Teokratiese nuus
◼ Ons is bly om te bevestig dat 60 Koninkryksale gedurende die 2002-diensjaar toegewy is, wat ’n tweede opeenvolgende hoogtepunt is. Die Streekboukomitees en al die gewillige werkers moet vir hulle onvermoeide pogings geprys word. Die laaste nege sale wat in Julie en Augustus toegewy is, is: Thaba-Nchu, Botshabelo Bophirima en Botlhokong (Vrystaat); Kagiso-Suid (Krugersdorp); Keiskammahoek (King William’s Town); Finsbury (Randfontein); Draycott (Estcourt); Middelburg (Kaap) en Thabazimbi.
Dit is ook ’n genoeë om aan te kondig dat vyf Koninkryksale al in die huidige diensjaar toegewy is. Die gemeentes is: Lerala (Botswana), Makaung (Lesotho), Taylors (Pietermaritzburg), Emthebeni (Verulam) en Umfolozi (Noordkus). Dit is ’n uitstekende begin vir die 2003-diensjaar!