Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/02 bl. 2-4
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2002
Ons Koninkryksbediening—2002
km 12/02 bl. 2-4

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 2 September tot 23 Desember 2002. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Om oor Jehovah se wonderlike eienskappe te peins, is ’n noodsaaklike stap as ons nader aan hom wil kom (Ps. 143:5). [w00-AF 10/15 bl. 4 par. 6]

2. Die samevoeging van die twee stukke hout wat in Esegiël 37:15-24 gemeld word, het ’n hedendaagse parallel deurdat die getroue gesalfdes in 1919 onder Christus, hulle “een Koning” en “een herder”, verenig is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 25 par. 13.]

3. Hoewel hoër kritici van die Bybel die historiese egtheid van die boek Daniël betwis het, het argeologiese vondste deur die jare heen hulle bewerings heeltemal weerlê. [si-AF bl. 138 par. 4]

4. Wanneer ons iets hoor uit ’n skynbaar gesaghebbende bron of van iemand wat beweer dat hy baie kennis het, is daar geen goeie rede om dit as onwaar te verwerp nie. [w00-AF 12/1 bl. 29 par. 7-8]

5. Die uitdrukking “die klein profete” dui gepas daarop dat die laaste 12 boeke van die Hebreeuse Geskrifte minder belangrik is. [si-AF bl. 143 par. 1]

6. Amos was een van “die profeteseuns” toe Jehovah hom geroep en hom gestuur het om teen Juda en Israel te profeteer (2 Kon. 2:3). [si-AF bl. 148 par. 1]

7. Obadja 16 voorspel ’n volksuitwissing vir die Edomitiese volk omdat hulle Juda gehaat het (Obad. 12). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 4/15 bl. 30 venster.]

8. Die “suiwer taal” waarvan Sefanja 3:9 praat, sluit ’n juiste begrip in van die waarheid aangaande God en sy voornemens. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w01-AF 2/15 bl. 27 par. 18.]

9. Die rede waarom Jesus intense emosionele druk in die tuin van Getsemane ondervind het, is omdat hy bekommerd was oor hoe sy dood as ’n veragtelike misdadiger Jehovah en Sy heilige naam sou raak (Matt. 26:38; Luk. 22:44). [w00-AF 11/15 bl. 23 par. 1]

10. Die “Filistyn” wat “soos ’n sjeik in Juda” word, soos beskryf in Sagaria 9:6, 7, is ’n profetiese beskrywing van lede van die ander skape van vandag wat deur “die getroue en verstandige slaaf” opgelei en die nodige gesag gegee word (Matt. 24:45). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 7/1 bl. 23 par. 14.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Hoe kan ons verantwoordelikheid om vir ander te getuig, vergelyk word met Esegiël se verantwoordelikheid as ’n wag? (Eseg. 33:1-11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 1/1 bl. 28 par. 13.]

12. Watter parallel met Esegiël se visioen van die droë bene is in hedendaagse tye gesien? (Eseg. 37:5-10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 24 par. 12.]

13. Wat is die oortuigendste bewys van die Goddelike inspirasie van die boek Sagaria? [si-AF bl. 169 par. 5]

14. Wat beeld die stad in Esegiël se visioen af? (Eseg. 48:15-17). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 3/1 bl. 18 par. 22.]

15. Hoe kan daar op grond van Jesaja 2:2-4 geredeneer word dat Bybelprofesie nie spesifiek deur hedendaagse gebeure in Israel vervul word nie? [rs-AF bl. 244 par. 2]

16. Watter les kan geleer word uit Daniël se reaksie op die koning se bevel dat daar 30 dae lank geen versoek tot enige god of mens behalwe tot die koning gerig word nie? (Dan. 6:7-10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien dp-AF bl. 125 par. 25-8.]

17. Tydens die verkondiging van watter boodskap van Jehovah was die oorblyfsel soos ’n leeu onder die nasies? (Miga 5:8). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w81-AF 10/1 bl. 23 par. 10 (w81 7/15 bl. 23 par. 10).]

18. Wat word bedoel met die uitdrukking in Habakuk 3:14 “met sy eie stawwe het u die kop van sy krygsmanne deurboor”? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w00-AF 2/1 bl. 22 par. 15; w81-AF 10/15 bl. 29 par. 5-6 (w81 8/1 bl. 29 par. 6-7).]

19. Wat word aangedui deur die gebruik van die woord “moontlik” in Sefanja 2:3? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w01-AF 2/15 bl. 19 par. 8.]

20. Hoe het Jehovah, volgens Sagaria 8:6, in die jare sedert 1919 dinge laat geskied wat dalk uit ’n menslike oogpunt te moeilik gelyk het? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w96-AF 1/1 bl. 16 par. 18-19.]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende stellings te voltooi:

21. Ons praat met Jehovah deur middel van ․․․․․․․․, wat eerbiedige spraak met God is; die vernaamste manier waarop hy op sy beurt met ons praat, is deur middel van sy ․․․․․․․․ (Ps. 65:2; 2 Tim. 3:16). [w00-AF 10/15 bl. 5 par. 2-3]

22. Jesus Christus kan as Migael geïdentifiseer word deur Judas 9 te vergelyk met 1 Tessalonisense 4:16, waar Jesus Christus se bevel dat die opstanding moet begin, beskryf word as “․․․․․․․․”; daarbenewens beteken die naam Migael “․․․․․․․․” wat klaarblyklik daarop dui dat Jesus die een is wat die leiding gee met die verdediging van Jehovah se soewereiniteit en die vernietiging van God se vyande. [rs-AF bl. 238 par. 4–bl. 239 par. 1]

23. “Die uitgang van die woord om Jerusalem te herstel en te herbou” het in ․․․․․․․․ plaasgevind, wat die begin was van die 69 weke van jare, en dit het in ․․․․․․․․ geëindig toe die Messias verskyn het (Dan. 9:25). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien dp-AF bl. 190 par. 20–​bl. 191 par. 22.]

24. Joël 2:31, wat vertel van die son wat in duisternis verander, kom ooreen met Matteus 24:29, 30 waar ․․․․․․․․ die tyd beskryf wanneer hy as die Seun van die mens met ․․․․․․․․ kom. [si-AF bl. 147 par. 13]

25. ․․․․․․․․ se profesie aangaande Assirië en sy hoofstad, ․․․․․․․․, verheerlik Jehovah se geregtigheid en oppermag, en ons kan daarvan seker wees dat Jehovah al die goddeloses sal straf. [si-AF bl. 160 par. 11]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende stellings:

26. Die boek Esegiël benadruk dat Jehovah (vrygewig; nederig; heilig) is en maak bekend dat (die ontwikkeling van ’n mens se persoonlikheid; die heiliging van Jehovah se naam; goeie buurmanskap) belangriker as enigiets anders is. [si-AF bl. 137 par. 33]

27. Esegiël, wat gedurende dieselfde tyd as Daniël geleef het, bevestig dat Daniël werklik bestaan het deur hom saam met (Noag en Job; Moses en Josua; Elia en Elisa) te noem. [si-AF bl. 138 par. 2]

28. In ooreenstemming met Daniël 2:34, 35, 45 word (Armageddon; kragtige oordeelsboodskappe wat deur God se volk verkondig word; die Messiaanse Koninkryk) afgebeeld deur die klip wat die beeld tref en verbrysel. [si-AF bl. 142 par. 20, 23]

29. Die simboliese nasie sprinkane wat in Joël 1:4-6 gemeld word, stel (die nasie Israel; gesalfde Christene; die Romeinse leërs) voor (Hand. 2:1, 14-17). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w98-AF 5/1 bl. 9 par. 9.]

30. “Die koninkryk van die Seun van sy liefde”, wat in Kolossense 1:13 gemeld word, is (die Messiaanse Koninkryk; Christus se heerskappy oor die Christengemeente vanaf Pinkster 33 G.J.; die Duisendjarige heerskappy van Christus). [rs-AF bl. 252 par. 8]

Paar die volgende tekste af met die stellings hieronder:

Hos. 6:6; Joël 2:32; Sag. 4:6, 7; 13:3; Rom. 12:2

31. Ons moet nie toelaat dat die kulturele of sekulêre standaarde van hierdie stelsel van dinge ons denke vorm nie. [w00-AF 11/1 bl. 21 par. 5]

32. Wat God behaag, is nie ’n menigte offerandes wat in vormdiens gebring word nie, maar blyke van lojale liefde wat op kennis van hom gegrond is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien si-AF bl. 145 par. 16.]

33. Dit is noodsaaklik vir redding om die Goddelike naam te ken, te eerbiedig en op die Een wat dit dra, te vertrou. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 3/15 bl. 30 venster.]

34. God se voorneme word nie deur enige menslike krag volbring nie, maar deur middel van sy gees, wat sy knegte help om struikelblokke wat soos ’n berg lyk, te oorkom en in sy diens te volhard. [si-AF bl. 169 par. 2]

35. Die lojaliteit wat Jehovah se organisasie kenmerk, oortref elke menslike verhouding, soos dié van naverwante. [si-AF bl. 171 par. 24]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel