Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/01 bl. 2-7
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 November
  • Week wat begin met 19 November
  • Week wat begin met 26 November
  • Week wat begin met 3 Desember
Ons Koninkryksbediening—2001
km 11/01 bl. 2-7

Diensvergaderingrooster

LET WEL: In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomstyd. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Onderrigters van God se woord”-streekbyeenkoms kan bywoon. Gebruik 15 minute van die laaste Diensvergadering voordat julle die streekbyeenkoms bywoon om spesifieke raad te herhaal uit die byvoegsel vir Oktober wat plaaslik van toepassing kan wees. Gedurende Januarie 2002 sal ’n hele Diensvergadering gereël word om byeenkomshoogtepunte te hersien. Ter voorbereiding vir daardie bespreking kan ons almal sinvolle aantekeninge by die byeenkoms maak, wat ’n lys punte insluit wat ons persoonlik in ons eie lewe en in die veldbediening wil toepas. Dan kan ons voorbereid wees om te verduidelik hoe ons hierdie wenke toegepas het vandat ons die streekbyeenkoms bygewoon het. Dit sal vir ons almal opbouend wees om te hoor hoe ander baat gevind het by die goeie onderrigting wat gegee is.

Week wat begin met 12 November

Lied 170

8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek die bogenoemde nota in verband met veranderinge in die Diensvergaderinge en wat vir ’n Diensvergadering in Januarie 2002 beplan word, waar daar ’n hersiening van die streekbyeenkomshoogtepunte sal wees.

15 min: “Vertrou op Jehovah vir krag.”a Sluit kort kommentare oor Die Wagtoring van 1 Oktober 1999, bladsye 18-19, paragrawe 6-8, in.

22 min: “Ons het ’n nuwe hulpmiddel om studies te begin!” Gehoorbespreking wat deur die diensopsiener behartig moet word. Laat saalwagters vir almal wat teenwoordig is, een eksemplaar van die nuwe traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? gee, as dit beskikbaar is. Sluit demonstrasies in van twee goed voorbereide aanbiedings deur die wenke in die venster “Wat ons oor die tydskrifte kan sê” te gebruik. Een verkondiger moet Die Wagtoring van 15 November aanbied, en ’n ander die Ontwaak! van 22 November. In elke geval sluit die verkondiger af deur die Ken die Bybel-traktaat vir die huisbewoner te gee—vir een wat nie die tydskrifte neem nie en vir een wat dit wel neem. Spoor almal aan om die nuwe traktaat vir elkeen te gee wat hulle in die bediening ontmoet.

Lied 191 en slotgebed.

Week wat begin met 19 November

Lied 172

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus.

15 min: Plaaslike behoeftes.

18 min: “Ontwikkel jou waarnemingsvermoëns.”b ’n Ouer man doen ’n lewendige hersiening van die program vir die spesiale byeenkomsdag wat gedurende die afgelope diensjaar gehou is.

Lied 195 en slotgebed.

Week wat begin met 26 November

Lied 177

15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir November aan hulle boekstudiehouer te gee. Gebruik die wenke in “Wat ons oor die tydskrifte kan sê” en demonstreer twee goed voorbereide tydskrifaanbiedings—een waarin Die Wagtoring van 1 Desember gebruik word en die ander waarin die Ontwaak! van 8 Desember gebruik word. Verduidelik dan waar om ’n aanbieding te vind vir wanneer jy die Grootste mens-boek of enige ander publikasie gedurende Desember aanbied. Kyk in die Watch Tower Publications Index onder “Presentations” en die gesentreerde onderhofie “List by Publication”. Bespreek een of twee voorbeelde. Herinner almal daaraan om die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? vryelik te gebruik.

15 min: “Waar kry ek die tyd?” Toespraak en gehoorbespreking. Bespreek ook hoofpunte uit Die Wagtoring van 1 Oktober 2000, bladsye 20-1, paragrawe 9-10, onder die onderhofie “Hoe party tyd vir studie inruim”. Nooi gehoor om te vertel van praktiese maniere waarop hulle tyd gemaak het vir belangriker dinge deur onnodige strewes uit die weg te ruim. Beklemtoon hoe belangrik dit is om tyd opsy te sit vir persoonlike en gesinstudie, gemeentelike vergaderinge, die veldbediening en daaglikse Bybellees.

15 min: Jongmense loof Jehovah. Gehoorbespreking. Die meeste gemeentes het baie jongmense wat aan die predikingswerk deelneem. Dit is gepas dat hulle dit doen, selfs al beteken dit dat hulle meestal vir volwassenes getuig (Ps. 148:12, 13; Matt. 21:15, 16). Wanneer ouers en ander verkondigers belangstelling toon en opleiding en aanmoediging gee, ondervind jongmense baie vreugde in die velddiens. Nooi gehoor om maniere voor te stel waarop jongmense in die werk van deur tot deur en tydens herbesoeke ingesluit kan word. Laat ouers vertel wat hulle gedoen het om hulle kinders te help om te leer hoe om tydskrifte aan te bied, die Bybel in hulle aanbiedings te gebruik en met vertroue by die deure te praat. Beklemtoon dat dit voordele inhou om kinders te prys. Voer ’n onderhoud met een of twee jong verkondigers, en laat hulle vertel wat hulle omtrent die predikingswerk geniet en waarom.

Lied 198 en slotgebed.

Week wat begin met 3 Desember

Lied 179

10 min: Plaaslike aankondigings. Prys almal wat aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem het. Lewer verslag oor wat bereik is en vertel enige interessante ondervindinge.

15 min: Kenmerke van die Redenering-boek. Gehoorbespreking. Bespreek die volgende voorbeelde om te toon hoe nuttig verskeie kenmerke in die boek is om Bybelleringe te verduidelik: Definisies, soos vir “Koninkryk” (bladsy 246) of “gees” (bladsy 144); ’n verskeidenheid vertalings wat vergelyk kan word en wat toon waar en hoe God se naam in die Bybel gebruik word (bladsye 212-4) of wat die waarheid oor die hel toon (bladsye 187-8); lyste, wat ’n uiteensetting gee van oortuigings wat ons van ander godsdienste onderskei (bladsye 219-21) of wat toon hoe ’n mens kan weet watter godsdiens reg is (bladsye 178-9); geskiedkundige agtergrond wat die oorsprong van Kersfees (bladsye 400-2) of die neutraliteit van vroeë Christene (bladsye 301-3) aan die lig bring; wetenskaplike bewyse wat die skepping ondersteun (bladsye 379-81) of wat toon dat die gebruik van dagga en tabak skadelik is (bladsye 121-4). Moedig verkondigers aan om hierdie uitstekende leermiddel te gebruik wanneer geleenthede hulle ook al in die veldbediening voordoen.

20 min: “Seëninge wat ons ontvang as ons waardering vir Jehovah se liefde toon—Deel 1.”c Wanneer paragrawe 3-6 bespreek word, kan die gehoor genooi word om opbouende ondervindinge te vertel wat hulle in die huis-tot-huis-werk, straatwerk en tydens herbesoeke en Bybelstudies gehad het.

Lied 200 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel