Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/03 bl. 1
  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 2004

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 2004
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Hoe ons by die Teokratiese Bedieningskool baat vind
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Rooster vir nuwe gemeentelike vergadering
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Vind ten volle baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 12/03 bl. 1

Die Teokratiese Bedieningskool vir 2004

1 Jehovah rus gewone mense toe om werk van universele belang uit te voer. Een manier waarop hy dit doen, is deur die opleiding wat elke week by die Teokratiese Bedieningskool voorsien word. Het jy ’n volle deelname na gelang van jou omstandighede? In Januarie sal ’n paar aanpassings gemaak word met die doel om studente te help om die meeste by die reëlings baat te vind.

2 Bykomende raadgewer word afgewissel: Broers wat instruksietoesprake en Bybelglanspunte behartig, waardeer die wenke wat die bykomende raadgewer gee. In gemeentes met genoeg bekwame ouer manne kan die toewysing as bykomende raadgewer jaarliks afgewissel word. Sodoende kan die werklas gedeel word; maar nog belangriker, die ouer manne en bekwame bedieningsknegte sal baat vind by die gesamentlike ondervinding van ’n verskeidenheid ervare sprekers en onderrigters.

3 Roosterverandering vir die mondelinge hersiening: As julle gemeente gedurende die week van die mondelinge hersiening ’n kringbyeenkoms het, moet die hersiening (en die res van die week se rooster) tot die volgende week uitgestel word, en die volgende week se rooster sal tydens die kringbyeenkoms gedek word. Maar wanneer die mondelinge hersiening met die kringbesoek saamval, is dit nie nodig om die twee roosters in hulle geheel om te ruil nie. Die lied, die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid en die Bybelglanspunte moet aangebied word soos dit op die rooster verskyn. Die instruksietoespraak (wat ná die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid volg) op die volgende week se rooster moet gehou word. Die Bybelglanspunte sal deur ’n Diensvergadering van 30 minute gevolg word, wat aangepas kan word om drie dele van 10 minute elk of twee dele van 15 minute elk in te sluit. (Dit is nie nodig om met aankondigings te begin nie.) Die Diensvergadering sal gevolg word deur ’n lied en ’n program van 30 minute deur die kringopsiener. In die Teokratiese Bedieningskool vir die volgende week moet die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid en die Bybelglanspunte gehou word soos dit op die rooster verskyn, gevolg deur die mondelinge hersiening.

4 Benut elke geleentheid om geestelik te groei. Terwyl jy baat vind by jou opleiding in die Teokratiese Bedieningskool, moedig jy jou gemeente aan, speel jy ’n rol in die vervulling van Bybelprofesie en verheerlik jy die Outeur van die wonderlike boodskap wat ons moet verkondig.—Jes. 32:3, 4; Op. 9:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel