Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/03 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2003
Ons Koninkryksbediening—2003
km 8/03 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Waar gepas, kan die volgende brosjures aangebied word: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, of A Satisfying Life—How to Attain It, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Bied individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! aan. Bied die Vereis-brosjure aan as iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin.

◼ Van die week van 20 Oktober 2003 af sal ons die boek Aanbid die enigste ware God in die Gemeentelike Boekstudie studeer.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Sodra dit gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word.

◼ Die jaarlikse inventaris van alle lektuur en tydskrifte in voorraad moet op of so na as moontlik aan 31 Augustus 2003 opgestel word. Hierdie inventaris kom ooreen met die maandelikse opname deur die lektuurkoördineerder, en die totale moet op die Lektuurinventaris-vorm (S-18) ingevul word. Die tydskrifkneg(te) moet gevra word hoeveel tydskrifte in voorraad is. Die sekretaris van die koördinerende gemeente moet die inventaris nagaan. Hy en die presiderende opsiener van die koördinerende gemeente moet die vorm teken. Elke koördinerende gemeente sal drie Lektuurinventaris-vorms (S-18) ontvang. Stuur die oorspronklike vorm asseblief voor of op 6 September na die takkantoor. Hou ’n afskrif vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkblad gebruik word.

◼ Van 25 tot 30 Augustus 2003 sal ’n inventaris opgestel word van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. Gevolglik sal daar op hierdie dae geen gemeentelike lektuuraanvrae vir versending behartig word nie.

◼ Let asseblief op dat die faksnommer vir die Lektuurafdeling verander het na (011) 761-1380 en dat die verandering dadelik in werking tree. Maar ons moedig almal aan om steeds hulle lektuuraanvrae met die vragmotor of per pos in te stuur.

◼ Gemeentes moet onmiddellik begin om lapelkaartjies vir die 2003-streekbyeenkoms saam met hulle September-lektuuraanvraag aan te vra. Lapelkaartjies sal slegs in Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Aanvrae wat laat is, sal nie aanvaar word nie. Stuur dit dus asseblief op die laatste saam met die lektuuraanvraag vir Oktober in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel