Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/01 bl. 1
  • Beplan vooruit—Waarvoor?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beplan vooruit—Waarvoor?
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Waaraan meet jy sukses?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • ‘Mag hy al jou planne verwesenlik’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Bou jou toekoms saam met Jehovah se organisasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Beplan vooruit!
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 4/01 bl. 1

Beplan vooruit—Waarvoor?

1 Ons almal dink soms oor ons planne vir die toekoms. Diegene met die aardse hoop sien daarna uit om vir ewig in God se regverdige nuwe wêreld te lewe. Maar daar is invloede wat ons van daardie hoop in ons harte kan beroof. Dit verg ywerige inspanning om voortdurend ons lewe om Koninkryksbelange te bou en nie toe te laat dat die verleidelike begeertes van die vlees ons aandag aftrek nie.—1 Joh. 2:15-17.

2 Die wêreld kan eenvoudig nie die doelwitte van geestelike mense begryp nie (1 Kor. 2:14). Terwyl die res van die mensdom roem, mag en rykdom najaag, streef ons geestelike skatte na (Matt. 6:19-21). Sal ons ooit ons geestelike doelwitte bereik as ons ons denke by die wêreld se beskouing van die toekoms probeer aanpas? Wêreldse dinge sal weldra ons hart oorheers. Hoe kan ons dit voorkom?

3 “Beklee julle met die Here Jesus Christus”: Een manier om vas te stel of ons ons lewe om Koninkryksbelange bou, is om ons gesprekke te ondersoek. Praat ons voortdurend oor materiële dinge en wêreldse belange? Indien wel, moet ons kyk of ons hart nog op geestelike waardes gerig is. Ons moet dalk groter klem daarop lê om ons ‘met die Here Jesus Christus te beklee en nie vooruit te beplan vir die begeertes van die vlees nie’.—Rom. 13:14.

4 Jongmense kan hulle met ‘Christus beklee’ deur vooruit te beplan vir die dag wanneer hulle die voltydse bediening betree. ’n Jongman wat graag as ’n gewone pionier wou dien, is grootgemaak in ’n kultuur waar dit algemeen vir jong mans is om finansiële sekuriteit te verkry. Hy het gevolglik so diep by sakebedrywighede betrokke geraak dat sy vergaderingbywoning en deelname aan die bediening bloot vormdiens geword het. Toe hy sy vertroue in Jesus se woorde in Matteus 6:33 begin stel het en van die figuurlike trapmeul afgeklim het, het hy ’n loopbaan in die voltydse diens betree. Hy dien Jehovah nou met ’n goeie gewete, soos hy sê, ‘na die beste van sy vermoë’.

5 Die Bybel sê dat dit verstandig is om vir die toekoms te beplan (Spr. 21:5). Mag ons almal dit doen terwyl ons God se wil eerste stel.—Ef. 5:15-17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel