewel mense voortdurend meer leer. [Lees 2Ti 3 vers 7.] Dié brosjure het my gehelp om die waarheid te verstaan wat die meeste mense nooit leer nie. Wil jy dit graag lees?”—km-AF 2/98 bl. 5 par. 17-20.

Lasting Peace and Happiness—How to Find Them

Wanneer jy vir ’n Chinese student getuig, kan jy sê:

“In my gesprekke met studente het ek gevind dat hulle almal vrede en geluk wil hê. Dink jy dat dit belangrik is? [Wag vir ’n antwoord.] Sal dit nie wonderlik wees om die vervulling te sien van hierdie woorde wat lank gelede opgeteken is nie?” Lees Psalm 37:11 en bied die brosjure aan.—km-AF 2/98 bl. 5.

Our Problems—Who Will Help Us Solve Them?

Vir ’n jonger Hindoe kan jy sê:

“Jy glo ongetwyfeld in God. Wat dink jy is God se voorneme met ons? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Genesis 1:28.] Op baie plekke is die aarde oorbevolk en vol probleme. Dink jy die Skepper wil ons help om ons probleme op te los?” Wag vir ’n antwoord. Bied dan die brosjure aan.—km-AF 9/99 bl. 8.

The Guidance of God—Our Way to Paradise

Wanneer jy met ’n Moslem praat, kan jy sê:

“Ek wend ’n spesiale poging aan om met Moslems te praat. Ek verstaan dat Moslems in net een ware God en in al die profete glo. Is dit reg? [Wag vir ’n antwoord.] Ek wil graag met jou gesels oor ’n ou profesie wat voorspel dat die aarde in ’n paradys omskep gaan word. Mag ek vir jou lees wat die profeet geskryf het? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 11:6-9.] Hierdie profesie laat my dink aan ’n aanhaling uit die Koran wat in hierdie brosjure gevind word.” Blaai na bladsy 9 en lees die aanhaling in vet letters. As belangstelling getoon word, kan jy voortgaan om paragrawe 7-9 op die volgende bladsy te bespreek.—km-AF 11/99 bl. 8.

Why Should We Worship God in Love and Truth?

’n Hindoe wat ’n gesin het, sal dalk in hierdie aanbieding belangstel:

“Ek besoek mense wat besorg is oor die hedendaagse toestand van die gesinslewe in baie lande. Wat dink jy sal help om die gesin bymekaar te hou? [Wag vir ’n antwoord.] Party mense weet wat die Hindoegeskrifte oor die gesin sê, maar hulle het nog nooit die geleentheid gehad om dit te vergelyk met wat die Bybel oor die onderwerp te sê het nie. Ek wil graag vir jou hierdie gedagte wys. [Lees Kolossense 3:12-14.] Hierdie brosjure ondersoek die heilige geskrifte van Indië en ook die Bybel.” Bied die brosjure aan en vestig die aandag op bladsye 8-9 en 20-1.—km-AF 9/99 bl. 8.

Will There Ever Be a World Without War?

Wanneer jy vir ’n Jood getuig, kan jy sê:

“Die meeste van ons het al die hartseer ondervinding gehad om ’n geliefde aan die dood af te staan. Wat dink jy gebeur met ons wanneer ons sterf?” Wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op die venster “Death and the Soul—What Are They?” op bladsy 22 van die brosjure. Lees paragraaf 17 op bladsy 23 oor die opstanding. Meld dat die aartsvader Job die opstandingshoop gekoester het. Bied die brosjure aan en tref reëlings om terug te gaan en die teksverwysings aan die einde van paragraaf 17 te bespreek.—km-AF 10/99 bl. 12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel