Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/01 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2001
Ons Koninkryksbediening—2001
km 8/01 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 7 Mei tot 20 Augustus 2001. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Die gebed waarna daar in Nehemia 2:4 verwys word, was ’n gebed wat op die laaste oomblik uit wanhoop gedoen is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 2/15 bl. 25 par. 8.]

2. Die woord “gemeente” is vertaal van die Griekse woord ek·kle·siʹa, wat die gedagtes van samehorigheid en wedersydse ondersteuning insluit. [w99-AF 5/15 bl. 25 par. 4]

3. Hoewel Jehovah se knegte rougebruike vermy wat in stryd met God se Woord is, verwerp hulle nie alle gebruike wat met die dood verband hou nie (Joh. 19:40). [rs-AF bl. 89 par. 2]

4. Gedurende Job se leeftyd was hy die enigste mens wat aan Jehovah getrou was (Job 1:8). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 8/1 bl. 31 par. 3-4.]

5. Die feit dat Saulus, of Paulus, homself onderhou het deur tente te maak, toon dat hy ’n nederige agtergrond gehad het (Hand. 18:2, 3). [w99-AF 5/15 bl. 30 par. 2–​bl. 31 par. 1]

6. Hoewel Dawid ernstige sondes gepleeg het, kon Jehovah sê dat hy “My met sy hele hart nagevolg het”, weens Dawid se berouvolle gesindheid en goeie eienskappe (1 Kon. 14:8). [w99-AF 6/15 bl. 11 par. 5]

7. Tensy iets wat ons belowe het onskriftuurlik is, moet ons alles in ons vermoë doen om ons beloftes na te kom, selfs al vind ons later dat dit moeilik is om dit te doen (Ps. 15:4). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 9/15 bl. 28 par. 5.]

8. Psalm 22:1 toon dat Dawid onder druk tydelik sy geloof verloor het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 8/15 bl. 20 par. 19.]

9. ’n Christen kan soms “val” wat frustrasies, teleurstellings en wetlike of geldelike terugslae betref, maar met behulp van God se gees en Sy liefdevolle aanbidders sal hy nie geestelik heeltemal ‘neergestort’ word nie (Ps. 37:23, 24). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 11/1 bl. 30 par. 14.]

10. Genesis hoofstuk 1 leer dat God alles op hierdie aarde in ses dae van 24 uur elk geskep het. [rs-AF bl. 130 par. 2]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Hoe het Esra en sy helpers “betekenis” aan die Wet gegee? (Neh. 8:8, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 2/15 bl. 26 par. 4.]

12. Waaruit spruit “die blydskap van die HERE”? (Neh. 8:11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 2/15 bl. 26 par. 9.]

13. Waarom is diegene “wat vrywillig onderneem het om in Jerusalem te woon” geseën? (Neh. 11:2, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 2/15 bl. 26 par. 12.]

14. Waarom het Ester nie dadelik vir die koning gesê spesifiek wat sy wou hê nie? (Ester 5:6-8). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 3/15 bl. 24 par. 18.

15. Watter twee belangrike vrae word in die boek Job beantwoord? [si-AF bl. 95 par. 1]

16. Waarom het Elifas se raad Job ontmoedig en hom nie versterk nie? (Job 21:34; 22:2, 3). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 2/15 bl. 27 par. 5-6.]

17. Wat is ’n psalm? [si-AF bl. 101 par. 2]

18. Watter “nietige dinge” het die nasies “bedink”, soos opgeteken in Psalm 2:1? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 8/15 bl. 20 par. 5.]

19. Watter praktiese les oor onpartydigheid kan ons leer uit Filippus se bediening toe hy vir die Samaritane en die Etiopiese dienaar getuig het? (Hand. 8:6-13, 26-39). [w99-AF 7/15 bl. 25 par. 2]

20. Hoe het Job sy oortuiging toegelig dat God hom kon opwek uit die graf, wat hy as ’n plek beskou het waar hy van sy probleme verberg sou wees? (Job 14:7, NW, 13-15). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w00-AF 5/15 bl. 27 par. 7–bl. 28 par. 1.]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Ester 8:17 (NW) sê dat die mense ‘verklaar het dat hulle Jode is’; net so het “․․․․․․․․” “ander skape” hulle vandag aan die kant van die ․․․․․․․․ geskaar (Op. 7:9; Joh. 10:16; Sag. 8:23). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 3/15 bl. 25 par. 14.]

22. Hoewel Jehovah baie bewus is van ․․․․․․․․, sal sy dag van afrekening, soos Handelinge 1:7 toon, soos ’n ․․․․․․․․ kom, wanneer mense dit nie verwag nie (2 Pet. 3:10). [w99-AF 6/1 bl. 4 par. 6–bl. 5 par. 1]

23. In 2 Petrus 3:7, 10 word die woorde “hemele” en “aarde” in ․․․․․․․․ gebruik; soos die verband toon, verwys die “aarde” na ․․․․․․․․. [rs-AF bl. 26 par. 4-bl. 27 par. 2]

24. Goeie kommunikasie word deur vertroue en wedersydse begrip moontlik gemaak, en hierdie eienskappe ontwikkel wanneer die huwelik beskou word as ’n ․․․․․․․․ verhouding en daar ’n werklike ․․․․․․․․ is om dit laat werk. [w99-AF 7/15 bl. 21 par. 3]

25. Positiewe portuurdwang kan ons help om morele en geestelike vereistes ․․․․․․․․ en ons dus help om Jehovah ․․․․․․․․ te dien. [w99-AF 8/1 bl. 24 par. 3]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Die feit dat Mordegai “in die poort van die koning” gesit het, toon dat hy (die koning se lyfwag was; een van koning Ahasveros se amptenare was; gewag het dat die koning hom te woord staan) (Ester 2:19, 20). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 3/15 bl. 24 par. 9.]

27. Soos opgeteken in Job 19:25-27, het Job die oortuiging uitgespreek dat hy ‘God sal aanskou’ in die sin dat (hy met ’n visioen begunstig sou word; hy tot hemelse lewe opgewek sou word; sy oë van begrip geopen sou word sodat hy die waarheid omtrent Jehovah kan sien). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 11/15 bl. 19 par. 17.]

28. Job word hoofsaaklik vir sy (liefde; goedhartigheid; volharding) onthou (Jak. 5:11). [si-AF bl. 100 par. 41]

29. Die boek Psalms is oor ’n tydperk van nagenoeg (driehonderd; vyfhonderd; duisend) jaar geskryf. [si-AF bl. 101 par. 4]

30. (Dawid; Asaf; Esra) het blykbaar die boek Psalms in sy finale vorm gerangskik. [si-AF bl. 102 par. 6]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Neh. 3:5; Ps. 12:3; 19:8; 2 Tim. 3:16, 17; Jak. 5:14-16

31. Ons moet gewillig wees om ons in te span en nie trots wegskram omdat ons harde werk as benede ons waardigheid beskou nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w86-AF 2/15 bl. 25 par. 12, 19.]

32. ’n Christen wat by ’n ernstige oortreding betrokke raak, moet sy sonde aan die ouer manne bely. [rs-AF bl. 64 par. 4]

33. Hoewel God drome gebruik het om waarskuwings, instruksies en profesieë aan sy volk in die verlede te gee, help hy ons om redding te verkry deur middel van sy geïnspireerde geskrewe Woord. [rs-AF bl. 119 par. 1]

34. As ons God se vriendskap wil hê, moet ons innerlik eerlik wees, sonder geveinsdheid. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 9/15 bl. 26 par. 7.]

35. Gehoorsaamheid aan God se wet het ’n verkwikkende uitwerking op ’n mens se siel en bevorder jou welstand. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w00-AF 10/1 bl. 13 par. 4.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel