Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Verkondigers moet vir huisbewoners sê dat hulle tot die wêreldwye werk kan bydra as hulle wil. As iemand tydens ’n herbesoek belangstelling toon, kan hy op ’n tydskrifroete geplaas word. Bied die Vereis-brosjure aan met die doel om Bybelstudies te begin. Junie: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wanneer huisbewoners reeds hierdie publikasies het, kan jy ’n gepaste brosjure aanbied wat die gemeente in voorraad het. Julie: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Waar dit gepas is, kan die volgende brosjures aangebied word: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? en ’n Boek vir alle mense.
◼ Dit is belangrik vir die takkantoor dat hulle rekord van adresse en telefoonnommers van alle presiderende opsieners en sekretarisse op datum bly. As daar op enige stadium ’n verandering is, moet die Gemeentelike Dienskomitee dadelik ’n “Verandering van presiderende opsiener/sekretaris se adres”-vorm (S-29) aan die takkantoor stuur. Dit sluit enige veranderinge in poskodes in.
◼ Gemeentelike sekretarisse moet sorg dat hulle genoeg van die volgende vorms het: “Aansoek om gewone pionierdiens” (S-205) en “Aansoek om hulppionierdiens” (S-205b). Dit kan op die Literature Request-vorm (S-14) aangevra word. Hou ten minste ’n jaar se voorraad. Gaan alle aansoekvorms vir gewone pionierdiens na om seker te maak dat dit volledig ingevul is. As dié wat aansoek doen, nie hulle presiese doopdatum kan onthou nie, moet hulle die datum skat en ’n aantekening daarvan maak.
◼ Wanneer julle ook al as deel van julle persoonlike reisplanne gemeentelike vergaderinge of ’n kring- of streekbyeenkoms in ’n ander land wil bywoon, moet julle julle navrae oor datums, tye en plekke aan die takkantoor rig wat oor die werk in daardie land toesig hou. Adresse van takkantore word op die laaste bladsy van die jongste jaarboek aangegee.
◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 2001 begin aanvra. Die bundels sal in Engels, Duits en Portugees beskikbaar wees. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn. Die bundels is spesiaal aangevraagde items.
◼ Vanaf die week wat met 16 September 2002 begin, sal ons die boek Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer. Gemeentes word aangemoedig om vroegtydig ’n voorraad van hierdie publikasie te bestel.