Teokratiese nuus
◼ Ons is baie bly om te berig dat daar gedurende Maart agt nuwe Koninkryksale toegewy is. Die volgende vier sale is in Swaziland toegewy: Hluti, Madulini, Makhosini en Nsongeni. Drie sale is in Lesotho toegewy, naamlik: Ha-Leboea, Pitseng en Thaba-Tseka. Die agtste saal was Ilitha in die Oos-Kaap. Dit bring die aantal Koninkryksale wat hierdie diensjaar toegewy is, op 22 te staan.