Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/02 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2002
Ons Koninkryksbediening—2002
km 8/02 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 6 Mei tot 19 Augustus 2002. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Jeremia 18:1-6 toon dat Jehovah mense dinge teen hulle sin laat doen. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 4/1 bl. 22 par. 3-4.]

2. Die valse profete het die krag van God se woorde gesteel deur die mense aan te moedig om na leuens pleks van na die betroubare waarskuwing wat van God afkomstig was, te luister (Jer. 23:30). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 2/1 bl. 4 par. 3.]

3. In Jeremia 25:15, 16 verwys “hierdie beker van die wyn van woede” wat “al die nasies . . . soos waansinniges [laat] optree”, na die bedwelmende uitwerking van valse godsdiens. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 3/1 bl. 20 par. 13.]

4. Volgens die wyse waarop Matteus Jeremia se profesie toegepas het, verwys “die land van die vyand” na die land van die dood, waaruit die jong slagoffers wat deur Herodes die Grote doodgemaak is, deur middel van die opstanding sou terugkeer (Jer. 31:15, 16; Matt. 2:17, 18). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w79-AF 9/15 bl. 6 par. 13 (w79 6/15 bl. 19 par. 13).]

5. Jeremia 37:21 verseker ons dat Jehovah sy getroue knegte gedurende swaar ekonomiese tye kan help. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 9/15 bl. 3 par. 4–​bl. 4 par. 2.]

6. Die boek Klaagliedere spreek diepe droefheid uit oor die vernietiging van Jerusalem in 607 v.G.J. deur Nebukadnesar, koning van Babel. [si-AF bl. 130 par. 1]

7. Klaagliedere 5:7 toon duidelik dat Jehovah kinders regstreeks vir die sondes van hulle ouers straf. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/1 bl. 27 venster.]

8. Die merk op die voorkop waarvan Esegiël 9:4 praat, beteken dat ’n mens deur kennis alleen gered sal word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 14 par. 18.]

9. Die “gawes in die vorm van mense” wat in Efesiërs 4:8 genoem word, is Christen- ouer manne, wat deur die heilige gees aangestel en die gesag gegee word om na die geestelike belange van medegelowiges om te sien (Hand. 20:28). [w00-AF 8/1 bl. 6 par. 2]

10. In die hedendaagse toepassing van Esegiël hoofstuk 23 kan Protestantisme met Oholiba vergelyk word en Rooms-Katolisisme met haar ouer suster Ohola. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 21 par. 22.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Watter drie profete was uitsonderlik gedurende die kritieke jare tussen 617 en 607 v.G.J., wat met die vernietiging van Jerusalem ’n klimaks bereik het? [si-AF bl. 133 par. 2]

12. Hoe toon ons reaksie op die uitnodiging in Lukas 9:23 opregte waardering vir Christus se losprysoffer? [w00-AF 3/15 bl. 8 par. 1]

13. In watter opsig het Jehovah Jeremia “mislei”? (Jer. 20:7). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 5/1 bl. 31 par. 6.]

14. Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat die heilige gees ‘julle alles sal leer en julle sal herinner aan alles wat ek julle vertel het’? (Joh. 14:26). [w00-AF 4/1 bl. 8 par. 7-8]

15. Watter hoop word volgens Jeremia 35:18, 19 aan die hedendaagse Regabiete-klas gebied? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien su-AF bl. 131 par. 7.]

16. In watter sin was die Nefilim “sterkes” en “manne van naam”? (Gen. 6:4). [w00-AF 4/15 bl. 27 par. 9]

17. Hoe het Barug sy geestelike ewewig verloor, en watter les kan ons uit sy ondervinding leer? (Jer. 45:1-5). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 8/15 bl. 21 par. 14-16.]

18. Wanneer en hoe is die profesie in Jeremia 50:38 vervul? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien dp-AF bl. 150 par. 2-3.]

19. Waarop dui die lot van Jerusalem, “die maagdelike dogter van Juda”, volgens Klaagliedere 1:15, vir die Christendom? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/1 bl. 27 venster.]

20. Wat beteken die woorde: “Verwyder die tulband en haal die kroon af”, soos opgeteken in Esegiël 21:26? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 19 par. 16.]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende stellings te voltooi:

21. ’n Beskeie persoon bly binne die ․․․․․․․․ van goeie ․․․․․․․․ en erken dat daar ․․․․․․․․ is aan wat hy moet doen en wat hy kan doen (Miga 6:8). [w00-AF 3/15 bl. 21 par. 1-2]

22. Hoewel die heilige gees dalk nie ․․․․․․․․ of ․․․․․․․․ verwyder nie, kan dit ons help om dit te verduur (1 Kor. 10:13; 2 Kor. 4:7). [w00-AF 4/1 bl. 11 par. 6]

23. Die profeet Daniël het in die geskrifte van Jeremia opgemerk dat Jerusalem se verwoesting ․․․․․․․․ sou duur; die verbasende akkuraatheid hiervan versterk geloof in Jehovah se vermoë om te ․․․․․․․․ (Jer. 25:12; Dan. 9:2). [si-AF bl. 129 par. 37]

24. Die boek Klaagliedere moet ware aanbidders tot ․․․․․․․․ en ․․․․․․․․ aanspoor en dit moet as ’n ․․․․․․․․ waarskuwing dien vir diegene wat Jehovah God verontagsaam. [si-AF bl. 132 par. 13]

25. Abraham se voorbeeld van toegewendheid toe hy ’n verskil hanteer het, spoor ons aan om nie toe te laat dat ․․․․․․․․ of ․․․․․․․․ ons kosbare verhouding met ons broers vernietig nie (Gen. 13:5-12). [w00-AF 8/15 bl. 24 par. 3-4]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende stellings:

26. Job het Jehovah se (kennis; barmhartigheid; oordeelsvermoë) waardeer en dus aan sy slawe (begrip; barmhartigheid; regverdigheid) betoon (Job 31:13, 14). [w00-AF 3/15 bl. 26 par. 1]

27. In Jeremia 16:2-4 is die profeet beveel om nie te trou nie (as ’n aanduiding van sy selfopofferende gees; as ’n voorafskaduwing van die feit dat die Messias ongetroud sou bly; as ’n bevestiging van die sekerheid van Jehovah se woord aangaande Jerusalem se vernietiging). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w78-AF 3/15 bl. 14 par. 7 (w78 4/15 bl. 31 par. 2).]

28. In Spreuke 4:7 verwys wysheid na (feitekennis; ’n begrip van hoe die feite met mekaar verband hou; die toepassing van kennis en insig). [w00-AF 5/15 bl. 21 par. 1]

29. Geen mens kan heeltemal seker wees van die oorspronklike Hebreeuse uitspraak van God se naam nie omdat Bybelse Hebreeus oorspronklik (slegs met vokale; slegs met konsonante) geskryf is. [rs-AF bl. 215 par. 1]

30. Die strydwa van God wat in Esegiël hoofstuk 1 beskryf word, stel (God se Messiaanse Koninkryk; Jehovah se geeste-organisasie van engele; Jehovah se kommunikasie met die oorblyfsel) voor. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 11 par. 5.]

Paar die volgende tekste af met die stellings hieronder:

Deut. 7:25, 26; Spr. 4:18; 5:21; Jer. 46:28; Rom. 15:4

31. Hierdie gebod toon hoe Jehovah se volk enige beelde wat hulle vroeër vereer het, moet beskou. [rs-AF bl. 59 par. 3]

32. ’n Spesifieke manier waarop Jehovah vertroosting bied, is deur sy geskrewe Woord, wat ’n wonderlike hoop vir die toekoms bevat. [w00-AF 4/15 bl. 5 par. 4]

33. Ouerlike dissipline moenie redelike perke of die doel van die teregwysing en onderrigting oorskry nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien kl-AF bl. 148 par. 20.]

34. Aangesien Jehovah sy diensknegte in staat stel om sy voorneme progressief te verstaan, beteken meer kennis dikwels dat ’n mens aanpassings in jou denke moet maak. [rs-AF bl. 226 par. 1]

35. Geen daad van geslagsonreinheid, ongeag of dit geheim gehou word of nie, is verborge vir die oë van God nie. [w00-AF 7/15 bl. 31 par. 3]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel