Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/01 bl. 1
  • Moenie aarsel nie!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moenie aarsel nie!
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons bring “goeie nuus van iets beters”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hoe om bekwame bedienaars te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Bied die uitdagings van die huis-tot-huis-bediening die hoof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Gee Jehovah werklik vir jou om?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 7/01 bl. 1

Moenie aarsel nie!

1 Wanneer ons gereed maak om aan die predikingswerk van deur tot deur deel te neem, is die grootste uitdaging waarvoor ons te staan kom moontlik ons eie deur. ’n Gevoel van onbekwaamheid laat ons dalk aarsel om met “alle soorte mense” oor die waarheid te gaan praat (1 Tim. 2:4). Maar ons moenie huiwerig voel om die goeie nuus te verkondig nie. Waarom nie?

2 Dit is Jehovah se boodskap: Jehovah het sy woord deur middel van die Bybel bekend gemaak. Wanneer ons hierdie boodskap na ander neem, dra ons sý gedagtes oor, nie ons s’n nie (Rom. 10:13-15). Wanneer mense die Koninkryksboodskap verwerp, verwerp hulle eintlik Jehovah. En tog raak ons nie mismoedig nie. Ons is vol vertroue dat hierdie boodskap die harte sal raak van diegene wat hunker na ’n verandering in wêreldtoestande en wat bewus is van hulle geestelike behoefte.—Eseg. 9:4; Matt. 5:3, 6.

3 Jehovah trek die mense: ’n Persoon wat in die verlede geweier het om na ons te luister, sal dalk nou ontvanklik wees omdat sy omstandighede verander het en sy hartstoestand versag het. Nou kan Jehovah sy welwillendheid teenoor hierdie persoon betoon en “hom trek” (Joh. 6:44, 65). Wanneer dit gebeur, wil ons gereed wees om deur Jehovah gebruik te word en deur die engele gelei te word sodat ons hierdie persone kan vind.—Op. 14:6.

4 God gee ons sy gees: Die heilige gees stel ons in staat om “op gesag van Jehovah met vrymoedigheid” te spreek (Hand. 14:1-3). As ons onthou dat ons hierdie kragtige ondersteuning in ons bediening het, sal ons nie huiwer om met bure, werksmaats, klasmaats, familielede of geleerde of welgestelde mense oor die waarheid te praat nie.

5 Jesus het ons geleer hoe om dit te doen: Jesus het gedagteprikkelende vrae, eenvoudige illustrasies en skriftuurlike redenasies gebruik. Hy het die waarheid op ’n eenvoudige, innemende manier en uit sy hart verduidelik. Hierdie metodes is vandag nog steeds die beste (1 Kor. 4:17). Die omstandighede waarin ons die predikingswerk doen, wissel dalk, maar die kragtige Koninkryksboodskap bly dieselfde.

6 Ons het die voorreg om deur Jehovah gebruik te word om mense op ’n unieke en lewensbelangrike manier te help. Laat ons nie aarsel nie! Mag ons moedig wees en toelaat dat Jehovah “vir ons ’n deur tot uiting . . . oopmaak” sodat ons met ander oor die goeie nuus kan praat.—Kol. 4:2-4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel