Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/02 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2002
Ons Koninkryksbediening—2002
km 4/02 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 7 Januarie tot 22 April 2002. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Die punt wat Salomo in Prediker 2:2 maak, is dat gelag en blydskap vermy moet word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 9/15 bl. 24 par. 5.]

2. Prediker is beslis nie ’n boek van pessimisme nie, maar eerder vol skitterende juwele van Goddelike wysheid en toon dat rampspoedige bedrywighede dié is wat God buite rekening laat. [si-AF bl. 114 par. 15]

3. In Jesaja 1:7 verwys die profeet na die verwoesting van Juda gedurende Agas se heerskappy. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 17 par. 16.]

4. ‘Om voor die troon en voor die Lam te staan’, soos in Openbaring 7:9 gemeld word, dui daarop dat ’n mens in die hemel is. [rs-AF bl. 200 par. 3]

5. As ons ons middele—ons tyd, talente, krag en materiële besittings—milddadig gebruik om ‘Jehovah te eer’, lei dit tot ryk geestelike seëninge van Jehovah af (Spr. 3:9, 10). [w00-AF 1/15 bl. 25 par. 1]

6. Die hedendaagse ‘vreemde daad en ongewone werk’ wat in Jesaja 28:21 voorspel is, verwys na die vernietiging van die nasies by Armageddon. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 295 par. 16; bl. 301 par. 28.]

7. Soos Matteus 24:38, 39 toon, het die feit dat hulle hulle aan etery en drinkery oorgegee het, tesame met ander menslike bedrywighede, veroorsaak dat die mense van Noag se dag deur die Vloed vernietig is. [w00-AF 2/15 bl. 6 par. 6]

8. Jehovah staan altyd die versoeke toe van sy nederige knegte wat hom onselfsugtig dien. [w00-AF 3/1 bl. 4 par. 3]

9. Die “nasies” waarna daar in Jesaja 60:3 verwys word, is individuele politieke nasies wat tot godgegewe lig aangetrek is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w00-AF 1/1 bl. 12 par. 4.]

10. Jehovah het Jeremia voor sy geboorte “geheilig” in die opsig dat Hy Jeremia se ewige lot vasgestel het (Jer. 1:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 4/1 bl. 10 par. 2.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Wat word in Prediker 11:1 bedoel met ‘stuur brood uit’? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 9/15 bl. 25 par. 11.]

12. Wie sluit Jehovah in wanneer hy in Jesaja 6:8 “ons” sê? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 93-4 par. 13.]

13. Hoe het “’n groot lig” in Galilea geskyn ter vervulling van Jesaja 9:2? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 126 par. 17.]

14. Watter hedendaagse vergelyking kan getref word in verband met die val van Babilon in 539 v.G.J. en die stad se uiteindelike algehele vernietiging? (Jes. 13:19, 20; 14:22, 23). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 188 par. 30-1.]

15. Hoe het “die getroue en verstandige slaaf” as die “wag” opgetree wat in Jesaja 21:6 beskryf word? (Matt. 24:45). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 221-2 par. 11.]

16. Watter wyse raad vir ’n jong man wat ’n huweliksmaat soek, word in Spreuke 31:10 gevind? [w00-AF 2/1 bl. 31 par. 1]

17. Watter uitdaging word in Jesaja 43:9 tot die gode van die nasies gerig? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 2/1 bl. 16 par. 3.]

18. Hoe is die voete van dié wat die goeie nuus van God se Koninkryk verkondig “lieflik”? (Jes. 52:7). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w97-AF 4/15 bl. 27 par. 6.]

19. Wat moet ons doen om te voorkom dat ons hart ons bedrieg? (Jer. 17:9). [w00-AF 3/1 bl. 30 par. 4]

20. Wat moet diegene doen wat ‘in Jehovah se weg wandel’? (Jer. 7:23). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w99-AF 8/15 bl. 29

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende stellings te voltooi:

21. “Die hart van die wyse is aan sy regterhand” in die sin dat die “regterhand” dikwels ’n ․․․․․․․․ aandui; dit dui dus daarop dat sy ․․․․․․․․ hom beweeg om ’n goeie, gunstige weg te volg (Pred. 10:2; Matt. 25:33). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 9/15 bl. 25 par. 8.]

