Teokratiese nuus
◼ Op 10 Mei 2003 het die Mankurwane-gemeente in Kimberley hulle Koninkryksaal toegewy. Die Springbok-gemeente was verheug toe hulle nuwe Koninkryksaal op 17 Mei toegewy is. (Die Streekboukomitee van Kaapstad en ander het goedgunstiglik gehelp met hierdie verafgeleë projek.) Die Reitz-gemeente in die Vrystaat se Koninkryksaal is op 31 Mei toegewy.
Ons wil al die broers en susters wat hulle tyd en middele liefdevol aangebied het om met Koninkryksaalbouwerk te help, hartlik bedank. Julle opofferings word opreg waardeer, veral deur Jehovah God. Ons wil almal wat besig is om hulle Koninkryksaal te bou, aanmoedig om voort te gaan met hulle harde werk om die projek te voltooi.