Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/01 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 8 Oktober
  • Week wat begin met 15 Oktober
  • Week wat begin met 22 Oktober
  • Week wat begin met 29 Oktober
  • Week wat begin met 5 November
Ons Koninkryksbediening—2001
km 10/01 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 8 Oktober

Lied 109

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik wenke op bladsy 1 en demonstreer twee kort tydskrifaanbiedings, een waarin Die Wagtoring van 15 Oktober gebruik word en die ander waarin die Ontwaak! van 22 Oktober gebruik word.

18 min: “Streekbyeenkomste—’n Vreugdevolle tyd!” Toespraak deur ’n ouer man. Verduidelik waarom groot samekomste van Jehovah se volk in Bybeltye gehou is en waarom dit vandag net so voordelig is. By hierdie geleenthede geniet ons opbouende omgang en ontvang ons noodsaaklike geestelike voedsel. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat almal al drie dae van die streekbyeenkoms bywoon.

17 min: “‘Welvoeglik en volgens reëling’ georganiseer.”a Beskryf sommige van die talle reëlings wat getref moet word om ’n streekbyeenkoms te organiseer. Beklemtoon hoe belangrik dit is om ons volle samewerking te gee aan die prosedures wat tot ons voordeel ingestel is. Hersien maniere waarop ons almal behoorlike respek kan toon en onnodige probleme kan vermy.

Lied 151 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Oktober

Lied 113

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus. Bespreek reëlings vir ontoegekende gebied en spoor almal aan om hulle volle ondersteuning te gee, aangesien dit die laaste maand van die kampanje is.

15 min: Het jy “’n gehoorsame hart”? (1 Kon. 3:9, NW). Toespraak deur ’n ouer man, wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Julie 1998, bladsye 29-31. Bespreek maniere waarop ons ons gehoorsaamheid kan toon deur saam met die gemeente te werk.

20 min: Maak goed gebruik van ons tydskrifte. Die diensopsiener en die tydskrifkneg bespreek hulle kommer oor plaaslike tydskrifverspreiding. Hulle meld hoeveel tydskrifte die gemeente elke maand ontvang in vergelyking met hoeveel volgens die verslae versprei is. Klaarblyklik word heelwat tydskrifte gebêre of weggegooi. Hoe kan die verkondigers ons tydskrifte beter gebruik? Die broers bespreek die sewe punte in die Diensvergaderingdeel “Wees tydskrifbewus!” vir die week van 4 Oktober 1999. Hulle hersien die ondervinding in Die Wagtoring van 15 Februarie 1998, bladsye 28-9, en kyk na ’n paar maniere waarop die wenke plaaslik toegepas kan word. Almal word aangespoor om die aanbiedings te probeer wat elke maand in Ons Koninkryksbediening verskyn.

Lied 156 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Oktober

Lied 120

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 1 en demonstreer twee kort tydskrifaanbiedings, een waarin Die Wagtoring van 1 November gebruik word en die ander waarin die Ontwaak! van 8 November gebruik word.

17 min: “‘Luister en neem meer onderrigting in.’” Toespraak en gehoorbespreking. Verduidelik waarom die onderrigting wat by streekbyeenkomste voorsien word, onontbeerlike geestelike voedsel is wat ons nodig het. Lewer kommentaar oor al die tyd en inspanning wat nodig is om so ’n program te organiseer. Vra gehoor om kommentaar te lewer oor wat elkeen kan doen om seker te maak dat hulle en ander ten volle daarby baat vind. Beklemtoon die redes waarom ons almal in ons sitplekke moet wees wanneer elke sessie begin.

18 min: “Hoe goed is jou geestelike eetgewoontes?”b Vra die gehoor vir bykomende kommentare oor Die Wagtoring van 15 April 1997, bladsye 28-31, om te verduidelik waarom en hoe ons ons moet inspan om goeie geestelike eetgewoontes te handhaaf.

Lied 47 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Oktober

Lied 164

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Oktober aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouer te gee. Die lektuuraanbod vir November is die Vereis-brosjure of die Kennis-boek. Demonstreer hierdie kort aanbieding: “In hierdie moeilike ekonomiese tye vind baie mense dit moeilik om die pot aan die kook te hou. Dink jy dat menseregerings hierdie probleem sal oplos op ’n manier wat regverdig is teenoor almal? [Wag vir ’n antwoord.] Ek het hierdie belofte in die Bybel baie bemoedigend gevind.” Lees Psalm 72:12-14. Bied dan die Vereis-brosjure of die Kennis-boek aan en sluit ’n gepaste kommentaar uit die publikasie in.

15 min: Plaaslike behoeftes.

18 min: “Doen goed en ontvang lof!”c Verduidelik waarom ons baie aandag trek wanneer ons ’n groot streekbyeenkoms bywoon. Gunstige kommentare van waarnemers dra by tot die Koninkryksgetuienis, terwyl kritiese aanmerkings kan maak dat mense nie luister nie. Noem spesifieke dinge wat ons moet doen om ons Christelike eienskappe te toon, wat opregte besorgdheid oor ander insluit.

Lied 181 en slotgebed.

Week wat begin met 5 November

Lied 167

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien Vraebus en pas dit plaaslik toe.

18 min: Gesinsvoorbereiding vir vergaderinge. Vader bespreek met sy gesin hoe almal kan voorberei sodat hulle ’n goeie deelname aan die vergaderinge kan hê. Hulle gebruik die riglyne in Die Wagtoring van 1 Julie 1999, bladsye 19-20, paragraaf 9, en berei kommentare voor wat hulle gedurende hierdie week se Wagtoring-studie kan gee. (1) Elke gesinslid kies ’n vraag of twee waarop hy kommentaar wil lewer. (2) Nadat hulle die onderskeie paragrawe hersien het, stel hulle hulle kommentare in hulle eie woorde. (3) Hulle vind die sleutelteksverwysings, bespreek hoe elkeen met die onderwerp verband hou en beplan wat hulle gaan sê om dit op die les toe te pas. Almal is gretig om aan die vergadering deel te neem.

17 min: “Wat is die doel?”d Beklemtoon hoe belangrik dit is om studente te help om die waarde daarvan te sien om gemeentelike vergaderinge by te woon. Sluit ’n goed voorbereide demonstrasie in van hoe om dit te doen, waarin hoofstuk 17, paragrawe 6-8, in die Kennis-boek gebruik word.

Lied 186 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel