Diensvergaderingrooster
LET WEL: In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomsmaande. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Ywerige Koninkryksverkondigers”-streekbyeenkoms kan bywoon. Waar gepas kan julle 15 minute van die laaste Diensvergadering voordat julle die streekbyeenkoms bywoon, gebruik om spesifieke raad uit die byvoegsel vir Oktober wat plaaslik van toepassing is, te herhaal. Gedurende Februarie 2003 sal ’n hele Diensvergadering gereël word om byeenkomshoogtepunte te hersien. Ter voorbereiding vir daardie bespreking kan ons almal sinvolle aantekeninge by die byeenkoms maak, wat ’n lys punte insluit wat ons in ons eie lewe en in die veldbediening wil toepas. Dan kan ons verduidelik hoe ons hierdie wenke toegepas het vandat ons die streekbyeenkoms bygewoon het. Dit sal vir ons almal opbouend wees om te hoor hoe ander baat gevind het by die goeie onderrigting wat ons ontvang het.
Week wat begin met 9 Desember
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Desember en die Ontwaak! van 22 Desember aangebied kan word.
15 min: “Verkondig die Koninkryksboodskap.”a Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet wenke ingesluit word oor hoe ons direk uit die Bybel kan lees wanneer ons die goeie nuus verkondig.—km-AF 12/01 bl. 1 par. 3.
15 min: Dié wat insig het, sal verstaan (Dan. 12:3, 10). ’n Demonstrasie. Belangstellende vra: “Hoe kan ek seker wees dat julle die regte begrip het van wat die Bybel leer?” Verkondiger verduidelik hoe om die onderwerpstudiemetode te gebruik wanneer Bybelnavorsing gedoen word (w96-AF 5/15 bl. 19-20). Hy gebruik een of twee voorbeelde uit die Redenering-boek, bladsye 25-29, en toon hoe ons ’n begrip verkry het van God se voorneme met die aarde deur Bybeltekste sorgvuldig te ontleed. Verkondiger verduidelik hoe dieselfde metode gebruik kan word om ander Bybelleringe reg te verstaan en bied ’n Bybelstudie aan.
Lied 119 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Sit spesiale velddiensreëlings vir 25 Desember en 1 Januarie uiteen.
20 min: Dra vrug in elke goeie werk. Toespraak met gehoordeelname. Moet deur ’n ouer man behartig word. Hersien die geskiedenis en vooruitgang van die plaaslike gemeente, met inbegrip van die pogings wat tot die stigting van die gemeente gelei het. Reël vooraf dat party wat toe in die gemeente was, aanmoedigende ondervindinge vertel. Bespreek die vooruitsigte op verdere vermeerdering, en moedig almal aan om gemeentelike bedrywighede ywerig te ondersteun.
15 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 154 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Januarie en die Ontwaak! van 8 Januarie aangebied kan word.
20 min: “Dra jy by tot ’n akkurate rapport?”b Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet kommentare uit Ons Bediening-boek, bladsye 106-8, ingesluit word.
15 min: Plaaslike ondervindinge. Nooi die gemeente om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het terwyl hulle na die streekbyeenkoms toe en terug gereis het, by die byeenkoms was of informele getuieniswerk gedoen het by die werk, by die skool, toe hulle inkopies gedoen het, ensovoorts.
Lied 165 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember aan hulle Gemeentelike Boekstudieopsiener te gee. As julle gemeente se vergaderingtye vir die nuwe jaar gaan verander, moet almal vriendelik aangemoedig word om die vergaderinge gereeld op die nuwe tye by te woon. Meld die lektuuraanbod vir Januarie en vestig die aandag op die boeke wat die gemeente in voorraad het.
20 min: Gebruik die Redenering-boek om ander te bemoedig. Gehoorbespreking. Almal het van tyd tot tyd liefdevolle bemoediging nodig. Dit moet dus vir ons almal belangrik wees om ‘vertroostend te praat’ met ander, insluitende die terneergedruktes wat ons in die bediening ontmoet (1 Tess. 5:14). Gebruik die Redenering-boek en nooi die gehoor om te sê watter skriftuurlike bemoediging hulle iemand kan gee wat een van die beproewinge verduur wat op bladsye 65-68 uiteengesit word. Stel voor dat elkeen iemand probeer bemoedig wanneer dit ook al nodig is.—Gal. 6:10.
15 min: “Vind baat by openbare toesprake.”c Moet behartig word deur die presiderende opsiener of ’n ouer man wat na openbare toesprake omsien. Pas die inligting plaaslik toe.
Lied 147 en slotgebed.
Week wat begin met 6 Januarie
5 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Onthou getroue bejaardes.”d Sluit kommentare in oor Die Wagtoring van 1 Augustus 1994, bladsy 29. Meld die voorsiening dat die siekes velddienstyd in eenhede van 15 minute kan rapporteer. Reël dat ’n paar ondervindinge vertel word wat toon hoe omgang met hierdie broers en susters wedersydse seëninge meebring.
20 min: Ons skaam ons nie vir die goeie nuus nie (Rom. 1:16). Jong persoon nader sy of haar pa met ’n probleem. Jong persoon is huiwerig om as een van Jehovah se Getuies geïdentifiseer te word omdat hy bang is dat sy maats hom gaan spot. Pa bedank kind omdat hy eerlik is oor die saak. Hy vertel hoe Petrus een keer gereageer het as gevolg van portuurdruk (Matt. 26:69-74). Pa gee die volgende raad: Ons moet ons nooit skaam vir wie ons as Christene is nie (Mark. 8:38). Dit is voordelig om jou by die skool as ’n Getuie te identifiseer. Wanneer onderwysers dit weet, sal baie van hulle jou oortuigings respekteer en jou nie by bedrywighede probeer betrek waarteen jy beswaar het nie. Beginsellose jongmense sal waarskynlik nie druk op jou probeer uitoefen om iets verkeerds te doen nie. Ander klasmaats sal makliker verstaan waarom jy verkies om nie afsprake te maak of aan buitemuurse sport of naskoolse bedrywighede deel te neem nie. Na gelang van tyd bespreek die pa en kind punte onder die onderhofie “Verkondig jou vriendskap met God in die openbaar” in die Jongmense vra-boek, bladsye 315-18. Tiener spreek waardering uit vir die goeie raad.
Lied 79 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.