Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/02 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2002
Ons Koninkryksbediening—2002
km 8/02 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Waar dit gepas is, kan die volgende brosjures aangebied word: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? en ’n Boek vir alle mense. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan wanneer iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. As mense dit reeds het, kan ’n ouer publikasie aangebied word.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is.

◼ Die jaarlikse inventaris van alle lektuur en tydskrifte in voorraad moet op of so na as moontlik aan 31 Augustus 2002 opgestel word. Hierdie inventaris kom ooreen met die maandelikse opname deur die lektuurkoördineerder, en die totale moet op die Lektuurinventaris-vorm (S-18) ingevul word. Die tydskrifkneg in elke gemeente in die lektuurgroep sal kan sê hoeveel tydskrifte in voorraad is. Elke koördinerende gemeente sal drie Lektuurinventaris-vorms (S-18) ontvang. Stuur die oorspronklike vorm asseblief teen 6 September na die takkantoor. Hou ’n afskrif vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkblad gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris van die koördinerende gemeente nagegaan word. Hy en die presiderende opsiener van die koördinerende gemeente moet die vorm teken.

◼ Gemeentes moet onmiddellik begin om lapelkaartjies vir die 2002-streekbyeenkoms saam met hulle September-lektuuraanvraag aan te vra. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Aanvrae wat laat is, sal nie aanvaar word nie. Stuur dus asseblief aanvrae op die laatste in Oktober in. Lapelkaartjies sal slegs in Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees.

◼ Van 27 tot 31 Augustus 2002 sal ’n inventaris opgestel word van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. Gevolglik sal daar op hierdie dae geen gemeentelike lektuuraanvrae vir versending behartig word nie.

◼ Soms het gemeentes en individuele verkondigers te doen met regskwessies wat met ons aanbidding van Jehovah verband hou. Die boekie Defending and Legally Establishing the Good News is in 1950 uitgegee om hiermee te help. Hoewel hierdie boekie in die verlede nuttig was, is die regsinligting daarin verouderd. Individuele verkondigers en liggame van ouer manne moet dus nie die inligting in hierdie boekie gebruik om regskwessies te hanteer nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel