Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Diensopsiener bespreek reëlings vir die ontoegekende gebied. Hersien die brief van 30 Mei 2002 oor die ontoegekende gebied, asook die lektuuraanbod, datums, die gebied waarin daar gewerk gaan word, verblyf en vervoerreëlings. Kan party aan die hulppionierdiens deelneem? Gemeentes wat nie in ontoegekende gebied gaan werk nie, moet reëlings bespreek om in gebied te werk wat selde gedek word. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Julie en die Ontwaak! van 22 Julie aangebied kan word. In elke demonstrasie moet ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper “Ons is almal reeds Christene” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsy 19.
10 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man, wat die materiaal plaaslik toepas.
20 min: Wees voorbereid om informeel te getuig. Gehoorbespreking van Ons bediening-boek, bladsye 93-4. Gebruik wenke op die eerste bladsy van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002 en demonstreer kortliks twee of drie maniere waarop ons informeel vir ’n vreemdeling, ’n buurman, ’n familielid of ’n kennis kan getuig.
Lied 139 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Goeie redes om die Bybel in ons bediening te gebruik. Toespraak en gehoorbespreking. Jesus het die Skrif geken en dikwels daarna verwys wanneer hy ander onderrig het (Luk. 24:27, 44-47). Toe hy ander geleer het, het hy nie uit homself gespreek nie (Joh. 7:16-18). Dit is belangrik dat ons ook God se Woord gebruik. Dit is kragtiger as enigiets wat ons dalk self sal sê (Joh. 12:49, 50; Heb. 4:12). Opregte mense word aangetrek deur die vertroosting en hoop wat die Skrif bied. Stel jou dit ten doel om ten minste een Bybelteks in jou aanbiedings te lees. Wys daarop dat tekste in hierdie maand se voorgestelde tydskrifaanbiedings gebruik word. Vra party in die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle die Bybel al in die bediening gebruik het en watter uitwerking dit gehad het op hulle en op dié vir wie hulle getuig het.
Lied 215 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. ’n Ouer en kind wat saam velddiens doen, demonstreer hoe om die wenke op bladsy 4 te gebruik om die tydskrifte van 1 Augustus en 8 Augustus aan te bied. Die een bied Die Wagtoring aan en die ander die Ontwaak! Moedig ouers aan om hulle kinders progressief in die bediening op te lei.
17 min: Wat moet ons vir iemand sê wat vrae oor Islam vra? Toespraak en demonstrasie. Gebruik die boek Die mensdom se soeke na God, hoofstuk 12, en verduidelik kortliks die ooreenkomste tussen die Bybel en die Koran. (Sien die venster op bladsy 285.) Toon die verskil tussen wat Islam oor die siel leer (bladsye 297-300) en die Bybel se verduideliking daarvan. (Sien die voetnoot op bladsy 299.) Gebruik die Redenering-boek, bladsye 374-9, en demonstreer hoe ons vir ’n nuwe belangstellende kan verduidelik wat die Bybel oor die siel sê.
18 min: Hoe kan ek gevare op die Internet vermy? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op die Ontwaak! van 22 Januarie 2000, bladsye 19-21. Vestig die aandag op die slaggate van onbeperkte gebruik van die Internet, en verduidelik hoe ons dit kan vermy om daardeur verstrik te raak. Vra die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het toe hulle hierdie raad toegepas het.
Lied 61 en slotgebed.
Week wat begin 29 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie vir hulle gemeentelike boekstudiehouer te gee. Bespreek finale reëlings vir die ontoegekende gebied wat op 1 Augustus 2002 begin.
10 min: “Nuwe kringbyeenkomsprogram.” ’n Toespraak. Kondig die datum aan van die volgende kringbyeenkoms. Spoor almal aan om dit by te woon en aandagtig na die program te luister. Moedig ongedoopte verkondigers aan om daaroor na te dink of hulle aan die vereistes voldoen om gedoop te word. Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudente te nooi.
25 min: “Wees harmonies saamgeheg.”a Sluit kommentare in oor die Ontwaak! van 22 April 2000, bladsye 9-10, wanneer paragraaf 3 bespreek word. Sluit by paragraaf 4 kommentare in oor Die Wagtoring van 1 April 1995, bladsye 16-17, paragrawe 4-6.
Lied 81 en slotgebed.
Week wat begin met 5 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Mense word uit al die tale versamel.”b Sluit kommentare in oor Die Wagtoring van 1 April 2002, bladsy 24. Indien dit van toepassing is, verduidelik kortliks wat gedoen word om anderstaliges in die plaaslike gebied te help, en demonstreer die aanbieding in paragraaf 4.
15 min: Plaaslike ondervindinge wat vooraf gereël moet word. Nooi gehoor om ’n paar opbouende ondervindinge te vertel in verband met die bywoning van ’n kringbyeenkoms of spesiale byeenkomsdag, hulppionierdiens, Koninkryksaalbouwerk of deelname aan ander geestelike bedrywighede.
Lied 184 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.