Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/03 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 8 Desember
  • Week wat begin met 15 Desember
  • Week wat begin met 22 Desember
  • Week wat begin met 29 Desember
  • Week wat begin met 5 Januarie
Ons Koninkryksbediening—2003
km 12/03 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 8 Desember

Lied 221

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Sit spesiale velddiensreëlings vir 16 Desember uiteen. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Desember en die Ontwaak! van 22 Desember aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig.

20 min: Gebruik die swaard van die gees (Ef. 6:17). Gehoorbespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsye 143-4. Laat gehoor kommentaar lewer oor die volgende vrae: (1) Waarom gebruik ons die Bybel wanneer ons mense se vrae beantwoord? (2) Wat sê die naam Jehovah se Getuies omtrent ons? (3) Watter voorbeeld het Jesus gestel, en hoe kan ons hom navolg? (4) Wat is ’n paar doeltreffende maniere om Bybelse gedagtes in die plaaslike gebied in te lei? (5) Waarom is dit raadsaam om, wanneer moontlik, regstreeks uit die Bybel te lees? (6) Hoe kan ouer manne ander aanmoedig om die Bybel goed te gebruik? Hou ’n goed voorbereide demonstrasie, gebaseer op die oefening op bladsy 144, waartydens ’n bekwame verkondiger ten minste een teks gebruik om ’n vraag te beantwoord. Moedig almal aan om dit hulle doelwit te maak om die Bybel te gebruik elke keer as hulle ’n getuienis gee.

15 min: “Die Teokratiese Bedieningskool vir 2004.” Toespraak deur die skoolopsiener. Sluit kommentare in oor die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2003.

Lied 108 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Desember

Lied 71

10 min: Plaaslike aankondigings. Sit spesiale velddiensreëlings vir 25 Desember en 1 Januarie uiteen.

15 min: Persoonlike studie—’n daad van aanbidding. ’n Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Oktober 2000, bladsye 14-15, paragrawe 6-10.

20 min: “Help diegene met ‘die regte gesindheid’.”a Gebruik die vrae wat voorsien word. Hersien die lys met wenke oor hoe om herbesoeke te doen in die venster op bladsy 3 van Ons Koninkryksbediening vir Maart 1997.

Lied 42 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Desember

Lied 10

15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus. Gebruik die wenke op bladsy 8 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Januarie en die Ontwaak! van 8 Januarie aangebied kan word.

15 min: Plaaslike behoeftes.

15 min: Dit bring seëninge mee om Bybelstudies te hou. Toespraak en gehoorbespreking. Vertel ’n paar ondervindinge uit ons publikasies oor progressiewe Bybelstudies (w00-AF 3/1 bl. 6; yb98 bl. 55-60). Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor wat ons uit die ondervindinge leer en hoe ons daarby baat vind om Bybelstudies te hou.

Lied 209 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Desember

Lied 200

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig alle verkondigers aan om hulle velddiensrapporte vir Desember in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Januarie.

15 min: Plaaslike ondervindinge. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het terwyl hulle in die plaaslike of ontoegekende gebied getuig het, of tydens informele getuienis by die werk, skool of elders.

20 min: “Soek na verdienstelikes.”b Pas die inligting plaaslik toe. Wanneer sal huisbewoners heel waarskynlik tuis wees? Watter resultate is al behaal deur laatmiddag of vroegaand te getuig? Watter metodes kan gebruik word om mense te bereik wat selde tuis is?

Lied 182 en slotgebed.

Week wat begin met 5 Januarie

Lied 103

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Julle arbeid is nie tevergeefs nie (1 Kor. 15:58). Gehoorbespreking. Reël vooraf dat verkondigers wat al baie jare lank bedrywig is, besonderhede oor die werk in die vroeë dae gee. Hoeveel het destyds met die gemeente omgegaan? Hoe groot was die gebied wat aan die gemeente toegewys is? Hoe het mense op die Koninkryksboodskap gereageer? Watter soort teenstand het julle ondervind? Hoe het die Koninkrykswerk oor die jare heen in die plaaslike gebied uitgebrei?

25 min: “Uitbreiding by die Suid-Afrikaanse takkantoor.” Toespraak met gehoordeelname. Prys die broers vir hulle milddadige bydraes vir die wêreldwye werk wanneer paragrawe 9-14 bespreek word. Maar moedig die verkondigers en die gemeente aan om weer eens na te dink oor hoe hulle deur middel van geldelike bydraes kan help om die koste verbonde aan die uitbreiding by die takkantoor te dek.

Lied 7 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel