Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/02 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2002
Ons Koninkryksbediening—2002
km 7/02 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Waar dit gepas is, kan die volgende brosjures aangebied word: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? en ’n Boek vir alle mense. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Vereis-brosjure aan wanneer iemand belangstelling toon, en wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin.

◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema “Bewaar jou Christelike identiteit!”

◼ Dit is belangrik dat die presiderende opsiener eers die Bethelkantoor skriftelik of telefonies in kennis stel as ’n groep van 20 of meer beplan om die takkantoor per bus of taxi te besoek. Hy moet laat weet hoeveel kom, op watter dag en hoe laat hulle kom. VOORSIEN HIERDIE INLIGTING ASSEBLIEF VROEGTYDIG. Daar is geen toere van Bethel ná 12 nm. op Saterdae nie, maar julle kan vir toere kom op vakansiedae wat op weeksdae val. Voor julle besoek moet julle asseblief die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Junie 2002 hersien in verband met gepaste kleredrag en persoonsversorging wanneer Bethelhuise besoek word.

◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Julie ’n voldoende voorraad vorms vir die 2003-diensjaar begin aanvra. Gebruik hierdie vorms asseblief oordeelkundig. Hulle moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor hulle gedruk is.

◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:

A Satisfying Life—How to Attain It—Engels

Waarskuwende voorbeelde vir ons dag (Drama, een kasset)—Portugees

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Wat vereis God van ons?—Amerikaanse Gebaretaal

◼ Nuwe videokassette beskikbaar:

Die grootste mens wat nog geleef het, Deel 9—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel