Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 30 Augustus 2004. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 5 Julie tot 30 Augustus 2004. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe kan ons die rede vir ons hoop “met sagmoedigheid en diep respek” verduidelik? (1 Pet. 3:15). [be-AF bl. 192 par. 2-4]
2. Waarom is dit belangrik om met oortuiging te praat? (Rom. 8:38, 39; 1 Tess. 1:5; 1 Pet. 5:12). [be-AF bl. 194] Ander sal sien dat ons vas glo aan wat ons sê. Ons oortuiging kan toon dat ons iets van groot waarde het om oor te dra en dit kan ander oorreed om wat ons sê, ernstig te oorweeg en daarop te reageer.
3. Hoe word oortuiging geopenbaar? [be-AF bl. 195 par. 3–bl. 196 par. 4]
4. Wat is takt, waarom is dit belangrik, en hoe kan ons taktvol en tog ferm wees? (Rom. 12:18). [be-AF bl. 197]
5. Wat sal ’n taktvolle persoon in ag neem voordat hy iets sê? (Spr. 25:11; Joh. 16:12). [be-AF bl. 199]
TOESPRAAK NR. 1
6. Hoe kan ons gesprekke en ons Bybelstudiegewoontes ’n aanduiding wees van ons vooruitgang in die waarheid? [be-AF bl. 74 par. 3–bl. 75 par. 2]
7. Wat beteken dit om “die geleë tyd vir julleself uit [te] koop”, en hoe kan ons dit doen? (Ef. 5:16). [w02-AF 11/15 bl. 23]
8. Hoe toon die Skrif duidelik dat alle mense voor God gelyk is, en hoe behoort dit ons bediening te raak? [w02-AF 1/1 bl. 5, 7]
9. Wat is die betekenis van die Skepper se unieke naam, Jehovah? [w02-AF 1/15 bl. 5]
10. Waarom was Abel se offerande “van groter waarde” as Kain s’n, en watter les kan ons hieruit leer in verband met ons “lofoffer”? (Heb. 11:4; 13:15). [w02-AF 1/15 bl. 21-2 par. 6-8]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Hoe kan Levitikus 18:3 ons help om nie ’n verdraaide sin vir reg en verkeerd te ontwikkel nie? (Ef. 4:17-19). (1, w02-AF 2/1 bl. 29)
12. Wat is profeties afgebeeld deur die “twee brode” wat gedurende die Fees van die Weke (Pinkster) deur die hoëpriester as “’n beweegoffer” aangebied is? (Lev. 23:15-17). [w98-AF 3/1 bl. 13 par. 21]
13. In watter sin sou ’n skuldige vrou se ‘dy inval’, in ’n geval van egbreuk soos dié wat in Numeri hoofstuk 5 genoem word? (Num. 5:27). [w84-AF 6/1 bl. 19 (w84 4/15 bl. 29)]
14. Waarom het Mirjam en Aäron teen Moses begin praat weens sy Kussitiese vrou? (Num. 12:1).
15. Wat was “die boek van die Oorloë van Jehovah”? (Num. 21:14).