Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/01 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 11 Junie
  • Week wat begin met 18 Junie
  • Week wat begin met 25 Junie
  • Week wat begin met 2 Julie
Ons Koninkryksbediening—2001
km 6/01 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 11 Junie

Lied 178

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.

15 min: “Hou aan ‘doen wat voortreflik is’.” ’n Aanmoedigende skriftuurlike toespraak deur ’n ouer man.

20 min: “Bereik die hart van jou student.”a Sluit praktiese wenke in oor hoe om nuwelinge te help om geloof op te bou en liefde vir Jehovah en Jesus in hulle hart te ontwikkel. Gebruik hoofpunte in Die Wagtoring van 15 Julie 1999, bladsy 14, paragrawe 18-20.

Lied 184 en slotgebed.

Week wat begin met 18 Junie

Lied 194

5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

10 min: Hoe om op gesprekdempers te reageer. Gehoorbespreking. Hersien “Kommentaar” in Redenering-boek, bladsye 15-16. Kies ’n paar gesprekdempers op bladsye 16-20 wat julle in julle gebied teëkom. Nooi gehoor om te vertel watter antwoorde vir hulle goed werk en waarom.

30 min: “Kan jy jou beskikbaar stel?” Aanmoedigende toespraak met kommentare van die gehoor in antwoord op voorbereide vrae op paragrawe 13 en 18-24. Spoor ouers aan om hulle kinders te help om Betheldiens as ’n loopbaan te oorweeg. Stel voor dat gesinne hierdie byvoegsel saam bestudeer gedurende hulle gesinstudie.

Lied 197 en slotgebed.

Week wat begin met 25 Junie

Lied 2

15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien lektuuraanbod vir Julie en Augustus. Vestig die aandag op twee brosjures wat plaaslik in voorraad is. Reël goed voorbereide demonstrasies van hoe hulle in die bediening aangebied kan word. Sien die agterblad van Ons Koninkryksbediening vir Julie en Augustus 1995 tot en met 1998 vir voorgestelde aanbiedings.

15 min: “Verslag oor vordering met Koninkryksale.” Toespraak en gehoorbespreking deur die presiderende opsiener. Lewer kommentaar oor watter instandhouding aan die plaaslike Koninkryksaal gedoen moet word. As die gemeente nie in ’n Koninkryksaal vergader nie, bespreek wat gedoen moet word om ’n saal te verkry. (Sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 2000.) Spreek waardering uit en prys die gemeente vir hulle maandelikse bydrae tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds. Bou entoesiasme op vir Koninkryksaalbouwerk en spoor meer aan om hulle hulp aan te bied. Maak seker dat ’n voorraad Kingdom Hall Construction Worker Questionnaire-vorms (S-82) beskikbaar is.

15 min: Plaaslike behoeftes.

Lied 29 en slotgebed.

Week wat begin met 2 Julie

Lied 5

13 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie aan hulle boekstudiehouers te gee. Hersien die venster “Is daar enige jaarboeke wat jy nie in jou biblioteek het nie?” Vertel uittreksels uit ondervindinge in die jaarboeke wat in die artikel gemeld word om die waarde van hulle inhoud toe te lig. Moedig almal aan wat nie hierdie jaarboeke in hulle persoonlike biblioteek het nie, om hulle te bestel terwyl voorraad hou.

15 min: Jongmense—Wees verstandig in die keuse van julle loopbaan. Dit is die eerste van drie Diensvergaderingdele wat skriftuurlike beginsels sal hersien in verband met naskoolse opleiding. Party Christenjongmense streef sekulêre loopbane na deur verder te studeer, wat ’n negatiewe uitwerking op hulle geestelikheid het. Hierdie deel is ’n bespreking tussen twee ouers en hulle tienerseun of -dogter. Die jong persoon het die stadium bereik waar ’n ernstige besluit oor toekomstige doelwitte geneem moet word. Hoewel party dalk finansiële voordele, aansien of ’n gemaklike lewe wil nastreef, ondersoek die gesin die Bybel om te sien wat dit aanbeveel. (Sien Jongmense vra, bladsye 174-5; Die Wagtoring, 15 Augustus 1997, bladsy 21, en 1 September 1999, bladsye 19-21, paragrawe 1-3 en 5-6.) Die jong persoon stem saam dat dit verstandig is om ’n lewensweg te volg wat hom of haar sal help om teokratiese doelwitte te bereik ter bevordering van Koninkryksbelange.

17 min: “Wees daarop ingestel om dowe mense in julle gebied te vind.”b As statistiek beskikbaar is, meld hoeveel dowe mense in julle gemeente se gebied woon. Hersien die gedeelte “Spoor mense op wat ’n ander taal praat” in die brief van 1 Junie 2000 wat aan alle gemeentes gerig is. Vertel die ondervinding in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1998, bladsy 3, paragraaf 7.

Lied 32 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel