Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? September: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Andersins kan Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? aangebied word. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! As iemand belangstelling toon, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Leer by die Groot Onderwyser of Wat vereis God van ons?
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Sodra dit gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word nadat die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die jaarlikse inventaris van alle lektuur en tydskrifte in voorraad moet op of so na as moontlik aan 31 Augustus 2004 opgestel word. Hierdie voorraadopname is soortgelyk aan die opname wat die lektuurkoördineerder elke maand doen, en die totale moet op die lektuurinventaris-vorm (S-18) ingevul word. Die totaal van die tydskrifte in voorraad moet van die tydskrifkneg(te) verkry word. Die voorraadopname moet onder die toesig van die sekretaris van die koördinerende gemeente gedoen word. Hy en die presiderende opsiener van die koördinerende gemeente moet die vorm teken. Elke koördinerende gemeente sal drie lektuurinventaris-vorms (S-18) ontvang. Stuur die oorspronklike vorm asseblief voor of op 6 September na die takkantoor. Hou ’n afskrif vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word.
◼ Van 30 Augustus tot 3 September 2004 sal ’n inventaris opgestel word van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. Gevolglik sal daar op hierdie dae geen gemeentelike lektuuraanvrae vir versending behartig word nie.
◼ Gemeentes moet onmiddellik begin om lapelkaartjies vir die 2004-streekbyeenkoms saam met hulle September-lektuuraanvraag aan te vra. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Aanvrae wat laat is, sal nie aanvaar word nie. Stuur dit dus asseblief op die laatste saam met die lektuuraanvraag vir Oktober in. Lapelkaartjies sal slegs in Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees.