Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 13 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 12 en hou twee realistiese demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Oktober en die Ontwaak! van 22 Oktober aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe ’n herbesoek op ’n belangstellende op ’n tydskrifroete gedoen word. Lê die grondslag vir die volgende besoek deur die aandag te vestig op die venster “In ons volgende nommer”.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1998, bl. 12, par. 7-8.
20 min: “Dien Jehovah met blydskap.”a (Almal moet die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002 byderhand hê vir hierdie bespreking.) Meld, nadat paragraaf 4 bespreek is, dat ons gedurende November die Vereis-brosjure en die Kennis-boek sal aanbied. Hersien kortliks een van die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002. Hou dan ’n oefensessie waarin hierdie aanbieding gedemonstreer word. Moedig almal aan om goed voor te berei vir die bediening.
15 min: “Kom byeen om Jehovah te loof.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Spoor almal aan om elke sessie by te woon, van die eerste dag af tot die Sondagmiddag. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om nie net te luister nie, maar om toe te pas wat ons leer. In Februarie sal ’n hersiening van die byeenkomshoogtepunte gehou word. Spoor almal aan om aantekeninge te maak.
Lied 172 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Gee ’n kort verslag oor die ontoegekendegebied-kampanje. Bespreek finale reëlings vir die naweek van 1 en 2 November 2003 en spoor almal aan om ’n deelname te hê.
15 min: “Die trefkrag van video’s wat ’n getuienis gee.” Gehoorbespreking. Bespreek die voorbeelde in die artikel kortliks en vra die verkondigers dan om te vertel watter sukses hulle behaal het toe hulle die video’s vir ander gewys het. Gemeentes wat nie videotoerusting tot hulle beskikking het nie, kan plaaslike behoeftes bespreek.
20 min: “Goed versorgde kleredrag vereer God.”c Moet deur ’n ouer man behartig word. Gebruik die vrae wat voorsien word. Laat ’n broer wat ’n goeie leser is, elke paragraaf lees.
Lied 112 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Oktober in te gee. Spoor almal aan om hulle aantekeninge van die spesiale byeenkomsdag vir die afgelope diensjaar te hersien, ter voorbereiding van volgende week se Diensvergadering. Gebruik die wenke op bladsy 12 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 1 November en die Ontwaak! van 8 November aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die gesprekdemper “Ek stel nie belang nie” oorkom kan word.—Sien die Redenering-boek, bl. 16.
20 min: “Wees gesond van verstand namate die einde nader kom.”d Vra verkondigers watter geestelike doelwitte hulle op die oomblik nastreef, wanneer paragrawe 3-4 bespreek word. Sluit kommentare in oor bladsy 176 van die Aanbid God-boek.
15 min: “Stel ’n voorbeeld in goeie werke.”e Gebruik die vrae wat voorsien word. Beklemtoon dat dit belangrik is om te bly by die reëlings vir huisvesting wat tot ons voordeel getref is. Verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat almal goeie gedrag handhaaf.
Lied 52 en slotgebed.
Week wat begin met 3 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
10 min: Plaaslike behoeftes.
25 min: Wees ryk in goeie werke (1 Tim. 6:18). Ouer man gebruik die vrae wat hieronder voorsien word en hou ’n gehoorbespreking van die program vir die spesiale byeenkomsdag wat die afgelope diensjaar gehou is. Nooi die gemeente om te vertel hoe hulle toegepas het wat hulle geleer het. (Dele kan vooraf toegewys word.) Vestig die aandag op die volgende programdele: (1) “Goeie werke bring groot voordele mee” (Pred. 2:11). Waarom doen knegte van God eerder die goeie werke wat in God se Woord beskryf word as om die nietige werke van hierdie wêreld na te streef? (2) “Wees ryk in God se oë” (Matt. 6:20). Hoe het party ‘skatte in die hemel opgegaar’, en wat was die voordele? (3) “Verryk jou bediening met ’n Bybelstudie” (om-AF bl. 91). Wat kan ons help om ’n Bybelstudie te begin en te hou? (4) “Goeie werke in hierdie oestyd” (Matt. 13:37-39). Watter voorbeeld het die vroeë Christene gestel wat goeie werke betref, en hoe het die Koninkrykspredikingswerk in ons dag uitgebrei? (5) “Laat julle goeie werke Jehovah verheerlik” (Matt. 5:14-16). Hoe het party ‘hulle lig laat skyn’? (6) “Prys jongmense vir goeie werke waarmee hulle Jehovah loof” (Ps. 148:12, 13). Hoe bring Christenjongmense in ons kring lof aan Jehovah? (7) “Gaan voort met goeie werke en ontvang Jehovah se seëninge” (Spr. 10:22). Watter seëninge kan ons as individue, as ’n gesin, as ’n gemeente en as ’n wêreldwye organisasie ontvang as ons besig bly met goeie werke?
Lied 180 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.