Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/01 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 9 April
  • Week wat begin met 16 April
  • Week wat begin met 23 April
  • Week wat begin met 30 April
  • Week wat begin met 7 Mei
Ons Koninkryksbediening—2001
km 4/01 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 9 April

Lied 93

15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Kondig die gemeente se Gedenkmaalopkoms aan. Nooi die gehoor om te vertel hoe diegene wat dit vir die eerste keer bygewoon het, hulle waardering uitgespreek het.

15 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man. Meld ook die faktore wat in aanmerking geneem word wanneer huise gekies word om as boekstudiesentrums te dien.—Sien die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir April 1983.

15 min: “Gee ’n getuienis as goeie bure.”a Meld nog maniere waarop ons deur ons gedrag ’n goeie getuienis kan gee.—Sien Die Wagtoring van 1 November 1997, bladsy 18, paragraaf 16.

Lied 80 en slotgebed.

Week wat begin met 16 April

Lied 145

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Daar is slegs twee naweke in April oor. Moedig dus almal aan om voor die einde van die maand aan die bediening deel te neem.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Eenvoud is die beste.”b Sluit gedagtes in uit die artikel “Kom ons ‘kom tot die punt!’” in Ons Koninkryksbediening vir Julie 1999, bladsy 4. Demonstreer kortliks een of twee eenvoudige aanbiedings.

Lied 146 en slotgebed.

Week wat begin met 23 April

Lied 163

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Beplan vooruit—Waarvoor?” ’n Toespraak. Sluit gepaste punte in uit Die Wagtoring van 1 November 2000, bladsye 18-21.

25 min: “Wees ‘intensief besig’ met jou bediening.”c Nooi twee of drie verkondigers om van die ondervindinge te vertel wat hulle geniet het terwyl hulle ander gehelp het, soos in paragrawe 3-5 voorgestel word.

Lied 202 en slotgebed.

Week wat begin met 30 April

Lied 215

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers om hulle velddiensrapporte vir April aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouers te gee. Alle boekstudiehouers moet seker maak dat almal in hulle groep hulle rapporte ingee sodat die gemeenterapport teen 6 Mei saamgestel kan wees.

10 min: Ondervindinge. Reël vooraf met diegene wat gedurende Maart en April as hulppioniers gedien het om van die interessante, aanmoedigende ondervindinge te vertel wat hulle in die veld geniet het.

25 min: Hoe kan ons gesin heiligheid openbaar? Ouer man en sy gesin bespreek Die Wagtoring van 1 Augustus 1996, bladsye 17-20. Hersien maniere om heiligheid te openbaar by die huis, teenoor familielede, in die gemeente en die buurt, asook by die skool en by die werk.

Lied 216 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Mei

Lied 84

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: Pioniers help ander. Toespraak en onderhoud deur die diensopsiener. Hersien die “Pioniers help ander”-program soos uiteengesit in Ons Koninkryksbediening vir September 1998, bladsy 4. Meld van die positiewe dinge wat plaaslik bereik is. Voer ’n onderhoud met ’n pionier wat iemand anders gehelp het, asook ’n verkondiger wat gehelp is. Toon hoe albei daarby baat gevind het om saam in die bediening te werk. Nooi ander om in die komende maande van hierdie voorsiening gebruik te maak.

15 min: “By God is alles moontlik.”d Lewer kortliks kommentaar oor bladsy 443 in die Verkondigers-boek en vergelyk die omvang van die predikingswerk wat in 1935 gedoen is met die syfers in die jongste jaarboek. Toon hoe hierdie ontsaglike uitbreiding vroeër na ’n onmoontlike taak gelyk het.

Lied 70 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel