Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 27 Desember 2004. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 November tot 27 Desember 2004. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Wat is een van die beste maniere om die gehoor se belangstelling in ’n onderwerp te wek? [be-AF bl. 218 par. 3]
2. Gee vyf kenmerke van ’n doeltreffende slot. [be-AF bl. 220 par. 4–bl. 221 par. 4]
3. Hoe kan ons seker maak dat ons stellings akkuraat is? [be-AF bl. 224 venster]
4. Hoe kan ons verseker dat ons dele op die vergadering hoë agting weerspieël vir die gemeente se rol as “’n pilaar en stut van die waarheid”? (1 Tim. 3:15). [be-AF bl. 224 par. 1-4]
5. Hoe kan ons Spreuke 14:15 toepas wanneer dit by aktuele gebeure, aanhalings en ondervindinge kom? [be-AF bl. 225 par. 1]
TOESPRAAK NR. 1
6. Hoe kan ons die tyd van die Vloed af tot by Adam se skepping terugreken? [si-AF bl. 286 par. 12]
7. Hoe kan die datum bepaal word waarop Jesus se bediening begin het, en watter grondslag is daar om te glo dat dit net drie en ’n half jaar geduur het? [si-AF bl. 291 par. 16]
8. (a) Wanneer het “die woord om Jerusalem te herstel en te herbou”, uitgegaan? (b) Hoeveel jaar sou verloop vanaf daardie tyd totdat Jesus as die Messias sou verskyn? (Dan. 9:24-27). [si-AF bl. 291 par. 18-19]
9. Wat behels dit om opreg om verskoning te vra sodat dit tot ‘vrede met ons broer’ sal lei? (Matt. 5:23, 24). [w02-AF 11/1 bl. 6 par. 1, 5]
10. Wat leer ons uit 2 Konings 13:18, 19 oor die manier waarop ons godgegewe take moet uitvoer? [w02-AF 12/1 bl. 31 par. 1-2]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Waarom kon die Israeliete ’n dooie dier waarvan die bloed nie uitgeloop het nie, vir ’n inwonende vreemdeling gee of dit aan ’n uitlander verkoop, hoewel hulle dit self nie kon eet nie? (Deut. 14:21).
12. Watter les leer ons uit Deuteronomium 20:5-7?
13. Waarom was dit asof “’n siel” as pand geneem is, wanneer “’n handmeul of die boonste maalklip daarvan as pand” geneem is? (Deut. 24:6).
14. Aangesien die Israeliete verbied is om enige vet te eet, wat beteken dit dat hulle “die vet van ramme” geëet het? (Deut. 32:13, 14).
15. Wat is ’n hedendaagse parallel van Agan se sondige weg? (Jos. 7:1-26). [w86-AF 12/15 bl. 20 par. 20]