22. Onder die nuttige lesse wat in Hooglied geleer word, is ․․․․․․․․, ․․․․․․․․ en ․․․․․․․․ teenoor godvrugtige beginsels. [si-AF bl. 117 par. 16]

23. Die plunderaar van die stede van Juda, wat in Jesaja 33:1 beskryf word, is ․․․․․․․․, wat self op die ou end in 632 v.G.J. vernietig sou word en baie buit sou agterlaat vir die inwoners van ․․․․․․․․, wat dit sou ‘insamel soos die kakkerlakke’ (Jes. 33:4). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 343 par. 4; bl. 345 par. 6.]

24. ’n Vergelyking van Jesaja 54:1 en Galasiërs 4:26, 27 toon dat die “onvrugbare vrou” “․․․․․․․․” afbeeld; en “die vrou met ’n eggenoot-eienaar” die ․․․․․․․․. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 8/1 bl. 11 par. 8.]

25. Wanneer ons in ons openbare bediening bespot en verwerp word, moet ons in gedagte hou dat sulke teenstand in werklikheid nie teen ․․․․․․․․ gerig is nie, maar teen ․․․․․․․․, die Bron van ons boodskap (2 Kor. 4:1, 7). [w00-AF 1/15 bl. 21 par. 2]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende stellings:

26. Toe Paulus oor sy visioen van Jesus se hemelse heerlikheid geskryf het, het hy na homself verwys as een wat “te vroeg gebore is”, wat beteken dat (hy pas met die gees verwek is; hy ’n vroeë aanstelling as ’n apostel vir die nasies ontvang het; dit was asof hy die eer gegee is om voor die tyd tot geestelike lewe gebore, oftewel opgewek, te word) (1 Kor. 9:1; 15:8). [w00-AF 1/15 bl. 29 par. 6]

27. Die titel “Ewige Vader” verwys na die Messiaanse Koning se mag en gesag om mense (geestelike lewenskrag; onsterflike lewe in die hemel; die vooruitsig op ewige lewe op aarde) te gee (Jes. 9:6; Joh. 11:25, 26). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 131 par. 26.]

28. In die hedendaagse vervulling van Jesaja 66:7 verteenwoordig die “seun” wat voortgebring is (Jesus Christus; die Messiaanse Koninkryk; ’n nuwe geestelike nasie in 1919). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 1/1 bl. 11 par. 3.]

29. As ons Matteus 10:28 noukeurig lees, help dit ons om te sien dat die vurige Gehenna (’n plek van bewuste pyniging is; ewige vernietiging verteenwoordig; vervreemding van God aandui). [rs-AF bl. 192 par. 1]

30. In die hedendaagse vervulling verwys “die nasie waarvan die mense die stem van Jehovah . . . nie gehoorsaam het nie”, waarvan daar in Jeremia 7:28 gepraat word, na (Babilon die Grote; die Christendom; die sewende wêreldmoondheid). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 4/1 bl. 18 par. 10.]

Paar die volgende tekste af met die stellings hieronder:

Spr. 24:16; Pred. 3:11; Jes. 40:8; Rom. 10:15; 1 Pet. 4:6

31. Op die bestemde tyd daarvoor sal die gepaste plek wat elke werk van God in sy voorneme inneem, geopenbaar word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 9/15 bl. 24 par. 8.]

32. Die verkondiging van die goeie nuus aan diegene wat geestelik dood is, gee hulle die geleentheid om berou te toon. [rs-AF bl. 196 par. 5]

33. Hoewel terugslae in die lewe onvermydelik is, sal iemand wat godvrugtig is, nie ophou om te probeer doen wat goed is nie. [w00-AF 2/1 bl. 5 par. 1]

34. Niks kan God se woord, of verklaarde voorneme, tot niet maak of voorkom dat dit vervul word nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ip-1-AF bl. 401-2 par. 10.]

35. Die apostels van Jesus het Jesaja se profesie goed benut deur dit op die bediening toe te pas. [si-AF bl. 123 par. 37]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel