Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/03 bl. 7
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 12/03 bl. 7

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 29 Desember 2003. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 3 November tot 29 Desember 2003. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Waarom is dit so belangrik om die Bybel in die veldbediening te gebruik? [be-AF bl. 145 par. 2, venster]

2. Hoe raak die konteks die manier waarop ’n teks ingelei word? [be-AF bl. 149]

3. Waarom is dit belangrik om die regte woorde te beklemtoon wanneer jy ’n Bybelteks lees, en hoe kan dit gedoen word? [be-AF bl. 151 par. 2, venster]

4. Hoe kan ons Paulus se raad toepas om ‘die woord van die waarheid reg te hanteer’ wanneer ons ander onderrig, en waarom is dit belangrik? (2 Tim. 2:15). [be-AF bl. 153 par. 2, venster]

5. Hoe het Paulus ‘uit die Skrif geredeneer’? (Hand. 17:2, 3). [be-AF bl. 155 par. 5–bl. 156 par. 1]

TOESPRAAK NR. 1

6. Waarom is dit nuttig om (1) die konteks van die verse te ondersoek, (2) kruisverwysings na te gaan en (3) inligting met behulp van ’n Bybelkonkordansie te soek, wanneer ons ons belangrikste navorsingshulp, die Bybel, gebruik om ’n toespraak voor te berei? [be-AF bl. 34 par. 3–bl. 35 par. 2]

7. Hoe word ware lojaliteit weerspieël, en teenoor wie moet dit betoon word? [w01-AF 10/1 bl. 22-3]

8. Wat toon dat Jehovah ’n akkurate tydhouer is? (Dan. 11:35-40; Luk. 21:24). [si-AF bl. 284 par. 1]

9. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons besluit watter punte om te gebruik nadat ons navorsing vir ’n toespraak gedoen het? [be-AF bl. 38]

10. Waarom is Jesus se stelling aangaande “die dae van Noag” vandag op ons situasie van toepassing? (Matt. 24:37) [w01-AF 11/15 bl. 31 par. 3-4]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Hoe toon Paulus se brief aan Filemon dat ’n Christen die opdrag het om individue te help om Christene te word, en nie om sosiale hervorming te bevorder nie? (Filem. 12).

12. Wat is die verskil tussen “wegdryf”, “terugtrek” en ‘afvallig word’? (Heb. 2:1; 3:12; 6:6) [w99-AF 7/15 bl. 19 par. 12; w86-AF 6/1 bl. 14 par. 16-17; w81-AF 2/15 bl. 22 par. 8 (w80 12/1 bl. 23 par. 8)]

13. Hoe kan ons keer dat die uitdrukking “as Jehovah wil” ’n alledaagse gesegde word? (Jak. 4:15). [cj bl. 171 par. 1-2]

14. Wat beteken dit om ‘die teenwoordigheid van die dag van Jehovah te verwag en goed in gedagte te hou’, en hoe kan ons dit doen? (2 Pet. 3:12) [w97-AF 9/1 bl. 19-20]

15. Watter belangrike raad vir Christene van vandag word gevind in die boodskappe aan die sewe gemeentes wat in Openbaring hoofstukke 2 en 3 genoem word? (Op. 2:4, 5, 10, 14, 20; 3:3, 10, 11, 17, 19)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel