Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Julie
12 min: Plaaslike aankondigings. Diensopsiener bespreek reëlings vir ontoegekende gebied—datums, gebied waarin daar gewerk gaan word, verblyf, vervoerreëlings en lektuuraanbod. Hersien brief van 30 Mei 2001.
15 min: Diensrapport vir April. Toespraak en onderhoude wat deur die sekretaris behartig moet word. Meld hoogtepunte van die gemeente se velddiensrapport vir April. Voer ’n onderhoud met ’n verskeidenheid verkondigers wat hulle gedurende daardie maand meer ingespan het in die bediening. Laat hulle vertel watter vreugde hulle ondervind het omdat hulle ’n volle deelname gehad het en wat hulle doen om in die bediening besig te bly.—Sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 2001, paragrawe 28-30.
18 min: “Kan jy dien waar daar hulp nodig is?”a Sluit aanmoedigende ondervindinge in wat plaaslike verkondigers gehad het in afgesonderde gebied of in gebied wat selde gedek word. (Sien Ons bediening-boek, bladsye 112-13.) Verwys ook na die plekke op die lys “Dien waar daar hulp nodig is”.
Lied 42 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: Jongmense—Bereken die koste van julle loopbaan. ’n Vader en sy tienderjarige seun of dogter nader ’n ouer man wat praktiese ondervinding het met sekulêre werk. Nadat hulle nagedink het oor die Diensvergaderingdeel twee weke gelede oor die keuse van ’n loopbaan, dink die jong persoon ernstig daaraan om die gewone pionierdiens te betree, maar is onseker oor hoe om na sy of haar materiële behoeftes om te sien. Die ouer man beklemtoon hoe belangrik ’n gebalanseerde beskouing is (Die Wagtoring van 1 September 1999, bladsy 11, paragraaf 13). Dit is verstandig om die een of ander soort opleiding te kry sodat jy toegerus kan wees om vir jouself te sorg. Baie het goed gedoen bloot deur basiese vaardighede op te doen wat min tyd en geld verg (Die Wagtoring van 1 Februarie 1996, bladsy 14; Jongmense vra, bladsy 178). Hulle bespreek die Ontwaak! van 8 Maart 1996, bladsye 9-11, en ’n paar praktiese wenke oor hoe om geskikte sekulêre werk te vind of te skep.
20 min: Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? Gehoorbespreking en demonstrasie. Hersien hierdie brosjure, en bespreek hoe dit gebruik kan word om ander oor ons en ons werk in te lig. Dit toon wie ons is (bladsye 3-5), beklemtoon van ons hedendaagse geskiedenis en bedrywighede (bladsye 6-11), gee ’n lys van oortuigings wat ons van ander godsdienste onderskei (bladsye 12-14), verduidelik die goeie nuus wat ons verkondig en hoe ons dit verkondig (bladsye 15-21), toon hoe ons werk die gemeenskap bevoordeel (bladsye 22-4), gee die internasionale omvang van ons organisasie (bladsye 25-6) en beantwoord vrae wat mense dikwels oor ons vra (bladsye 27-31). Demonstreer hoe ’n verkondiger die brosjure gebruik om een van die vrae op bladsy 29 te beantwoord wat deur ’n nuuskierige huisbewoner gevra word, waarna die verkondiger die uitnodiging op die agterblad rig. Spoor almal aan om die brosjure te gebruik om familielede wat nie Getuies is nie, oor ons in te lig, om belangstelling tydens herbesoeke verder te ontwikkel en om Bybelstudente na die organisasie te rig.
Lied 50 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek finale reëlings vir ontoegekende gebied.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Maak gereed om Jesaja se profesie te bestudeer!”b Lewer kortliks kommentaar oor hoe ons by ’n studie van die boek Jesaja baat kan vind. (Sien hoofstuk 1, paragrawe 10-12, in Jesaja se profesie I.) Spoor almal aan om die Gemeentelike Boekstudie gereeld by te woon.
Lied 53 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner alle verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouer te gee.
20 min: Jongmense—Beplan jou opleiding oordeelkundig. ’n Ouer man praat met ’n paar ouers en hulle tienderjarige kinders oor verdere opleiding. Die ouer man neem die leiding in ’n bespreking van Die Wagtoring van 1 September 1999, bladsye 16-17, paragrawe 11-13, en beklemtoon die redes waarom die voltydse bediening hoog op hulle lys van prioriteite moet wees (Die Wagtoring van 1 Desember 1996, bladsye 18-19, paragrawe 13-15). Dan hersien die groep die raad in die Ontwaak! van 8 Maart 1998, bladsye 20-1, en beklemtoon hoe belangrik dit is om onderskeidingsvermoë aan die dag te lê wanneer hulle die voor- en nadele van verdere opleiding oorweeg en om dit te beperk tot wat nodig is om jou te onderhou terwyl jy die bediening ywerig nastreef. Almal stem saam dat hulle gelei moet word deur Jesus se vermaning om Koninkryksbelange eerste te stel.—Matt. 6:33.
15 min: Good News for All Nations. Gehoorbespreking en demonstrasie wat toon hoe hierdie boekie wat ’n kort getuienis in 59 tale bevat, gebruik kan word. ’n Toenemende persentasie van die bevolking in hierdie land bestaan uit mense wat ’n ander taal praat. Verduidelik hoe ons vir hierdie mense kan getuig deur die boekie Good News for All Nations te gebruik. Gee ’n opsomming van “Use of This Booklet” op bladsy 2, en lees die aanbieding wat in die taal van julle gemeente verskyn. Demonstreer wat ons moet doen wanneer iemand wat ’n ander taal praat, die deur oopmaak. Vertel enige goeie ondervindinge van hoe dit in julle gebied gedoen is.—Sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1998, paragrawe 9-10.
Lied 57 en slotgebed.
Week wat begin met 6 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel van informele getuieniswerk terwyl hulle inkopies gedoen het, op vakansie was, by die werk was, by die skool was of toe hulle by familielede gekuier het wat nie Getuies is nie.
10 min: “Nuwe kringbyeenkomsprogram.” ’n Toespraak. Kondig die datum van die volgende kringbyeenkoms aan. Almal moet ’n spesiale poging aanwend om hulle Bybelstudente te nooi. Moedig ongedoopte verkondigers aan om ernstig daaroor na te dink om hulle toewyding aan Jehovah by die volgende byeenkoms te simboliseer. Spoor almal aan om elke dag albei sessies by te woon.
20 min: “Moenie aarsel nie!”c Vertel na gelang van tyd ondervindinge uit Die Wagtoring van 15 Desember 1999, bladsy 25.
Lied 63 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.