Hersiening Van Spesiale Byeenkomsdag
Hierdie materiaal sal gebruik word om die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 2005-diensjaar vooraf te bespreek en om dit te hersien. Die artikel “Nuwe reëling om byeenkomsprogramme te hersien”, wat op bladsy 4 van hierdie byvoegsel verskyn, verduidelik hoe dit gedoen moet word. Gedurende die hersiening moet die tyd só ingedeel word dat al die vrae gevra kan word. Die hersiening moet die aandag vestig op hoe ons die inligting wat aangebied is, kan toepas.
OGGENDSESSIE
1. Waarom word dit al hoe belangriker om na Jehovah te luister? Wat beteken dit om te luister? (“Waarom ons na Jehovah se stem moet luister”)
2. Hoe kan gesinne volhou met ’n goeie program van geestelike bedrywighede? (“Gesinne wat na God se Woord luister sonder om afgelei te word”)
3. Hoe het verkondigers in die kring geleenthede aangegryp om informeel te getuig? (“Doen alles tot heerlikheid van God”)
4. Watter lesse kan ons leer uit die waarskuwende voorbeeld wat in Hebreërs hoofstukke 3 en 4 gemeld word? Hoe praat Jehovah vandag met ons? (“Dit is ’n beskerming as ons luister wanneer God praat”)
5. Hoe het jy by die dooptoespraak baat gevind? (“Toewyding en doop”)
MIDDAGSESSIE
6. Wat kan ons van Jesus as kind leer, en hoe kan jongmense in die kring sy voorbeeld navolg? (“Hoe ons jongmense versterk word deur aandagtig na God se Woord te luister”)
7. Wat is ’n paar maniere waarop ouers hulle babas en jong kinders in Jehovah se weë kan begin oplei? (“Kindertjies wat na God luister en leer”)
8. Wat is ’n paar spesifieke gebiede waarop ons aan Jehovah, sy Seun en “die getroue en verstandige slaaf” moet aandag skenk? (Matt. 24:45). Waarom is dit noodsaaklik dat ons dit doen? (“Skenk voortdurend aandag aan goddelike onderrigting”)