Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Waar dit gepas is, kan die volgende brosjures aangebied word: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. Gemeentes wat die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in voorraad het, kan dit ook aanbied.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig nadat die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Van hierdie jaar af sal gewone pioniers nie die Pionierdiensskool kan bywoon tensy hulle teen 1 September van die jaar wat hulle die skool bywoon, ten minste 16 jaar oud is nie. ’n Uitsondering sal gemaak word as ’n minderjarige se ouer wat ’n pionier is, aan die vereistes voldoen om dieselfde klas by te woon.
◼ Op 30 en 31 Augustus 2001 sal ’n inventaris opgestel word van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. Gevolglik sal daar op hierdie dae geen gemeentelike lektuuraanvraag behartig word vir versending nie.
◼ Die jaarlikse inventaris van alle lektuur en tydskrifte in voorraad moet op of so na as moontlik aan 31 Augustus 2001 opgestel word. Hierdie inventaris kom ooreen met die maandelikse opname deur die lektuurkoördineerder, en die totale moet op die Lektuurinventaris-vorm (S-18) ingevul word. Die totale aantal tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifknegte in elke gemeente in die lektuurgroep gekry word. Elke koördinerende gemeente sal drie Lektuurinventaris-vorms (S-18) ontvang. Stuur die oorspronklike vorm asseblief teen 6 September na die takkantoor. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkblad gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris van die koördinerende gemeente nagegaan word. Hy en die presiderende opsiener van die koördinerende gemeente moet die vorm teken.
◼ Gemeentes moet begin om lapelkaartjies vir die 2001-streekbyeenkoms saam met hulle September-lektuuraanvraag aan te vra. Vra dit asseblief in veelvoude van 20 aan. Aanvrae wat laat is, sal nie aanvaar word nie. Stuur dus asseblief aanvrae op die laatste in Oktober in. Lapelkaartjies sal slegs in Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees.
◼ Bethel het ’n tandarts en ’n geregistreerde verpleegster wat voltyds kan dien, dringend nodig. Om te kwalifiseer, moet jy ten minste al ’n jaar toegewy en gedoop wees. Jy moet ’n toegewyde, geestelike persoon wees wat fisies en emosioneel gesond is. Jy moet tussen 19 en 35 jaar oud en ’n Suid-Afrikaanse burger wees. As jy getroud is, sonder ander afhanklikes, en jy of jou vrou die nodige kwalifikasies het, kan julle aansoek doen. As jy aan hierdie vereistes vir Bethel voldoen, kan jy ’n Bethelaansoekvorm invul en dit vir julle gemeente se dienskomitee gee. Skakel of skryf asseblief aan die Genootskap vir verdere inligting.
◼ LET WEL: Tensy anders aangedui, is die volgende streekbyeenkomste nuwe byeenkomste:
30 November–2 Desember:
Kaapstad (Xhosa; nuwe datum)
14-16 Desember: Soweto (Zulu 1)
Bloemfontein (Suid-Sotho; nuwe datum)
21-23 Desember: Soweto (Zulu 2)
Soweto (Suid-Sotho 1)
28-30 Desember: Soweto (Suid-Sotho 2)