Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/03 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 Januarie
  • Week wat begin met 20 Januarie
  • Week wat begin met 27 Januarie
  • Week wat begin met 3 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2003
km 1/03 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 13 Januarie

Lied 69

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Januarie en die Ontwaak! van 22 Januarie aangebied kan word. In elke geval moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig.

15 min: Ondersoek jy die Skrif elke dag? Toespraak en gehoorbespreking. Moedig almal aan om goed gebruik te maak van Ondersoek die Skrif elke dag—2003. Bespreek kommentare uit die voorwoord, bladsye 3-4. Gee wenke oor hoe gesinne die teks saam kan bespreek. Bespreek twee of drie voorbeelde van tekste en kommentare wat in die volgende maand voorkom om te toon watter voordele dit inhou om elke dag die teks te bespreek. Sluit ’n kort demonstrasie in van ’n man en vrou wat vandag se teks en kommentare saam bespreek.

20 min: “Ons moet ons toewyding naleef.”a Nadat paragraaf 3 bespreek is, moet ’n kort onderhoud gevoer word met ’n jong volwassene of tiener wat gedoop is. Voor watter uitdagings het hy te staan gekom vandat hy gedoop is? Wat het hom gehelp om hierdie uitdagings die hoof te bied? Watter voordele geniet hy omdat hy sy lewe aan Jehovah toegewy het?

Lied 22 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Januarie

Lied 44

8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

22 min: “Leer ander die suiwer taal.”b Nadat paragraaf 6 bespreek is, moet ’n bekwame verkondiger demonstreer hoe om tydens ’n herbesoek ’n Bybelstudie by die deur te begin deur een van die aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002, bladsy 4, te gebruik. Sluit ’n bespreking van een paragraaf in die Vereis-brosjure in. Laat verkondiger afsluit deur ’n vraag oor die volgende paragraaf te opper en te reël om dit tydens die volgende besoek te beantwoord. Moedig almal aan om te dink wie van hulle herbesoeke gewillig sal wees om die Bybel op hierdie manier te studeer.

15 min: Hulp om God se wet oor bloed te gehoorsaam. Toespraak deur ’n bekwame ouer man, gebaseer op die skets wat die takkantoor voorsien het. Die sekretaris moet genoeg van die volgende items byderhand hê: “Advance Medical Directive/Release”-kaart en “Identity Card”. Hierdie dokumente sal ná vanaand se vergadering aan gedoopte verkondigers beskikbaar gestel word, maar dit MOENIE vanaand ingevul word nie. Die kaarte kan by die volgende Gemeentelike Boekstudie deur die verkondigers en dié wat as getuies optree, geteken en gedateer word, en die boekstudieopsiener kan, waar nodig, hulp verleen. Dié wat as getuies teken, moet self sien dat die persoon die dokument teken. Ongedoopte verkondigers kan vir hulleself en hulle kinders ’n dokument opstel deur die bewoording van hierdie kaarte by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas.

Lied 68 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Januarie

Lied 92

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir hulle boekstudieopsieners te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 1 Februarie en die Ontwaak! van 8 Februarie aangebied kan word. Laat die verkondiger in elke geval afsluit deur die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? vir die huisbewoner te gee—vir een wat nie die tydskrifte neem nie en vir een wat dit wel neem. Verduidelik kortliks hoe ons herbesoeke kan doen by diegene by wie ons tydskrifte en die traktaat gelaat het.—Sien Ons Koninkryksbediening vir November 2001, bl. 4, par. 10.

15 min: Sonder ’n woord gewen. Toespraak en gehoorbespreking. Goeie Christelike gedrag is ’n kragtige getuienis. Dit het party ongelowige huweliksmaats beweeg om aanbidders van Jehovah te word (1 Pet. 3:1, 2). Vertel ondervindinge uit Die Wagtoring van 1 Januarie 1999, bladsy 4; Die Wagtoring van 1 Oktober 1995, bladsye 10-11 en die 1995 Yearbook, bladsy 46. Reël vooraf dat twee of drie kommentaar lewer oor die positiewe resultate wat hulle gesien het toe die Bybel se raad in hierdie opsig gevolg is.

20 min: Plaaslike behoeftes.

Lied 124 en slotgebed.

Week wat begin met 3 Februarie

Lied 9

15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien Vraebus. Moedig verkondigers aan om die “Volg asseblief op”-vorm (S-43) te gebruik wanneer hulle dowe, Portugeessprekende of anderstalige mense ontmoet, soos verduidelik in die brief aan alle gemeentes van 1 Junie 2000. Die vorm moet hiervoor gebruik word selfs al toon die persoon nie belangstelling in die Koninkryksboodskap nie.

12 min: Volg hulle geloof na. Voer ’n onderhoud met ’n ouer man wat Jehovah al jare lank nederig en getrou dien (Heb. 13:7). Hoe het hy die waarheid leer ken? Watter struikelblokke het hy oorkom om sy standpunt in te neem? Watter geestelike voorsienings of aanmoediging het hom gehelp om te vorder? Wat het hy gedoen om in die gemeente na ’n opsienersamp te streef? (1 Tim. 3:1). Wat het hom gehelp om gemeentelike verantwoordelikhede in ewewig te hou met sekulêre en gesinsverpligtinge? (1 Tim. 5:8). Hoe voel hy oor die voorreg om ander in die gemeente te help?

18 min: “’n Werk wat nederigheid vereis.”c Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet gehoor genooi word om wenke te gee oor hoe ons moet reageer as iemand in die gebied ons probeer spot of ongeskik, stryerig of kwaad is. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet kommentare ingesluit word uit Insight, Deel 1, bladsy 1160, paragraaf 3.

Lied 133 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel