Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/03 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 12/03 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Andersins kan My boek met Bybelverhale of Die Bybel—God se woord of die mens s’n? gebruik word. Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe kan aangebied word as die gemeente dit in voorraad het. Januarie: Enige boek wat voor 1988 uitgegee is, wat die gemeente dalk in voorraad het. As julle dit nie in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan Die mensdom se soeke na God of Die geheim van gesinsgeluk aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging moet aangewend word om tuisbybelstudies te begin. As mense reeds hierdie publikasie het, kan Gee ag op Daniël se profesie! aangebied word.

◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Desember gedenkmaaluitnodigings vir 2004 begin aanvra. Hierdie uitnodigings is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Veelvoude van 100 per taal moet aangevra word. Vra die uitnodigings asseblief oordeelkundig aan, aangesien dit slegs vir belangstellendes bedoel is, en nie vir algemene verspreiding nie.

◼ Vanaf 15 Maart 2004 tot 16 Mei 2005 sal die boek Kom nader aan Jehovah by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word. Gemeentes wat die grootdrukuitgawe van hierdie publikasie wil hê, wat beskikbaar is in Engels, Portugees en Zulu, moet hulle aanvrae so vroeg as moontlik instuur.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel