Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/01 bl. 5-8
  • Rooster vir Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Instruksies
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—2001
km 10/01 bl. 5-8

Rooster vir Die Teokratiese Bedieningskool vir 2002

Instruksies

Gedurende 2002 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.

BRONNEMATERIAAL: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif [bi12-AF], Die Wagtoring [w-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF] en Redenering uit die Skrif [rs-AF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool moet OP TYD begin en met ’n lied, gebed en kort verwelkoming geopen word. Dit is nie nodig om te meld wat op die program gaan wees nie. Wanneer die skoolopsiener elke deel aankondig, sal hy die onderwerp meld wat ontwikkel gaan word. Daarna moet dit soos volg verloop:

TOESPRAAK NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Die Wagtoring of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer Die Wagtoring gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n toespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling bly. Raad kan privaat gegee word indien nodig of as die spreker daarvoor vra.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Geen tema is nodig nie. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. ’n Algemene oorsig van 30 tot 60 sekondes van die toegewese hoofstukke kan ingesluit word. Die hoofdoel is egter om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word, hetsy dit in die hoofskool of in ’n ander skool gehou word. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student kort inleidende en slotkommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpose gelees word. As die verse wat gelees moet word, nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Dit sal aan ’n suster toegewys word. Die onderwerp vir hierdie toespraak sal op Redenering uit die Skrif gebaseer word. Enige agtergrond wat vir julle gebied gepas is, kan gebruik word, en die deelnemers kan sit of staan. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die toegewese tema ontwikkel en die huisbewoner help om oor die tekste te redeneer. Hierdie deel moet aan ’n student toegewys word wat kan lees. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar ’n bykomende assistent kan gebruik word. Die klem moet op die doeltreffende gebruik van die Bybel val, nie op die agtergrond nie.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Hierdie toewysing sal op Redenering uit die Skrif gebaseer word. Toespraak nr. 4 kan deur ’n broer of ’n suster gehou word. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit altyd ’n toespraak wees. Wanneer dit aan ’n suster toegewys word, moet dit aangebied word soos dit onder Toespraak nr. 3 uiteengesit is.

BYBELLEESROOSTER: Almal in die gemeente word aangemoedig om die weeklikse Bybelleesrooster te volg, wat neerkom op ongeveer een bladsy per dag.

LET WEL: Sien asseblief Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 3, vir verdere inligting en instruksies aangaande raad, tydreëling, skriftelike hersienings en die voorbereiding van toesprake.

ROOSTER

7 Jan. Skrifgedeelte: Prediker 1-6

Lied 59

Nr 1: Inleiding tot Prediker (si-AF bl. 112-13 par. 1-8)

Nr 2: Prediker 4:1-16

Nr 3: a‘Glo jy aan genesing?’ (rs-AF bl. 160 par. 1-2)

Nr 4: Het ons almal in die geesteryk bestaan voordat ons as mense gebore is? (rs-AF bl. 194 par. 2–bl. 195 par. 3)

14 Jan. Skrifgedeelte: Prediker 7-12

Lied 25

Nr 1: Prediker—Waarom nuttig (si-AF bl. 114 par. 15-19)

Nr 2: Prediker 8:1-17

Nr 3: Sou Adam eindelik hemel toe gegaan het as hy nie gesondig het nie? (rs-AF bl. 195 par. 4-5)

Nr 4: Moet ’n mens hemel toe gaan om ’n waarlik gelukkige toekoms te hê? (rs-AF bl. 196 par. 1-3)

21 Jan. Skrifgedeelte: Hooglied 1-8

Lied 11

Nr 1: Inleiding tot Hooglied en waarom nuttig (si-AF bl. 115-17 par. 1-4, 16-18)

Nr 2: Hooglied 5:1-16

Nr 3: Wat beteken 1 Petrus 3:19, 20? (rs-AF bl. 196 par. 4)

Nr 4: Wat beteken 1 Petrus 4:6? (rs-AF bl. 196 par. 5)

28 Jan. Skrifgedeelte: Jesaja 1-6

Lied 204

Nr 1: Inleiding tot Jesaja (si-AF bl. 118-19 par. 1-8)

Nr 2: Jesaja 2:1-17

Nr 3: Is hemelse lewe die hoop vir alle Christene? (rs-AF bl. 197 par. 1-3)

Nr 4: Wat sê die “Nuwe Testament” oor ewige lewe op aarde? (rs-AF bl. 198 par. 1-6)

4 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 7-11

Lied 89

Nr 1: Ons het Jehovah se organisasie nodig (w00-AF 1/1 bl. 30-1)

Nr 2: Jesaja 8:1-22

Nr 3: Aan hoeveel bied die Bybel die hoop op hemelse lewe? (rs-AF bl. 199 par. 1-2)

Nr 4: Is die 144 000 slegs natuurlike Jode? (rs-AF bl. 199 par. 3–bl. 200 par. 1)

11 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 12-19

Lied 177

Nr 1: Hoe beskou jy jouself? (w00-AF 1/15 bl. 20-2)

Nr 2: Jesaja 17:1-14

Nr 3: Wat is die skriftuurlike hoop van die “groot menigte”? (rs-AF bl. 200 par. 2-4)

Nr 4: Wat sal diegene wat hemel toe gaan daar doen? (rs-AF bl. 200 par. 5–bl. 201 par. 2)

18 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 20-26

Lied 225

Nr 1: Bou ’n intieme verhouding met Jehovah op (w00-AF 1/15 bl. 23-6)

Nr 2: Jesaja 22:1-19

Nr 3: Sê die Bybel dat die siel ná die dood van die liggaam voortleef? (rs-AF bl. 187 par. 1–bl. 188 par. 2)

Nr 4: Watter soort mense gaan na die Bybelse hel? (rs-AF bl. 188 par. 3-5)

25 Feb. Skrifgedeelte: Jesaja 27-31

Lied 192

Nr 1: Die vervolger sien ’n groot lig (w00-AF 1/15 bl. 27-9)

Nr 2: Jesaja 29:1-14

Nr 3: Kom enigiemand ooit uit die Bybelse hel? (rs-AF bl. 188 par. 6–bl. 189 par. 2)

Nr 4: Gaan die goddeloses vir ewig gestraf word? (rs-AF bl. 189 par. 3–bl. 190 par. 2)

4 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 32-37

Lied 98

Nr 1: Sukses deur volharding (w00-AF 2/1 bl. 4-6)

Nr 2: Jesaja 33:1-16

Nr 3: Wat is die ‘ewige pyniging’ waarvan Openbaring praat? (rs-AF bl. 190 par. 3–bl. 191 par. 1)

Nr 4: Wat is die ‘vurige Gehenna’ waarvan Jesus gepraat het? (rs-AF bl. 191 par. 2–bl. 192 par. 1)

11 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 38-42

Lied 132

Nr 1: ’n Moeder se wyse raad (w00-AF 2/1 bl. 30-1)

Nr 2: Jesaja 42:1-16

Nr 3: Wat is die straf vir die sonde? (rs-AF bl. 192 par. 2-5)

Nr 4: Het Jesus geleer dat die goddeloses ná die dood gefolter word? (rs-AF bl. 193 par. 1)

18 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 43-47

Lied 160

Nr 1: Bly uit die gevaargebied (w00-AF 2/15 bl. 4-7)

Nr 2: Jesaja 44:6-20

Nr 3: Wat beteken die gelykenis van die ryk man en Lasarus? (rs-AF bl. 193 par. 2–bl. 194 par. 1)

Nr 4: Is Kersfees ’n Bybelse viering? (rs-AF bl. 400 par. 1-4)

25 Mrt. Skrifgedeelte: Jesaja 48-52

Lied 161

Nr 1: Die krag van gebed (w00-AF 3/1 bl. 3-4)

Nr 2: Jesaja 49:1-13

Nr 3: Wie was die wyse manne wat deur ’n ster na Jesus toe gelei is? (rs-AF bl. 401 par. 1-3)

Nr 4: Wat moet ons in ag neem wanneer ons Kerstradisies ondersoek? (rs-AF bl. 401 par. 4–bl. 402 par. 2)

1 Apr. Skrifgedeelte: Jesaja 53-59

Lied 210

Nr 1: Berei jou hart om Jehovah te soek (w00-AF 3/1 bl. 29-31)

Nr 2: Jesaja 54:1-17

Nr 3: Watter beginsels moet ons lei in verband met vierings? (rs-AF bl. 402 par. 3–bl. 403 par. 2)

Nr 4: Wat moet ons omtrent Paasfees- en Nuwejaarsvierings weet? (rs-AF bl. 403 par. 3–bl. 404 par. 3)

8 Apr. Skrifgedeelte: Jesaja 60-66

Lied 111

Nr 1: Jesaja—Waarom nuttig (si-AF bl. 123 par. 34-9)

Nr 2: Jesaja 61:1-11

Nr 3: Wat lê die vakansiedae ter gedagtenis aan die “geeste van die afgestorwenes” ten grondslag? (rs-AF bl. 404 par. 4–bl. 405 par. 3)

Nr 4: Wat weet ons omtrent Valentynsdag, Moedersdag en nasionalistiese seremonies? (rs-AF bl. 406 par. 1-6)

15 Apr. Skrifgedeelte: Jeremia 1-4

Lied 70

Nr 1: Inleiding tot Jeremia (si-AF bl. 124 par. 1-5)

Nr 2: Jeremia 2:4-19

Nr 3: Wat sê die Bybel oor beelde wat as voorwerpe van aanbidding gebruik word? (rs-AF bl. 56 par. 3–bl. 57 par. 1)

Nr 4: Mag beelde as blote hulpmiddele gebruik word om die ware God te aanbid? (rs-AF bl. 57 par. 2-6)

22 Apr. Skrifgedeelte: Jeremia 5-8

Lied 205

Nr 1: Waarom die mensdom ’n helper nodig het (w00-AF 3/15 bl. 3-4)

Nr 2: Jeremia 7:1-20

Nr 3: Moet ons “heiliges” vereer as voorsprake by God? (rs-AF bl. 57 par. 7–bl. 58 par. 4)

Nr 4: Hoe beskou God beelde wat aanbid word? (rs-AF bl. 58 par. 5–bl. 59 par. 2)

29 Apr. Skriftelike hersiening. Skrifgedeelte: Jeremia 9-13

Lied 46

6 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 14-18

Lied 224

Nr 1: Hoe Jesus Christus ons kan help (w00-AF 3/15 bl. 5-9)

Nr 2: Jeremia 17:1-18

Nr 3: Hoe moet ons voel oor enige beelde wat ons vantevore vereer het? (rs-AF bl. 59 par. 3–bl. 60 par. 2)

Nr 4: Hoe kan die gebruik van beelde in aanbidding ons toekoms raak? (rs-AF bl. 60 par. 3-6)

13 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 19-23

Lied 73

Nr 1: Beskeidenheid—’n Eienskap wat vrede bevorder (w00-AF 3/15 bl. 21-4)

Nr 2: Jeremia 19:1-15

Nr 3: Verkry mense werklik vryheid wanneer hulle Bybelstandaarde verwerp? (rs-AF bl. 316 par. 1-3)

Nr 4: Wat is die Bybel se raad oor materialistiese strewes en strawwe drinkery? (rs-AF bl. 316 par. 4–bl. 317 par. 1)

20 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 24-28

Lied 140

Nr 1: ’n Voorbeeldige man wat teregwysing aanvaar het (w00-AF 3/15 bl. 25-8)

Nr 2: Jeremia 25:1-14

Nr 3: Bewaar jou verhouding met Jehovah en vermy slegte omgang (rs-AF bl. 317 par. 3)

