Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/04 bl. 6
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Hersiening Van Spesiale Byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • ‘Skenk aandag aan hoe jy luister’
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 8/04 bl. 6

Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

As ons ’n waarskuwingsteken sien of hoor maar nie daarop ag slaan nie, kan die gevolge rampspoedig wees. Dit is selfs belangriker om in ooreenstemming met die geestelike leiding wat Jehovah voorsien, op te tree. Dit sal beklemtoon word tydens die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die komende diensjaar. Die tema is “Skenk aandag aan hoe julle luister”.—Luk. 8:18.

Die besoekende spreker sal in sy eerste toespraak bespreek hoe die raad in die eerste hoofstukke van Paulus se geïnspireerde brief aan die Hebreërs vandag op ons van toepassing is. In die slottoespraak, “Skenk voortdurend aandag aan goddelike onderrigting”, sal hy almal help om vas te stel of hulle werklik na Jehovah, sy Seun en “die getroue en verstandige slaaf” luister.—Matt. 24:45.

Etlike dele op die program sal besonder nuttig wees vir gesinne. “Gesinne wat na God se Woord luister sonder om afgelei te word” sal ons help om te voorkom dat die dinge van die wêreld ons geestelikheid ondermyn. Dit sal onderhoude insluit met diegene wat veranderinge gemaak het sodat hulle geestelike dinge eerste kan stel. “Hoe ons jongmense versterk word deur aandagtig na God se Woord te luister” sal onderhoude insluit met jongmense wat ’n standpunt vir die waarheid ingeneem het by die skool, teenoor hulle portuurs of in die bediening. “Kindertjies wat na God luister en leer” sal ons help om nie die leervermoë van jong kinders te onderskat nie. Onderhoude met jong kinders en hulle ouers sal ons help om te sien hoe voordelig dit is om kinders van kleins af in Jehovah se weë op te lei.

Terwyl Satan “die hele bewoonde aarde mislei”, toon Jehovah aan sy getroue knegte hoe hulle moet wandel (Op. 12:9; Jes. 30:21). Wanneer ons aandagtig na sy raad luister en gehoorsaam is deur dit in ons lewe toe te pas, maak dit ons wys, verskaf dit ons geluk en lei dit na die ewige lewe.—Spr. 8:32-35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel