Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Die geheim van gesinsgeluk. Gemeentes wat Die mensdom se soeke na God in voorraad het, kan dit ook aanbied. Februarie en Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin.
◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir die jaar 2004 op Sondag, 4 April, ná sononder gehou sal word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry. Die ouer manne moet ’n ooreenkoms met die bestuur tref wat verseker dat daar geen steurnisse weens ander bedrywighede in die gebou sal wees nie, sodat die Gedenkmaalviering onverstoord en ordelik kan geskied. Omdat dit so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne, wanneer hulle die Gedenkmaaltoespraak aan ’n spreker toewys, een van die bekwamer ouer manne kies en nie net beurte maak of elke jaar dieselfde broer gebruik nie. As daar ’n bekwame ouer man van die gesalfdes is wat die toespraak kan hou, moet julle hom gebruik.
◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Desember gedenkmaaluitnodigings vir 2003 begin aanvra. Die uitnodigings is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Veelvoude van 100 per taal moet aangevra word. Vra die uitnodigings asseblief oordeelkundig aan, aangesien dit slegs vir belangstellendes bedoel is, en nie vir algemene verspreiding nie.
◼ Gemeentes wat dit nog nie gedoen het nie, moet die “Advance Medical Directive/Release”-kaarte en “Identity”-kaarte saam met hulle lektuuraanvraag vir Desember aanvra. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Moenie hierdie kaarte uitdeel nie. Hou dit totdat julle verdere instruksies in Ons Koninkryksbediening ontvang.
◼ Vanaf die nommer van 1 Januarie 2003 sal Die Wagtoring in Luvale as ’n halfmaandelikse uitgawe verskyn.
◼ ’n Aanpassing word gemaak in die manier waarop die Teokratiese Bedieningskool gedurende die besoek van die kringopsiener gehou sal word. Vanaf Januarie 2003 sal die skool, ná die openingslied en -gebed, sowat 25 minute duur. Dit sal bestaan uit ’n toespraak van vyf minute oor ’n spraakhoedanigheid, ’n instruksietoespraak van tien minute en Bybelglanspunte van tien minute. Toesprake nr. 2, 3 en 4 sal nie gehou word nie. Daarna sal die Diensvergadering gehou word, wat ’n halfuur sal duur. Ná ’n lied sal daar ’n toespraak van ’n halfuur deur die kringopsiener wees, wat deur die slotlied en -gebed gevolg sal word.