Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 25 Augustus 2003. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 7 Julie tot 25 Augustus 2003. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Watter voordele hou dit in om oogkontak te maak wanneer ons met mense in die bediening gesels? [be-AF bl. 125 par. 1-2; bl. 125 venster]
2. Wat kan jou help as jy senuweeagtig raak voordat jy aan die bediening deelneem? [be-AF bl. 128 par. 4-5]
3. Wat sal jou help om ’n toespraak van die verhoog af op ’n natuurlike geselstrant te hou? [be-AF bl. 129 par. 2; bl. 129 venster]
4. Watter uitwerking moet die beginsels in Levitikus 16:4, 24, 26, 28; Johannes 13:10 en Openbaring 19:8 op ons persoonlike voorkoms hê, en waarom is dit belangrik? [be-AF bl. 131 par. 3; bl. 131 venster]
5. Beskryf iemand wat beskeie is en “gesonde verstand” het (1 Tim. 2:9, 10). [be-AF bl. 132 par. 1]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat word nie onder Christene geduld nie, hoewel hulle mekaar geduldig moet verdra? (Kol. 3:13). [w01-AF 7/15 bl. 22 par. 7-8]
7. Waar of onwaar: ’n Ranggetal is ’n volle getal. Verduidelik. [si-AF bl. 282 par. 24-5]
8. Wat is die suiwerste beweegrede wat ons kan hê om God se Woord te lees, en waarom is dit belangrik om hierdie beweegrede te hê? [be-AF bl. 24 par. 1]
9. Hoe “bewaar” ’n wyse persoon “kennis as ’n skat”? (Spr. 10:14). [w01-AF 7/15 bl. 27 par. 4-5]
10. Waarom is Job se goeie gewoontes opmerkenswaardig? (Job 1:1, 8; 2:3). [w01-AF 8/1 bl. 20 par. 4]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Wat het die lede van die bestuursliggaam in staat gestel om tot die “eenparige besluit” te kom dat nie-Joodse gelowiges nie besny hoef te word om redding te ontvang nie? (Hand. 15:25).
12. Hoe kon die bestuursliggaam Paulus vra om sekere vereistes van die Mosaïese Wet na te kom as die Wet deur Jehovah afgeskaf is? (Hand. 21:20-26). [it-1 bl. 481 par. 3; it-2 bl. 1163 par. 6–bl. 1164 par. 1]
13. Watter valse aantygings teen die apostel Paulus herinner ons aan aanmerkings wat in onlangse tye teen Jehovah se Getuies gemaak is? (Hand. 24:5, 6). [w01-AF 12/15 bl. 22 par. 7–bl. 23 par. 2]
14. Hoe het Paulus ’n voorbeeld as ’n Koninkryksverkondiger gestel selfs toe hy twee jaar lank onder huisarres was? (Hand. 28:30, 31).
15. In watter opsig is “die hoër owerhede” deel van “die reëling van God”, en hoe moet dit Christene raak? (Rom. 13:1, 2). [w00-AF 8/1 bl. 4 par. 5]