Nr 4: Wie het mense aangespoor om God se gebooie te ignoreer? (rs-AF bl. 318 par. 1-2)

27 Mei Skrifgedeelte: Jeremia 29-31

Lied 42

Nr 1: Hoe is God se gees vandag werksaam? (w00-AF 4/1 bl. 8-11)

Nr 2: Jeremia 30:1-16

Nr 3: Watter gesindhede moet ons vermy? (rs-AF bl. 318 par. 3–bl. 319 par. 4)

Nr 4: Onder wie se beheer kom ’n persoon wanneer onafhanklikheid hom die wêreld laat navolg? (rs-AF bl. 319 par. 5-6)

3 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 32-35

Lied 85

Nr 1: Laat Jehovah se krag jou vertroos (w00-AF 4/15 bl. 4-7)

Nr 2: Jeremia 34:1-16

Nr 3: Waar word God se naam aangetref in Bybelvertalings wat vandag algemeen gebruik word? (rs-AF bl. 212 par. 1–bl. 214 par. 1)

Nr 4: Waarom gebruik baie Bybelvertalings nie die persoonlike naam van God nie? (rs-AF bl. 214 par. 2–bl. 215 par. 2)

10 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 36-40

Lied 159

Nr 1: Het jy God se beskouing van gewelddadige mense? (w00-AF 4/15 bl. 26-9)

Nr 2: Jeremia 37:1-17

Nr 3: Watter vorm van die Goddelike naam is reg, Jehovah of Jahweh? (rs-AF bl. 215 par. 3–bl. 218 par. 3)

Nr 4: Is Jehovah in die “Ou Testament” Jesus Christus in die “Nuwe Testament”? (rs-AF bl. 218 par. 4-7)

17 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 41-45

Lied 26

Nr 1: “Bewaak jou hart” (w00-AF 5/15 bl. 20-4)

Nr 2: Jeremia 41:1-15

Nr 3: Hoe kan ’n persoon Jehovah liefhê as hy Hom ook moet vrees? (rs-AF bl. 219 par. 1-2)

Nr 4: Watter leringe van Jehovah se Getuies onderskei hulle van ander gelowe? (rs-AF bl. 219 par. 3–bl. 221 par. 3)

24 Jun. Skrifgedeelte: Jeremia 46-49

Lied 15

Nr 1: Volmaakte lewe is nie net ’n droom nie! (w00-AF 6/15 bl. 5-7)

Nr 2: Jeremia 49:1-13

Nr 3: Is Jehovah se Getuies ’n Amerikaanse geloof? (rs-AF bl. 221 par. 4–bl. 222 par. 3)

Nr 4: Is Jehovah se Getuies ’n sekte? (rs-AF bl. 222 par. 4–bl. 223 par. 4)

1 Jul. Skrifgedeelte: Jeremia 50-52

Lied 100

Nr 1: Jeremia—Waarom nuttig (si-AF bl. 129 par. 36-9)

Nr 2: Jeremia 50:1-16

Nr 3: Glo Jehovah se Getuies dat hulle geloof die enigste regte geloof is? (rs-AF bl. 224 par. 1-2)

Nr 4: Die ware geloof bly by die Bybel (rs-AF bl. 224 par. 3)

8 Jul. Skrifgedeelte: Klaagliedere 1-2

Lied 8

Nr 1: Inleiding tot Klaagliedere (si-AF bl. 130-1 par. 1-7)

Nr 2: Klaagliedere 1:1-14

Nr 3: Waar kom Jehovah se Getuies aan hulle vertolking van die Bybel? (rs-AF bl. 225 par. 1-4)

Nr 4: Waarom was daar veranderinge in die leerstellings van Jehovah se Getuies? (rs-AF bl. 226 par. 1)

15 Jul. Skrifgedeelte: Klaagliedere 3-5

Lied 145

Nr 1: Klaagliedere—Waarom nuttig (si-AF bl. 132 par. 13-15)

Nr 2: Klaagliedere 3:1-30

Nr 3: Waarom preek Jehovah se Getuies van huis tot huis? (rs-AF bl. 226 par. 2-5)

Nr 4: Waarom word Jehovah se Getuies vervolg? (rs-AF bl. 227 par. 2-3)

22 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 1-6

Lied 94

Nr 1: Inleiding tot Esegiël (si-AF bl. 132-3 par. 1-6)

Nr 2: Esegiël 4:1-17

Nr 3: b‘Waarom doen julle nie mee aan dinge wat sal help om die wêreld ’n beter plek te maak nie?’ (rs-AF bl. 228 par. 1–bl. 229 par. 1)

Nr 4: c‘Christene is veronderstel om getuies van Jesus te wees, nie van Jehovah nie’ (rs-AF bl. 229 par. 2)

29 Jul. Skrifgedeelte: Esegiël 7-12

Lied 221

Nr 1: Vind baat by goeie voorbeelde (w00-AF 7/1 bl. 19-21)

Nr 2: Esegiël 10:1-19

Nr 3: Was Jesus Christus ’n werklike persoon? (rs-AF bl. 229 par. 3–bl. 230 par. 3)

Nr 4: Was Jesus Christus bloot ’n goeie man? (rs-AF bl. 230 par. 4)

5 Aug. Skrifgedeelte: Esegiël 13-16

Lied 106

Nr 1: Jy kan kuis bly in ’n onsedelike wêreld (w00-AF 7/15 bl. 28-31)

Nr 2: Esegiël 13:1-16

Nr 3: Was Jesus net nog ’n godsdiensleier? (rs-AF bl. 231 par. 1)

Nr 4: Waarom het die Jode oor die algemeen Jesus nie aangeneem nie? (rs-AF bl. 231 par. 2–bl. 232 par. 1)

12 Aug. Skrifgedeelte: Esegiël 17-20

Lied 214

Nr 1: Waarom gesag respekteer? (w00-AF 8/1 bl. 4-7)

Nr 2: Esegiël 17:1-18

Nr 3: Is Jesus Christus eintlik God? (rs-AF bl. 232 par. 2-3)

Nr 4: Bewys Johannes 1:1 dat Jesus God is? (rs-AF bl. 233 par. 1-3)

19 Aug. Skrifgedeelte: Esegiël 21-23

Lied 86

Nr 1: Hoe hanteer jy verskille? (w00-AF 8/15 bl. 23-5)

Nr 2: Esegiël 22:1-16

Nr 3: Bewys Tomas se uitroep in Johannes 20:28 dat Jesus waarlik God is? (rs-AF bl. 233 par. 4–bl. 234 par. 1)

Nr 4: Toon Matteus 1:23 dat Jesus God was toe hy op aarde was? (rs-AF bl. 234 par. 2-4)

26 Aug. Skriftelike hersiening. Skrifgedeelte: Esegiël 24-28

Lied 18

2 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 29-32

Lied 40

Nr 1: Waarom moet ons selfopofferend wees? (w00-AF 9/15 bl. 21-4)

Nr 2: Esegiël 30:1-19

Nr 3: Wat is die betekenis van Johannes 5:18? (rs-AF bl. 235 par. 1-2)

Nr 4: Bewys die feit dat Jesus aanbid word dat hy God is? (rs-AF bl. 235 par. 3–bl. 236 par. 1)

9 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 33-36

Lied 49

Nr 1: Hoe jy nader kan kom aan God (w00-AF 10/15 bl. 4-7)

Nr 2: Esegiël 33:1-16

Nr 3: Toon die wonderwerke wat Jesus gedoen het dat hy God is? (rs-AF bl. 236 par. 2-4)

Nr 4: Is geloof in Jesus Christus al wat nodig is om gered te word? (rs-AF bl. 237 par. 1)

16 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 37-40

Lied 34

Nr 1: Waaraan meet jy sukses? (w00-AF 11/1 bl. 18-21)

Nr 2: Esegiël 39:1-16

Nr 3: Het Jesus ’n hemelse bestaan gevoer voordat hy ’n mens geword het? (rs-AF bl. 237 par. 2-3)

Nr 4: Is Jesus met sy vleeslike liggaam in die hemel? (rs-AF bl. 237 par. 4–bl. 238 par. 3)

23 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 41-45

Lied 50

Nr 1: Dien God met ’n gewillige gees (w00-AF 11/15 bl. 21-3)

Nr 2: Esegiël 42:1-20

Nr 3: Is Jesus Christus dieselfde persoon as Migael die aartsengel? (rs-AF bl. 238 par. 4–bl. 239 par. 2)

Nr 4: d‘Julle glo nie in Jesus nie’ (rs-AF bl. 239 par. 3–bl. 240 par. 1)

30 Sept. Skrifgedeelte: Esegiël 46-48

Lied 112

Nr 1: Esegiël—Waarom nuttig (si-AF bl. 137 par. 29-33)

Nr 2: Esegiël 46:1-15

Nr 3: e‘Het jy Jesus as jou persoonlike Saligmaker aangeneem?’ (rs-AF bl. 240 par. 2-3)

Nr 4: f‘Ek het Jesus as my persoonlike Saligmaker aangeneem’ (rs-AF bl. 240 par. 4)

7 Okt. Skrifgedeelte: Daniël 1-4

Lied 10

Nr 1: Inleiding tot Daniël (si-AF bl. 138-9 par. 1-6)

Nr 2: Daniël 1:1-17

Nr 3: Is die natuurlike Jode vandag God se uitverkore volk? (rs-AF bl. 241 par. 1–bl. 242 par. 3)

Nr 4: Sal al die Jode tot geloof in Christus bekeer word? (rs-AF bl. 242 par. 4–bl. 243 par. 1)

14 Okt. Skrifgedeelte: Daniël 5-8

Lied 191

Nr 1: Moet jy altyd glo wat “wyse” mense sê? (w00-AF 12/1 bl. 29-31)

Nr 2: Daniël 5:1-16

Nr 3: Moet Jode in Jesus glo om gered te word? (rs-AF bl. 243 par. 2-3)

Nr 4: Is die hedendaagse gebeure in Israel ’n vervulling van Bybelprofesie? (rs-AF bl. 244 par. 1–bl. 245 par. 1)

21 Okt. Skrifgedeelte: Daniël 9-12

Lied 108

Nr 1: Daniël—Waarom nuttig (si-AF bl. 141-2 par. 19-23)

Nr 2: Daniël 10:1-21

Nr 3: Word die profesieë oor die herstelling van Israel vandag vervul? (rs-AF bl. 245 par. 2–bl. 246 par. 1)

Nr 4: Is God se Koninkryk ’n werklike regering? (rs-AF bl. 246 par. 2–bl. 247 par. 1)

28 Okt. Skrifgedeelte: Hosea 1-14

Lied 23

Nr 1: Inleiding tot Hosea en waarom nuttig (si-AF bl. 143-5 par. 1-8, 14-17)

Nr 2: Hosea 4:1-19

Nr 3: Wie is die heersers in die Koninkryk? (rs-AF bl. 247 par. 2-4)

Nr 4: Watter uitwerking sal God se Koninkryk op menseregerings hê? (rs-AF bl. 247 par. 5-6)

4 Nov. Skrifgedeelte: Joël 1-3

Lied 166

Nr 1: Inleiding tot Joël en waarom nuttig (si-AF bl. 146-8 par. 1-5, 12-14)

Nr 2: Joël 1:1-20

Nr 3: God se Koninkryk sal Jehovah se naam heilig (rs-AF bl. 248 par. 1-3)

Nr 4: God se Koninkryk sal die ganse skepping in ware aanbidding verenig (rs-AF bl. 248 par. 4–bl. 249 par. 1)

11 Nov. Skrifgedeelte: Amos 1-9

Lied 80

Nr 1: Inleiding tot Amos en waarom nuttig (si-AF bl. 148-50 par. 1-6, 13-17)

Nr 2: Amos 1:1-15

Nr 3: God se Koninkryk sal oorlog en korrupsie verwyder (rs-AF bl. 249 par. 2-5)

Nr 4: God se Koninkryk sal voedsel vir almal voorsien en siekte uit die weg ruim (rs-AF bl. 250 par. 1-3)

18 Nov. Skrifgedeelte: Obadja 1-21–Jona 1-4

Lied 96

Nr 1: Inleiding tot Obadja en tot Jona en waarom nuttig (si-AF bl. 151-3 par. 1-5, 10-14; bl. 153-5 par. 1-4, 9-12)

Nr 2: Obadja 1:1-16

Nr 3: God se Koninkryk sal huise, werk en veiligheid vir almal voorsien (rs-AF bl. 250 par. 4-7)

Nr 4: God se Koninkryk sal geregtigheid en reg laat heers (rs-AF bl. 251 par. 1-3)

25 Nov. Skrifgedeelte: Miga 1-7

Lied 138

Nr 1: Inleiding tot Miga en waarom nuttig (si-AF bl. 155-8 par. 1-8, 16-19)

Nr 2: Miga 1:1-16

Nr 3: God se Koninkryk sal die dode opwek (rs-AF bl. 251 par. 4–bl. 252 par. 1)

Nr 4: God se Koninkryk sal ’n wêreld van liefde en harmonie skep (rs-AF bl. 252 par. 2-4)

2 Des. Skrifgedeelte: Nahum 1-3–Habakuk 1-3

Lied 137

Nr 1: Inleiding tot Nahum en tot Habakuk en waarom nuttig (si-AF bl. 158-60 par. 1-7, 11-12; bl. 161-3 par. 1-5, 12-14)

Nr 2: Nahum 3:1-19

Nr 3: God se Koninkryk sal die aarde in ’n paradys omskep (rs-AF bl. 252 par. 5-7)

Nr 4: Het God se Koninkryk in die eerste eeu begin heers? (rs-AF bl. 252 par. 8–bl. 253 par. 2)

9 Des. Skrifgedeelte: Sefanja 1-3–Haggai 1-2

Lied 146

Nr 1: Inleiding tot Sefanja en tot Haggai en waarom nuttig (si-AF bl. 163-6 par. 1-6, 10-12; bl. 166-8 par. 1-7, 13-16)

Nr 2: Sefanja 2:1-15

Nr 3: Moet die wêreld eers bekeer word voordat God se Koninkryk kom? (rs-AF bl. 253 par. 3-4)

Nr 4: g‘God se Koninkryk sal nie in my lewe kom nie’ (rs-AF bl. 254 par. 2-3)

16 Des. Skrifgedeelte: Sagaria 1-8

Lied 1

Nr 1: Inleiding tot Sagaria (si-AF bl. 168-9 par. 1-7)

Nr 2: Sagaria 6:1-15

Nr 3: Wat toon dat ons in die laaste dae lewe? (rs-AF bl. 259 par. 1)

Nr 4: Hoe maak oorloë en voedseltekorte deel uit van die “teken”? (rs-AF bl. 259 par. 2–bl. 260 par. 3)

23 Des. Skrifgedeelte: Sagaria 9-14

Lied 176

Nr 1: Sagaria—Waarom nuttig (si-AF bl. 171-2 par. 23-7)

Nr 2: Sagaria 9:1-17

Nr 3: Hoe word Lukas 21:11 sedert 1914 vervul? (rs-AF bl. 261 par. 1-3)

Nr 4: Waarop dui die toename in wetteloosheid? (rs-AF bl. 261 par. 4–bl. 262 par. 1)

30 Des. Skriftelike hersiening. Skrifgedeelte: Maleagi 1-4

Lied 118

[Voetnote]

a Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

b Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

c Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

d Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

e Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

f Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

g Na gelang van tyd moet antwoorde op bewerings, besware, ensovoorts bespreek word wat die beste in die behoeftes van die gebied sal voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel