Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 November en die Ontwaak! van 22 November aangebied kan word. Verduidelik in een van die demonstrasies hoe ons wêreldwye werk gefinansier word.—Sien Die Wagtoring, bladsy 2, of die Ontwaak!, bladsy 5.
15 min: Ondersteuners van ware aanbidding—destyds en vandag. ’n Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 November 2002, bladsye 26-30.
20 min: “Ondersteun jou Gemeentelike Boekstudieopsiener.”a Moet deur ’n ouer man behartig word wat ’n Gemeentelike Boekstudieopsiener is. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet kommentare oor die Bedieningskool-boek, bladsy 70, ingesluit word. Prys die gemeente vir spesifieke maniere waarop hulle die boekstudiereëling ondersteun, en vestig vriendelik die aandag op gebiede waarop daar verbeter kan word.
Lied 114 en slotgebed.
Week wat begin met 18 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus.
10 min: Vraebus. Toespraak deur ’n bekwame ouer man.
25 min: “Gesinshoofde—Handhaaf ’n goeie geestelike roetine.” Hou ná ’n kort inleidende toespraak wat op paragrawe 1-3 gebaseer is, ’n gehoorbespreking van paragrawe 4-13. Lees na gelang van tyd paragrawe 7, 8, 11 en 12. Voer ’n onderhoud met een of twee ouers. Wat het hulle gesin gehelp om ’n ordelike roetine van geestelike bedrywighede te hê? Watter inspanning het dit geverg? Hoe het hulle baat gevind? Sluit af met kort kommentare gebaseer op paragraaf 14.
Lied 31 en slotgebed.
Week wat begin met 25 November
10 min: Plaaslike aankondigings. ’n Egpaar wat saam velddiens doen, demonstreer hoe die wenke op bladsy 8 gebruik kan word om die tydskrifte van 1 Desember en 8 Desember aan te bied. Die man bied Die Wagtoring en die vrou die Ontwaak! aan.
15 min: “Maak die waarheid oor Jesus bekend.”b Sluit kommentare in oor die Bedieningskool-boek, bladsy 278. Moedig almal aan om die handboek saam te bring na volgende week se Diensvergadering vir die deel “’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is”.
20 min: “Toon liefdevolle belangstelling in ‘vaderlose seuns’.” Begin met ’n toespraak van drie minute oor Jehovah se beskouing van vaderlose seuns en dogters, wat gebaseer is op paragraaf 1 en op Insight, Deel 1, bladsy 816. Bespreek die res van die artikel met behulp van vrae en antwoorde. Beklemtoon praktiese maniere waarop ander kan help en aanmoediging kan gee. Wanneer paragrawe 3-4 bespreek word, moet kort kommentare ingesluit word oor die Ontwaak! van 8 Oktober 1995, bladsye 8-9.
Lied 142 en slotgebed.
Week wat begin met 2 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir November aan hulle boekstudieopsiener te gee. Prys almal wat aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem het. Lewer verslag oor wat bereik is en vertel enige interessante ondervindinge. Hersien kortliks ’n aanbieding wat gebruik kan word wanneer die Grootste mens-boek aangebied word.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Junie 1998, bladsy 8.
12 min: Plaaslike behoeftes.
23 min: “’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is.” Gehoorbespreking wat deur die skoolopsiener behartig moet word. Wek geesdrif vir die nuwe skoolprogram wat in Januarie gaan begin. Vestig die aandag op fasette van die “Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2003” in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2002. Verduidelik wat die vereistes is om by die skool aan te sluit, soos uiteengesit in die Bedieningskool-boek, bladsy 282, en moedig diegene aan wat dit nog nie gedoen het nie, om aan te sluit as hulle aan die vereistes voldoen.
Lied 127 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.