Is daar enige jaarboeke wat jy nie in jou biblioteek het nie?
Elke Yearbook of Jehovah’s Witnesses is ’n skat van genotvolle leesstof. Die opbouende verslae van die Koninkrykspredikingswerk van regoor die wêreld versterk ons vertroue in Jehovah se leiding, beskerming en seën. Ons het ’n voorraad Engelse en Portugese jaarboeke vir 1993, 1994 en 2000. Die jaarboek vir 1995 is ook in Portugees beskikbaar. Hierdie jaarboeke bevat die opwindende teokratiese geskiedenis van die Koninkrykswerk in verafgeleë plekke soos Brittanje, Denemarke, Griekeland, Haïti, Honduras, Madagaskar, Maleisië, Pole en die Tsjeggiese Republiek. Waarom kyk jy nie of jy al hierdie uitgawes van die jaarboek in jou persoonlike biblioteek het nie? Die Teokratiese Bedieningskoolopsiener moet ook die Koninkryksaal-biblioteek nagaan. Enige verkondigers of gemeentes wat graag van hierdie jaarboeke wil hê, kan dit nou deur die gemeente se lektuurkneg aanvra.